947355 Videos

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit uit van Sharoney en dit gaan harte steel

Suid-Afrika se gunsteling-borrelende blondekop, Sharoney, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat sommer diep in luisteraars, van alle ouderdomme, se harte gaan kruip.

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant. “Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord gehad om dit vas te vang nie.”

Dié lekkerluistertreffer bou voort op die ritmiese popmusiekstyl waarvoor die sangeres bekendheid verwerf het en nooi jou uit om spontaan

image-.jpg
0

Dis Innibos 2018 tyd, jy mag dit nie mis nie!!

Die tyd het aangebreek vir die gewildste kunstefees in Suid-Afrika. Soos oudergewoonte gaan die Standard Bank-hoofverhoog die plek wees vir elke musiekliefhebber met iets vir elke smaak.

Datum:- 27 Junie – 1 Julie 2018

Tyd:- 08:00 tot laat

Toegang:- Enkeldagkaartjie: R120.00, Kinders 0-13 jaar gratis toegelaat
Kinders se kaartjies is slegs beskikbaar by die feesgronde


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Nelspruit?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek

image-.jpg
0

Ken jy en onthou jy vir Helenè Bester?

Helenè het in Springs groot geword en aan die Hoer Meisieskool Hugenote matrikuleer. Daarna het sy Bedryfskommunikasie gaan studeer aan die N.W.U. 1995-1998. Nog ‘n interessante feit is dat sy deel was van die Alabama Studentegeselskap (’96 en ’98). In 1997 was sy lid van die N.W.U.-koor o.l.v. Awie Van Wyk.

In 1999 het Helenè haar eerste professionele optrede gehad saam met Mathys Roets, tydens Aardklop. In 2002 is haar eerste platekontrak vir haar aangebied deur Select Musiek. Die gewilde album was getiteld WENS. In 2004 het sy haar volgende album vrygestel, HOU VAN JOU. In hierdie jaar is Helenè ook benoem vir ‘n Geraas toekenning, in die kategorie – gunsteling vroulike kunstenaar (kontemporer).

In 2005, 2006 en 2007 het sy die voorreg gehad om op te tree tydens HUISGENOOT SKOUSPEL. ‘n Groot hoogtepunt in haar loopbaan. In 2007 stel sy haar derde album vry, naamlik OORGEE. In 2009 sien GROOTSTE TREFFERS VAN HELENÈ BESTER d

image-.jpg
0

Die sanger Piet Botha is oud maar nog glad nie koud in die musiekbedryf nie

Piet Botha (18 Julie 1955) is ‘n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is die seun van Pik Botha, een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake.

In 1984 begin hy die musiekgroep Jack Hammer. Botha is in 1985 na die VSA om daar te gaan werk, maar keer in 1986 na Suid-Afrika terug. Sy eerste Afrikaanse album, ’n Suitcase vol winter, is in 1997 bekendgestel. Van sy bekendste liedjies sluit in Blues vir Louise, ’n Suitcase vol winter en Vandat jy weg is. Hy ontvang ’n Sama-prys vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek (2006). In 2002 is hy by die SA Rock Hall of Fame ingelyf en in 2006 is hy deur die FAK vir sy bydrae tot Afrikaans vereer.[1]

In 2011 verskyn Botha in ‘n televisie-program op die Afrikaanse TV-kanaal kykNET, genaamd “Wie Lê Waar”, waarin Botha die grafte van bekende Afrikaanse ikone besoek en hulle biografieë vertel. Die reeks lei dan ook dan indirek na die opneem en uitreik van Piet Bo

image-.jpg
0

Come and enjoy the Appetite Fest @ Sun Arena

Catch over 60 exhibitors including craft brewers, artisan producers, premium drink brands and award winning wineries will offer a bounty of the country’s finest foods and drinks totest-taste and purchase.

International and local celebrity chefs show-off their culinary prowess in food theatres, be part of interactive question and answer sessions, and meet and greet your favourite food stars,master classes or an exclusive chef’s table.

Date:- 18 – 19 August 2018

Time:- 09:00 till late

Price:- R175.00, Child under 5 admitted free if accompanied by an adult


Looking for a cozy place to stay nearby in Menlyn ?? Click Here !!

Looking for a cheap flight or would
image-.jpg
0

‘N kort Bio oor Mimi Coertse:- die dame met die gou Operastem

Maria Sophia Coertse is op 12 Junie 1932 in Durban, Natal gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg. In 1949 begin sy haar stemopleiding in Suid-Afrika. In Julie 1953 trou sy met die uitsaaier en komponis, Dawid Engela.

Sy verruil Suid-Afrika in September 1953 vir Londen, reis later na Den Haag en uiteindelik na Wene. Sy begin haar opleiding met Maria Hittorff en Josef Witt in Januarie 1954.

Coertse maak haar debuut in Januarie 1955 as die Eerste Blommemeisie in Richard Wagner se Parsifal by die Teatro San Carlo-teater in Napoli, Karl Böhm het begelei. Sy sing ook in Basle by die Teatro San Carlo. Op 17 Maart 1956 maak sy haar debuut by die Weense Staatsopera as die Koningin van die Nag in Die Towerfluit deur Mozart en bly aan by die Weense Staatsopera tot 1978. Haar Covent Garden-debuut was in 1956, in dieselfde rol. Sy het dié rol uiteindelik meer as 500 keer in vier tale (Duits, Engels, Frans en Italiaans) uitgev

image-.jpg
0

Kom geniet die Die Melktert Kommissie Live – Pretoria

Na `n baie lang afwesigheid van die verhoog het Die Melktert Kommisse besluit om weer hul voete op die verhoog te waag!

Datum:- 6 Oktober 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R170

Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Die Melktert Kommissie is `n 4-stuk Afrikaanse rock band, oorspronklik van Jeffeysbaai en bestaan uit Lucinda Rosa Neethling (Lead vocals en acoustic guitar), Jean Marie Korff (Electric guitar en backing vocals), Tim van der Westhuizen (Bass guitar) en Jan-Adriaan Korff (Drums en backing vocals). Die band het in 2002 bymekaar g

0

Jo Black maak rolprentdebuut in ‘Susters’

Dalk het hy al vir ’n geruime tydjie soos ’n akteur begin voel as mens in ag neem die musiekvideo van sy treffer, Skepe, is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk. Maar nou het Jo Black en sy baard die grootskerm betree met die aankondiging dat hy sy opwagting gaan maak in die rolprent Susters. Jo sluit aan by ’n sterk rolverdeling wat Leah, Quanita Adams en Diaan Lawrenson in die hoofrolle insluit. Dié verhaal gaan oor drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en hoe hulle op ’n ontdekkingsreis gaan met die afsterwe van hul moeder. Dis ’n reis gevul met tere herinneringe, interessante karakters, ongelooflike mooi plekke en dit wat die skoner geslag baie goed mee is – hoe om sakke vol pret te hê.
image-.jpg
0

Adam optrede te Weiveld in Pretoria area. Lekker Langarm Musiek Saterdagaand!

Weiveld is Pretoria se Nuutste, Grootste en Beste Kuierplek. Weiveld is elke Vrydag en …Saterdagaand oop vir lekker kuier en die BESTE in langarm musiek.

Datum:- 6 April 2018

Toegangs prys:- R 50 en deure open 19:00,
tensy anders aangedui.

Daar tree ook kunstenaars van tyd tot tyd op en kaartjies vir hierdie geleenthede is beskikbaar by itickets.co.za. Alle informasie rakende hierdie optredes verskyn ook by itickets.co.za en kaartjiepryse wissel.

image-.jpg
0

Die manne van EON het ‘spunk’

In 2017 het Altus Theart, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg die Afrikaanse alternatiewe popgroep EON gestig, en bereik reeds groot sukses met hulle eerste treffer Bittersoet, wat tans op verskeie radiostasies en hoog op die rotasielyste is.

Die musiekvideo daarvan is ook nou op YouTube bereik verrassende kykersgetalle. Verskeie Afrikaanse TV-kanale beelsend ook gereeld die musiekvideo.

Pieter Marcato is ’n liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiekbehoeftes hanteer.

Jerry Spangenberg is gebore in Bloemfontein, maar dis op hul plaas in Kuruman waar hy sy liefde vir musiek ontwikkel het. Eers het hy konsertina gespeel, toe klavier in sy tiener jare. Die gogga vir dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is

image-.jpg
0

Lee Scott, ‘n sanger en aanbieder van ‘n gewilde TV program is g’n vreemdeling!

Die sanger en TV-aanbieder, Lee Scott, kén van klippe kou en harde werk. Sy professionel musiekloopbaan het immers in 2006 begin. Hy het in daardie jaar vir drie maande musiekteater aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) studeer voor hy ’n oudisie vir die boyband, Hi-5, afgelê het.

Ná hy gekies is as een van die vyf lede, het die groep vir ’n jaar saam musiek gemaak voor hul in 2007 ontbind het. “Ek het toe begin fokus op my sololoopbaan,” vertel Lee.

Dis ook hier waar dinge vir Lee begin vlamvat het. In Augustus 2010 reik hy sy solo-debuutalum Die Enigste Manier uit. Die album bevat twaalf liedjies in Afrikaans en Engels en sommige daarvan uit sy eie pen. Benewens vir sy debuutalbum het Lee ook opgetree by die Eurovision sangkompetisie in Noorweë.

Verlede jaar het Lee Scott die musiekbedryf stormgeloop met die uitreiking van sy nuwe enkelsnit Perfekte Vreemdeling. “Perfekte Vreemdeling gaan oor enige mens wat sit en dag

image-.jpg
0

Nuwe snit uit deur Wikus Botma wat gaan oor die kunstenaar se lewe

Die sanger Wikus Botma het onlangs sy jongste enkelsnit, Afstand Tussen Jou En My, bekend gestel.

Die liedjie wat die storie vertel van hoe kunstenaars hul geliefdes moet agterlaat wanneer hulle gaan toer, is geskryf deur Wikus self, Zanda Traut en Monica Maree. “Ek wil graag hê luisteraars moet hoor dat die lewe op die pad nie altyd so wat wonders is nie. Elke keer wat ek in die kar moet klim en my geliefde agter laat, is dit maar moeilik om so alleen op die pad te wees. Ek weet ek is nie die enigste persoon wat deur dit moet gaan nie, so ek glo meeste luisteraars sal by hierdie lied kan aanklank vind,” sê die sanger.

Wikus meen hy het juis op die snit besluit as sy volgende enkelsnit omdat so baie mense aanklank daarby sal vind. Hy vertel: “Ek het aan die konsep vir die lied gedink toe ek vêr moes ry na ’n vertoning toe ek my geliefde agter moes los. Ek, Zanda en Monica het saam aan die lirieke geskaaf en toe het die melodie en lirieke so

image-.jpg
0

Andries en Wiaan, oftewel DZL, se passie in musiekvideo vasgevang

Die manne van DZL verras weer eens met ’n splinternuwe musiekvideo waartydens hulle subtiel die kykers se aandag vestig op dit wat hulle na aan die hart lê: natuurbewaring.

“Dit is maar wat deur ons bloed druis en ek dink deur die jare het die publiek gesien natuurbewaring is regtig ’n passie vir ons. Ons word geken vir ons werk binne renosterkringe, maar hierdie keer het ons besluit om die aandag op ’n ander interessante spesie te vestig,” vertel Wiaan Fourie.

Die musiekvideo bevat dele waar die DZL-manne in die Limpopo-provinsie ’n span van die Endangered Wildlife Trust bygestaan het om ’n groep wilde honde na Kwa-Zulu Natal te skuif vir ’n nuwe teelprogram.

Wilde honde is ’n uiters bedreigde spesie en daar is net 6600 in Afrika oor. In lande soos Mosambiek en Angola het die wilde hond populasie uitgesterf as gevolg van die burger oorloë wat in daardie lande plaasgevind het.

“Ons weet almal dat spesies soos renost

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 9 Julie 2018

Dirk van der Westhuizen is vir die derde agtereenvolgende week in die nommer 1 posisie met sy treffer “Sexy vi my”. Brendan Peyper spring na die 2de posisie toe met sy treffer “Klim jou Everest” en Elandré bly in die 3de plek vir die week met sy treffer “Honderd duisend maal”.

Die volgende sangers betree die Top20:- Appel vat die nommer 10 posisie met sy nuwe treffer “Jagter”, en Jo Black betree op nommer 16 met “Een klein klippie”, Leon Gropp met sy treffer “Bakenlig” ook ingekom op nommer 18, en Fatman kom in op die nommer 20 posisie met sy nuwe liedjie “Dorp”.

Ons Top 20 sangers het almal so paar plekke gespring of van ons lys afgegaan, maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
2. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
3. Elandré – “Ho

image-.jpg
0

‘N nuwe enkelsnit uit deur Hanna Boss:- Verf Jouself

Hanna Boss se enkelsnit, Verf Jouself, is gedurende Oktober 2017 uitgereik en kan reeds oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word! Hierdie splinternuwe treffer sal ook beskikbaar wees op haar album wat die rakke gedurende Februarie 2018 sal tref!

Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing.

Die musiekvideo is in ’n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media.

Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam me

image-.jpg
0

Nico Carstens is dalk nie meer met ons nie, maar sy musiek sal veraltyd onthou word

Nicolaas Cornelius Carstens (1926–2016) was ‘n Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier. Carstens het letterlik honderde komposisies die lig laat sien en is veral bekend vir sy instrumentale treffer, Zambezi.

Carstens is op 10 Februarie 1926 in Kaapstad van Nederlandse ouers gebore. Hy kry sy eerste trekklavier op die ouderdom van 13 en wen sy eerste musiekkompetisie ses maande later. Hy komponeer sy eerste musiekstuk op die ouderdom van 17 en het daarna ongeveer ‘n verdere 1200 komposisies geskryf.

Hy het as 19-jarige in die orkes van Hendrik Susan begin speel en in 1950 sy eie orkes gestig. In 1959 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ’n toekenning ontvang het vir die verkoop van meer as in miljoen musiekopnames.[2]

SA Radio

image-.jpg
0

Jy ken die sanger Anna Davel, kom ons loer ‘n bietjie na haar kort Bio

Met ‘n kombinasie van ‘n sultry stem, sielvolle lewendige optredes en pragtige liedjieskryf, het Anna Davel al twee dekades gehore betower. Sy het 9 bekende albums, 1 DVD vrygestel en het talle musiekproduksies vir teater en feeste gelewer.

Dit het in 1997 begin toe sy die algehele wenner van die jaarlikse ATKV Crescendo-kompetisie geword het. Haar selfpennedatum Viooltjies het haar as sanger, liedjieskrywer en optreeder op die kaart gedruk. Die liedjie het ‘n merkwaardige indruk gemaak met sy tema van huishoudelike mishandeling. Anna het haar Diploma in Ligte Musiek / Jazz by die Tshwane Universiteit van Tegnologie in 1998 verwerf.

Later die jaar het sy by die gewilde vrou Capella-groep Cutt Glas aangesluit. Sy het

image-.jpg
0

Die jong sangeres Taye Brink se eerste enkelsnit beïndruk

Die opgewekte, voetstamplekker wysie en vrolike lirieke van die sangeres Taye Brink se nuwe liedjie, Wat As, gaan beslis binnekort ’n gunsteling wees op al wat ’n partytjie en dansvloer is. Hierdie enkelsnit is pas vrygestel en reeds besig om die trefferleer op iTunes te klim.

Wat As is geskryf deur ADAM se Hugo Ludik en gaan oor twee mense wat mekaar vind, maar nie seker is of dit ware liefde is nie. Albei besef egter dat hulle nie hierdie kans moet laat verbygaan nie, want wie nie waag nie wen nie.

“Ek glo dat luisteraars beslis by die tema van hierdie snit sal aanklank vind. My doel is om mense te raak met die waarheid wat vasgevang is in my musiek en ek glo dat dié liedjie juis ander sal inspireer om ’n bietjie meer in hulleself te glo,” vertel Taye oor haar eerste Afrikaanse enkelsnit wat spog met ’n lekkerluister Country-Pop-aanslag.

“Die liedjie is baie goed ontvang die paar keer wat ek dit tydens ’n vertoning gesing het,