AfriForum Jeug het vandag ’n brief by die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit ingedien om beswaar aan te teken teen die stadige vordering van padkonstruksie in Lynnwoodweg in die omgewing van die Universiteit van Pretoria se hoofkampus. Nie net is daar reeds ’n reuse-oorskryding op die projek se kostes nie, maar die projek is ook reeds sowat twee jaar agter skedule. Dit veroorsaak nie net ongerief nie, maar hou ook ’n onnodige gevaar in vir voetgangers en motoriste. Voeg jou naam hier by AfriForum se petisie.
