Charles Segal – Wie kan jou meer bemin

Charles Segal is op 15 Junie 1929 in Joniskis, Litaue, gebore, maar sy ouers het hulle in Suid-Afrika gevestig toe hy 2 jaar oud was. Hy het klassieke musiek studeer en het beide ‘n “Associate (ATCL)” en “Licentiate” van die “Trinity College of London (LTCL)” geword. He was ook ‘n stigterslid van die Suider-Afrikaanse Musiek Regte Organisasie (SAMRO) en die “Dramatic, Artistic and Literary Rights Organization (DALRO)” in 1961, en het die Charles Segal Musiekskole in Pretoria en Kaapstad gestig. In 1973 het Charles ‘n Sarie-toekenning ontvang vir sy liedjie “My Children, My Wife”, waarvan hy medeskrywer was, en wat ‘n groot treffer vir Gus Whyburd was in daardie jaar.

Sy musiek het ook vinnig internasionaal versprei, insluitend Londen, Boston en New York waar sy liedjie “Another Time, Another Place” deur die jazz-sanger Arthur Prysock opgeneem is. Van sy ander treffers wat in die VSA geskryf is sluit in “Girl Power” deur Sheila Davis en “Tomboy” deur Ronnie Dove. Laasgenoemde het ‘n “bullet” toekenning van Billboard Magazine ontvang in 1968.
In 1986 het Charles verhuis na Boston in die VSA. Hier het hy en sy vrou Colleen 8 vollengte musiekblyspele vir kinders geskryf en het hulle verskeie musiekboeke gepubliseer, onder andere “Instant Keyboard”, “Instant Guitar” en “Instant Songwriting.”

In 2011 het hy verhuis na Los Angeles in die VSA waar hy steeds klavier speel by uithang-geleenthede soos die Oscars en Emmys, die MTV Film Toekennings, asook die Kids Choice en Teen Choice Toekennings. In Junie 2017 is Charles deur die Guinness Book of World Records aangewys as “Most Recorded Pianist in the world”, met 11,721 van sy liedjies wat vernoem word. Alhoewel hy eersdaags sy 91ste verjaardag vier, neem hy steeds bykans daagliks nuwe musiek in sy ateljee op.

Hierdie liedjie is vanaf die album “Huispartytjie-Reeks Nr 1” wat waarskynlik in 1956 uitgereik is.

Vir meer inligting oor Charles Segal en sy musiek, volg gerus die onderstaande skakels:
YouTube Channel: https://www.youtube.com/user/charlessegalmusic2
iTunes: https://music.apple.com/us/artist/charles-segal/1476727261
Spotify: https://open.spotify.com/artist/2X2oEbalHqGKTFPlvcCqf6
Amazon Music: https://www.amazon.com/s?k=Charles+Segal&i=digital-music&search-type=ss&ref=ntt_srch_drd_B0029E4C2M
Pandora: https://pandora.app.link/vZPcGhtEQ5
SoundCloud: https://soundcloud.com/charlessegalmusic
Instagram: https://www.instagram.com/charles.segal.music/
Facebook: https://www.facebook.com/pg/charlessegalmusic/

(Visited 9 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.