Nick Taylor – Dink aan jou

Nick Taylor is op 18 April 1944 in Somerset, Engeland, gebore, maar sy ouers het na Suid-Afrika verhuis toe hy 5 jaar oud was en het hulle in Kaapstad gevestig. Op 12-jarige ouderdom het hy in die skool koor begin sing, en het hy besluit om ‘n sangloopbaan na skool te volg. Hy het sy skoolloopbaan aan die Bishops High Diocesan College voltooi, waarna hy aan die Universiteit Kaapstad verder studeer het in drama en ballet. In 1961 het hy by die Manley van Niekerk-ateljees in Kaapstad begin werk as ‘n klankingenieur, maar het in 1963 na Johannesburg verhuis om by die SAUK aan te sluit as ‘n radio-omroeper. In hierdie tyd het hy van sy eerste albums, ook in Afrikaans, vrygestel. Vanaf 1967 tot 1969 het hy na Engeland teruggekeer waar hy gereeld op televisie verskyn het, en snags in nagklubs in Londen opgetree het.

Met sy terugkeer na Suid-Afrika het hy ‘n opname-ateljee begin met die Inhouse / Inhuis-etiket en het hy op ‘n stadium baie bekende kunstenaars op sy boeke gehad, insluitend Koos du Plessis en Lucas Maree. In 1977 het hy ‘n Sarie-toekenning ontvang vir “Liedjie van die jaar” vir “Make her an angel” wat ‘n groot treffer vir Roy Bulkin was. Nick het in sy loopbaan verskeie musiekblyspele geskryf, onder andere “Christian” en “Rollercoaster”, wat met groot sukses in teaters opgevoer is. Hy het ook 39 episodes van die televisieprogram vir kinders, “Harry’s House”, geskryf en was ‘n kranige skrywer van advertensie klingels vir radio.

Nick en sy gesin woon deesdae in Elandsbaai in die Wes-Kaap.

Hierdie liedjie is in 1972 op solus sewe vrygestel as die B-kant van “Stille Rivierstroom”.

(Visited 82 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.