0
25:43

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 9 – Lulu en Loftus

Boeboe doen 'n besering op en moet vir 'n week in traksie lê. Frikkadel moet iemand kry om uit te help want hy wil na 'n baie belangrike rugbywedstryd gaan kyk: Noord-Transvaal teen Natal. Poppie en hy kry stry en sy weier om hom te help. Tiger gee vir hom 'n plek se naam wat hom sal help om kelnerinne te kry, maar tot sy skok is dit 'n "escort agency". Toe dit lyk of sy kanse om na die wedstryd te gaan kyk nul is, tree Poppie in en sy beman die Vetkoekpaleis.
0
23:33

Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 13 – Poppie is Op Pad

Poppie se werk stuur haar op 'n kursus na Durban. Frik is nie baie gelukkig wanneer hy uitvind dat sy die enigste vrou op die bus sal wees nie en koop vir haar 'n vliegtuigkaartjie. 'n Meisie wat saam met Worsie op skool was maak haar verskyning op die dorp en sy ma wil hê hy moet hom oor haar ontferm.
0
24:00

SAUK TV: Vetkoek Paleis Seisoen 1, Episode 4 – Poppie se poppedans

Besigheid is traag en Frikkadel en sy mense vind uit dat Spiros 'n belly-dancer gehuur het om besigheid te bevorder. Frikkadel besluit om ook 'n vertoning te reel. Groot is sy verbasing as die Lolita Queen, Queen of Love, 'n ou meisie van hom is. Veral as Poppie uitvind begin die "poppe dans"