image-.jpg
0

‘N brokkie inligting oor Chris Coetzer een van die Drie Tenore

Chris Coetzer is sinoniem met Suid-Afrika se Drie Tenore. Coetzer sing reeds van kindsbeen af as solis.

Hy is bekend vir sy geestelike sang sowel as “Golden Oldies” wat mense se hartsnare roer. Hy het ook al op televisieprogramme soos Noot vir Noot, Pasella en Binnelanders verskyn.

Coetzer het reeds vele albums die lig laat sien. In Junie is sy CD, Tydloos 2, in die Staatsteater in Pretoria bekend gestel en met ope arms ontvang.

Coetzer se Kerssang-DVD-en-CD-kombinasie beeld ons Verlosser Jesus Christus se geboorte as ’n waardering van die Skepping uit, en van liefde en lewe wat gratis aan ons gegee is.

Sy klassieke aanslag bied gehore die geleentheid om die siel te voed met musiek en lirieke wat weer sin

image-.jpg
0

Die sangeres Juanita du Plessis het geen bekendstelling nodig nie, maar hier is ‘n paar goedjies wat jy dalk nie geweet het nie

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit.

‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!
(Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)

In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe dra

image-.jpg
0

Vir die jeug van Suid-Afrika, ‘Kalmeer’, ’n boodskap van ADAM

Die gewilde musiekgroep, ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se album, Bewe, is gedurende Maart 2018 vrygestel.

Dié album is ’n bewysstuk van hoe baie hulle gegroei het as kunstenaars oor die afgelope klompie jare. Hulle eerste enkelsnit, Sê My (Bewe), is vroeg in 2018 al uitgereik en pryk steeds op trefferparades landswyd.

Dit is ’n lekker tong-in-die-kies liedjie geïnspireer deur al Hugo se patetiese pogings om ’n meisie te kry – en veral deur sy onvermoë om ’n ordentlike meisie by ’n kuierplek te ontmoet.

Maar nou, met die uitreiking van hulle tweede enkelsnit, Kalmeer, raak die manne ernstig en het hulle ’n sterk boodskap aan die jeug van Suid-Afrika.

“Ek het Kalmeer geskryf uit ’n plek van onsekerheid oor my/ons toekoms as die jeug van Suid-Afrika, asook uit ’n plek van politieke onsekerheid. Dit het my geweldig gepla en na baie diep denke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat alles okay gaan wee

image-.jpg
0

Steve Hofmeyr tree op en ‘Skree’ – Pretoria

Steve Hofmeyr, sanger, liedjieskrywer, akteur, skrywer en aktivis, het rede om te glimlag. Hy het soveel jare sy 30ste CD opgeneem. Sy vorige dubbel-platinum vrylating was een van Suid-Afrika se beste verkopers vir 2016 en nou kan sy leër van ondersteuners uitsien na SKREE, sy nuutste oorspronklike album vir 2018.

Datum:- 27 Junie 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R200 – R220


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Hy bring ‘n voorsmakie van sy Afrika aan duisende uitgewers regoor die wêreld, en st

image-.jpg
0

Manie Bodenstein mag ons dalk verlaat het, maar sy musiek lewe nog

Oom Manie Bodenstein (15 Julie 1928 — 17 Oktober 2013) is ‘n bekende Suid-Afrikaanse konsertinaspeler.

Hy het van vroeg af in musiek belanggestel en op 8-jarige ouderdom reeds begin mondfluitjie speel. Sy eerste album is in 1947 opgeneem.

Diskografie
Van Manie se albums sluit in:

Deur Die Jare 1947 – 1996
Twintig Van Die Beste
Boeremusiek Treffers
Boerekos – Lekker Kuier Boeremusiek
Boerekos Vol.2 – Lekker Kuier Boeremusiek
Boeremusiek Vang Spoed
RSG se Gewildste
So Ry Die Boere (saam met Blackie Swart)

Luister hier onder na een van sy musiekstukke:- Manie Bodenstein – Oom Hans se gemmerdans

image-.jpg
0

‘N nuwe enkelsnit uit deur Hanna Boss:- Verf Jouself

Hanna Boss se enkelsnit, Verf Jouself, is gedurende Oktober 2017 uitgereik en kan reeds oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word! Hierdie splinternuwe treffer sal ook beskikbaar wees op haar album wat die rakke gedurende Februarie 2018 sal tref!

Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing.

Die musiekvideo is in ’n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media.

Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam me

image-.jpg
0

Elandre Schwartz – Kleindorp Dromer – net in Sandbaai

Elandre se baritone-stem het `n eiesoortige rykheid en diepte, terwyl dit dikwels ook `n indrukwekkende hoe register verken en ewe gemaklik met pop, rock, country en meer alternatiewe geure saamsmelt. Kom luister na hierdie nuwe opwindende jong sanger!

Datum:- 9 Augustus 2018

Tyd:- 19:00

Prys:- R120.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R114.00, Studente: R100.00, Leerdes (6 – 18 jaar): R70.00


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Sandbaai, Hermanus ?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my

image-.jpg
0

Die sangeres Rinel Day maar sing nou in ‘n groep, maar hier is ‘n paar ‘tit-bits’ oor haar

Rinel Day kom 16de in die Wereld met die World Peace Song Contest, met haar Liedjie Vuur met Vuur Veg ,waarin Celine Dion 2de geeindig het.

Rinel Day het reeds 22 nommer 1’s op Radio met haar debuut album “Rinel Day”

Rinel Day is genomineer vir n Ghoema 2013 Toekenning in die kategorie – Beste Pop Album deur n Vroulike Kunstenaar met haar debuut album getiteld “Rinel Day”

Rinel Day is in 2014 aangestel as die Beskermvrou vir Jakaranda Kinderhuis

Rinel Day is genomineer vir n Ghoema 2015 Toekenning in die kategorie – Beste Kontemporere Album deur n Vroulike Kunstenaar met haar album “Dit Staan in die Sterre”

Rinel Day is te sien in Leon Schuster se nuwe fliek SCHUKS…. PAY BACK THE MONEY (In teaters 28 Augustus 2015)

Rinel Day is tans gekies deur Carpe Diem uitgewers om deel te vorm van die nuwe VROUE WAT GLO 2016 dagboek

Rinel Day vorm ook deel van die nuut be

image-.jpg
0

Yzerfontein ACVV Basaar met Melo3 Musiek-Groep

Kom kuier en koop by ons basaar en ondersteun ons wonderlike diens aan ons ouer mensies op die dorp..

Datum:- 31 Maart 2018

Tyd:- 8:30 tot 13:00

Toegang:- Gratis

3 Vriende wat hulle passie vir musiek met ander wil deel.

Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio

image-.jpg
0

Dis tyd vir Jacaranda Day 2018: Die warmste kaartjie wat nóg gaan besit!

Is jy gereed om jou hande op die warmste kaartjie van die jaar te kry? Jacaranda Day is terug, en groter as ooit!

Jacaranda FM, bied weer vir jou ’n musikale skouspel met van ons land se gewildste kunstenaars .

Datum:- 2 Junie 2018

Tyd:- 10:00 tot 18:00

Toegang:- R165 volwassenes
R85 kinders onder 12 en vir pensionarise

Parkering:- R60

Jy kan van die volgende kunstenaars tesiene kry:- Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis, Martin Bester, Jo Black, Refentse, Brendan Peyper, MiCasa, The Parlotones en vele meer sal tydens die geleentheid optree.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Pretoria?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘

image-.jpg
0

Die gewilde Piekniek & Musiek-konserte keer terug – Kaap

Robbie Wessels en sy band sal al sy gewildste treffers met die gehoor deel, insluitende Leeuloop, Mphe Di Hoenor en Halley se Komeet. Robbie is ook welbekend vir sy verskeie rolprente, insluitende die lokettreffer Poena is Koning.

Bobby van Jaarsveld is een van Suid-Afrika se mees gewildste TV en musiek sterre. Hy het al verskeie toekennings as musikant ontvang met treffers soos Spieëltjie en My Alles. Hy is ook bekend vir sy TV rolle, insluitende The Voice SA, In Jou Skoene en is tans in die kykNET-komedie Mense Mense te sien.

Datum:- 4 November 2018

Tyd:- Hekke open om 14:00, die konsert begin om 14:45 en eindig om 18:30.

Toegang:- R175, kinders 12 en jonger is slegs R85


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly naby Zevenwacht??

image-.jpg
0

Manie Jackson tree op by die Vrystaat Kunstefees 2018 – Bloemfontein

Die 2019 Bok Radio Bootvaart beloof om DIE GROOTSTE partytjie van die jaar te wees! Luisteraars kan uitsien na optredes deur 22 Kunstenaars wat oor die 4 dae gaan optree. Alle vermaak op die Deck, in die Crystal Lounge en Disco is gratis.

Datum:- 9 Julie 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou
image-.jpg
0

Die Nagligte is hier om te bly, verseker!

Die rockgroep, Nagligte, is gedurende 2016 vir twee Ghoemas benoem en het ook in Oktober 2016 weggestap met twee Bokkie toekennings vir, Nuweling van die jaar en Groep van die jaar.

Hulle het ook al gesig gewys op televisie progamme soos Jou Show met Emo, Bravo, Die Groot Ontbyt, Flits, Pasella en op die glansblaaie van Rooi Rose gekuier.

Die drie lede, Jacobus ‘Roof’ Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniël ‘Eddie’ Brink (dromme) is terug met ’n nuwe enkelsnit getiteld, Bly, waarvan die musiekvideo reeds op verskeie televisie kanale gesien kan word.

Nagligte se debuutalbum, Hoop in die Donker, is gedurende die tweede helfte van 2015 uitgereik en het onmiddellik aandag getrek.

Die eerste enkelsnit, Dit Stop Nou, was ’n kitstreffer en het vir weke lank bo-aan die trefferparades van bekende radiostasies gepryk. Ander treffers op die album sluit in Ongeloof(lik), Skyn, Veg en Skree, Vir Nou, Kons

image-.jpg
0

Die Flooze van Witbank het ‘n nuwe musiekvideo – ‘bliengmasjien’

Die Flooze van Witbank is terug met ’n masjien vol blieng.

“En wat kry jy as jy ’n spul spanners meng met silwer sequence?” vra Flooze wanneer sy oor haar splinternuwe album, Die Bliengmasjien, begin gesels.

Blieng-bada-blieng… Bada-blieng-blieng-blieng, al wat jy sien, is Die Blingmasjien. “Ek scheme tien uit tien, maar laat ek jou vertel: Tinkerbell word Blinkerbell…” voeg sy knipoog by.

Sy is Flooze, die goose wat die Tennis Tune kan doen op die ritme van Boris Becker se topspin-tennisballe. Sy is die rowwe blond wat jou happy chappy groet met ’n opgetofde Hoezit my Tjomma-mix. Sy is die meisie wat danse het, wat lyk soos iets uit ’n Kung-Fu Panda-fliek.

En nou bring sy Die Bliengmasjien wat haar nuwe treffers gaan laat sparkle-sparkle soos ’n diamant reg uit Kimberley se gat.

Haar spiksplinternuwe skitteralbum, Die Bliengmasjien, is hier met klanke wat in jou ore gaan herhaal en jou luidsprekers kliphard laat gons. Sy mee

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo vrygestel deur Sharoney

Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.

“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh

image-.jpg
0

The well known pianist Rocco De Villiers is very popular, here is a short Bio of him

Pianist Rocco de Villiers has released 13 instrumental cd’s, 2 cocktail books, a live DVD and wrote and produced 35 instrumental stage productions. His latest release is a new cd album, BEAUTIFUL BEAUTIFUL HYMNS 2.

His previous albums BEAUTIFUL BEAUTIFUL PIANO, and MORE BEAUTIFUL PIANO and STUNNING all reached either gold or platinum status. In 2014 Rocco also released sheet music, ROCCO DE VILLIERS BLADMUSIEK VIR KLAVIER VOLUME 1 of his own compositions.

Rocco has been nominated and awarded a HUISGENOOT TEMPO , GHOEMA AWARD, VONK AWARD, SAMA, KANNA, WOORD-TROFEE and a CAPE THEATRE AWARD.

He is also co –director of THIRD EAR SOUND which take commissions for television, film and museumsound concept design. Rocco has rece

image-.jpg
0

Kannie Warries Dansorkes stek nuwe album vry:- Ernie se tokkel

Sedert die Kannie Warries Dansorkes in 2000 gestig het, was daar soos in enige orkes, ‘n paar orkeslede wat gekom en gegaan het. Dus het hulle nou ‘n witwarmspan wat outydse lekkerkry laat herleef met nuwe styl staalsnare!

Hul eerste album is in 2007 uitgereik waarna verskeie andere hul verskyning op dansvloere landwyd gemaak het. Die huidige vyftal is Jurg Basson, Ria Best, Rudi Jooste, Ziaan Hatting & Nico Heunis.

Die albums word vervaardig deur die ervare Ernie Bates. 
Die KannieWarries het ‘n unieke aanslag wat al net so blinkgepoets is soos hul kitare en spog met verskeie Bobaas-Boere-toekennings en selfs Ghoemabenoemings.


Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by [email protected], en ek sal jou vertel hoe !!


Hul albums bestaan uit lekker-luister-liedjies wat keer dat jy eenvoudig kan stil sit. En néé, nie

image-.jpg
0

Die sanger Steve Hofmeyr kom SKREE in Kaapstad

Steve Hofmeyr het rede om te glimlag. Hy het sy 30ste CD opgeneem, sy 11de boek uitgegee en op 53 jaar weer pa geword! Baie om te vier… Sy dubbel platinum Country was een van Suid-Afrika se beste verkopers vir 2016 en nou kan sy leer van ondersteuners uiteindelik uitsien na SKREE, sy nuutste oorspronklike album vir sy SKREE-toer in 2018.

Datum:- 19 April 2018

Tyd:- 18h45

Toegang:- R170 – R200
Kinders:- (3 to 12 jaar): R120.00

“Ek word pal geinspireer deur mense, idees en seeninge. Ek was vir die eerste keer in jare weer lus om te skryf. SKREE is die resultaat,” het hy gese voordat hy sy internasionale toer afgeskop het in Australie en Nieu-Seeland. Hy bring dekades reeds `n voorsmakie van sy Afrika aan duisende bewonderaars oor die wereld. Hy het terugkeer huis toe vir die publikasie van sy 11de boek, `n misdaadroman genaamd Die Onaantasbare

image-.jpg
0

Classics 2018 is amper hier, so kom maak jou drome waar

’n Reusebederf kan dalk op jou wag as jy nou, voor 25 Mei, jou kaartjies vir Classics bespreek.

Kunstenaars soos Patrizio Buanne, Amira Willighagen, Jannie Moolman, Corlea Botha, Monique Steyn, Kevin Leo, Touch of Class, Joseph Clark en Stèfan Bezuidenhout gaan optree.

Datum:- 9 Junie 2018

Tyd:- 12:00 / 18:30

Toegang:- R250 – R550


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Menlyn, Pretoria?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio
image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo uit van Verona

Verona het beslis geen bekendstelling nodig in vermaakkringe nie. Dié kleindorpiemeisie van Meyerton het oor die afgelope paar jaar nie net naam gemaak as realiteitsprogramster, radio-omroeper en televisieaanbieder nie, maar ook as joernalis, vervaardiger en sanger.

Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Maskers, vanaf haar gelyknamige debuut album wat eersdaags uitgereik word, is onlangs vrygestel en het reeds ’n Nr. 1 plek op beide 90.6 VCR en SFM Streek se trefferparades bereik. Die snit, wat deur haar en Hugo Ludik geskryf is, het ’n folk-pop-aanslag met betekenisvolle lirieke en ’n meesleurende wysie wat die luisteraar vir lank sal bybly.

“Dit gaan oor die maskers wat jy dra in jou lewe. Die meeste van ons skuil agter maksers om ons ware self weg te steek en te beskerm. Dikwels bang om onsself te wys. Ons steek ook seerkry en swaarkry so weg. In hierdie liedjie probeer ek mense aanpor om van daardie maskers ontslae te raak waaraan jy so swaar

image-.jpg
0

Kom kuier in Bloemfontein vir die Wolhaarstories sessie

Lam op die spit 3-gang buffet – eet soveel as wat jy wil – met lewendige vermaak, bon vuur en kontant kroeg.

Datum:- 11 – 14 Julie 2018

Tyd:- 18:30 tot laat

Toegang:- R350 p/p/p/d


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Pap met vark kaaings en uie en tamatie smoor
Boerbrood, met botter en tuisgemaakte tam

image-.jpg
0

Die sanger Piet Botha is oud maar nog glad nie koud in die musiekbedryf nie

Piet Botha (18 Julie 1955) is ‘n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is die seun van Pik Botha, een van die wêreld se langsdienende ministers van buitelandse sake.

In 1984 begin hy die musiekgroep Jack Hammer. Botha is in 1985 na die VSA om daar te gaan werk, maar keer in 1986 na Suid-Afrika terug. Sy eerste Afrikaanse album, ’n Suitcase vol winter, is in 1997 bekendgestel. Van sy bekendste liedjies sluit in Blues vir Louise, ’n Suitcase vol winter en Vandat jy weg is. Hy ontvang ’n Sama-prys vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek (2006). In 2002 is hy by die SA Rock Hall of Fame ingelyf en in 2006 is hy deur die FAK vir sy bydrae tot Afrikaans vereer.[1]

In 2011 verskyn Botha in ‘n televisie-program op die Afrikaanse TV-kanaal kykNET, genaamd “Wie Lê Waar”, waarin Botha die grafte van bekende Afrikaanse ikone besoek en hulle biografieë vertel. Die reeks lei dan ook dan indirek na die opneem en uitreik van Piet Bo