image-.jpg
0

Die sangeres Juanita du Plessis het geen bekendstelling nodig nie, maar hier is ‘n paar goedjies wat jy dalk nie geweet het nie

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit.

‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!
(Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)

In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe dra

image-.jpg
0

Rocco De Villiers, Liewe Hemel Liewe Aarde – Pretoria

Gewilde pianis Rocco de Villiers bring nie net n versameling van die mooiste musiek ter wereld nie, maar ook n nuwe `best of` vrystelling van die mees gewilde, gesluisterde snitte van sy vorige 6 albums BEAUTIFUL BEAUTIFUL PIANO, MORE BEAUTIFUL PIANO, STUNNING, COUNTRYKEYS en BEAUTIFUL BEAUTIFUL HYMNS 1 & 2. Elke snit deur die gehoor gekies.

Datum:- 4 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Prys:- R200 – R220


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? SA Radio
image-.jpg
0

Sangeres Mari Bosman reik haar nuwe enkelsnit en musiekvideo uit

Die donkerkop sangeres, Mari Bosman, het pas ’n nuwe goedvoel liedjie oor hoop en vergifnis vrygestel. Dié liedjie wat in Mari se woorde as ‘rooiwyn rock’ beskou kan word, is deur die talentvolle sangeres self geskryf.

Hou Vas is ’n folk-popliedjie wat hoop gee in ’n donker land. “Met al die slegte dinge wat rondom ons aangaan en mense wat gou moed verloor, het ek die liedjie geskryf om mense weer ’n bietjie hoop te gee,” sê sy. “Kom waai die wind weer in my seile, die gif is uit my pyle, verwys na vergifnis. Ek glo dit speel ’n baie belangrike rol in aanbeweeg.”

Sean Manley het die verwerking van die liedjie gedoen, terwyl die bekwame Vaughan Gardiner gesorg het vir die meng en meester daarvan. Ricus Nel het op sy beurt gesorg vir die kitare op die liedjie.

Mari is oorspronklik van die Paarl, maar het onlangs Pretoria toe getrek om haar loopbaan in musiek te volg. Sy het reeds van kindsbeen af begin kitaar speel en liedj

image-.jpg
0

Cordelia en Pieter Koen het sobietjie kragte saam gesnoer

Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos Mal in jou kop en Eerste Woorde, het kragte saamgesnoer met die welbekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen en het onlangs die musiekvideo vir hulle duet enkelsnit, Spel van Liefde uitgereik. Dié liedjie pryk reeds op die trefferparades van radiostasies landswyd.

Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my persoonlik ’n baie aangename mens met ’n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor.”.

“Spel van Liefde gaan presies oor dit wat die woorde sê. Ons almal speel ’n spel van liefde. Almal het ’n behoefte om deel te wees van ’n liefdes spel – ons wil hoort spesiaal voel en ook liefde gee. My gunsteling liedjies is altyd oor die liefde. Liefde bewys net weereens dat geld dit nie kan koop nie. Liefde oorwin alle

‘N kort Bio oor Willem Botha, hy is jonk met baie talent

Willem Botha is ‘n Afrikaanse sanger en akteur. Botha is in 2004 as ‘n wenner van die Plusster-talentkompetisie wat deur Die Burger aangebied word aangewys.

In 2007 neem hy deel aan kykNET se Idols-reeks en word as naaswenner bekroon waartydens hy ‘n platekontrak met Sony-musiek losslaan. Sy debuutalbum, Kô Ma Hier, is in 2007 uitgereik.

In 2009 ontvang hy ‘n Euro Ster-toekenning vir sy liedjie Dis alles ‘n Miracle in die kategorie vir beste oorspronklike Afrikaanse liedjie.[2]

Botha studeer tans drama aan die Universiteit van Stellenbosch.

Loer hier onder na een van sy musiekvideo’s:- Willem Botha & Andriette Norman – “Hoe Meer Ons Dit Doen”

image-.jpg
0

Janita Claassen is ‘n legendariese sangeres, sy het ons gegroet, maar haar musiek sal voortleef

Op 24 Oktober 2005 het Suid-Afrika een van die gewildste Afrikaanse kunstenaars verloor toe Janita Claassen aan kanker oorlede is.

Janita is op 30 April 1947 op die Noord-Kaapse dorp Warrenton gebore. Sy het matriek behaal aan die Hoërskool Vereeniging en daarna BA (HOD) aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gestudeer.

Sy het byna nege jaar lank skoolgehou. In 1976 het sy ’n oudisie geslaag om in ’n koffiehuiskonsert op televisie op te tree, maar dit was eers toe die Musiek-en-Liriekbeweging in 1979 ontstaan het dat sy in die musiekbedryf beland het.

In daardie jare het die bekende sanger Jannie du Toit musiekaande by sy huis naby die dieretuin in Pretoria gehou, en Janita was deel van die groep. Een van Janita se gereelde liriekskrywers, Babs Pretorius, het die woorde van een van die snitte op Jannie se debuutalbum, Liedjie vir jou, naamlik “Magnoliadal”, geskryf. Jannie is goed bevriend met Babs

image-.jpg
0

Brannas & Kiep-Kiep Fees, iets om nie te mis nie!

Moenie hierdie interessante familie fees misloop met vermaak van optredes, hoenderbraai, kompetisies, stalletjies, musiek, pretpark en nog baie meer nie.

Datum:- 22 – 24 September 2018

Tyd:- Saterdag 22 Sept: 09h00 – 22h00, Sondag 23 Sept: 09h00 – 16h00, Maandag 24 Sep: 09h00 – 16h00

Toegang:- R50.00: Ekspopas / Dagkaartjie Saterdag 22 September 2018 SLEGS: R220.00: Snotkop. AFSLAG:- Kinders 0-13 jaar het gratis toegang tot feesgronde / ekspopas en NIE na Snotkopskou nie en moet onder toesig van volwassenes wees.

Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Worcester?? SA Radio

image-.jpg
0

Makietie te Wellington Op ń Stasie fees

Die Stasiefees vanaf 11 tot 12 Mei is voorwaar ‘n opskop wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid meesterlik saamsnoer en vier. Kom na Stokery Straat vir ‘n geleentheid wat geeneen mag misloop nie!

Datum:- 11 & 12 Mei 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Wellington?? SA Radio
image-.jpg
0

Eerste enkelsnit bekend gemaak deur Leon Gropp

Die bekroonde kitaarspeler, Leon Gropp, se eerste solo-enkelsnit word hierdie week vrygestel. Bakenlig beloof nie net om luisteraars se hartsnare te prikkel en vir hulle ’n hele nuwe kant van hom te wys nie, maar ook om vir dié talentvolle musikant ’n stewige plek, as sanger, te vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

“Bakenlig gaan oor die terugkeer na dit wat jou in die lewe anker. Dit kan in verskillende kontekste toegepas word, maar die idee is in hierdie geval meer ’n fisiese plek wat vir jou waarde dra. Ons almal het egter emosionele en geestelike ‘bakenligte’ ook,” vertel Leon oor hierdie alternatiewe snit wat sy sangtalent aan die land gaan bekendstel.

“Ek en Jattie de Beer het saam geskryf aan die lied. Ons verlede (geskiedenis) kom met ’n bepaalde konteks en dit vorm tot ’n groot mate ons denkwyse en -patrone. So om terug te keer na daai plek, daai anker, daai ‘bakenlig’ (hetsy fisies of geestelik) is belangrik om

image-.jpg
0

Ons sal jou nie vergeet nie Chris Blignaut, nog ‘n goue oue wat ons verloor het

Chris Blignaut (1897–1974) was ’n Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat ’n kontrak met ’n platemaatskappy aangegaan het (in 1930). Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd, Ou Tante Koba, Die Donkie en Daar Oorkant Die Spruit. Hy het altesame 120 opnames oor sy loopbaan gemaak.

Hy kon nie ’n bestaan voer van musiek alleen nie en het as jong man by ’n assuransiemaatskappy gewerk met musiek as sy stokperdjie. Gedurende die vroeë twintigerjare het hy aanvanklik sangonderrig van Aimee Parkinson ontvang en daarna ook van Alfred Bell, madam Palmer en signor Pentuzzi. In 1923 het hy eerste gekom in ’n radiotalentwedstryd en verskeie medaljes en diplomas in die Johannesburgse kunswedstryd verower.

Hy het ook in musiekblyspele en operettes opgetree. Dit was gedurende daardie tyd dat hy die eerste keer in Afrikaans op die verhoog gesing het met sy vertolking van Daar oorkant die spruit wat goed ontv

image-.jpg
0

Jy ken vir Liza Brönner, maar hier is ‘n paar feite wat jy nie van geweet het nie

Liza Brönner is ‘n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Haar debuutalbum, Onderstebo is op 21 September 2009 deur EMI vrygestel. Hierdie album is herverpak en op 29 Maart 2010 met vier nuwe snitte as Asemloos uitgereik (ook deur EMI).

Haar derde album, Vir eers is dit net ek… is op 01 September 2011 deur HIT Records vrygestel. Hierdie album is opgeneem en verwerk deur Johan Rautenbach wat vele bekende Suid-Afrikaanse sangers se albums reeds met groot sukses opgeneem het (onder andere die van Eden, Lianie May, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, ens.)

In Mei 2013 wen Brönner ‘n werklikheidsprogram wat ‘n plaasvervanger vir die rol van Liefling (gebaseer op die rolprent) soek,[1] om die verhoogstuk aan te pak. Sy lewer ‘n puik vertolkin

image-.jpg
0

Jak de Priester het geen bekendstelling nodig nie, hier is ‘n kort Bio van hom

Jak de Priester is ‘n Afrikaanse sanger en skrywer. Hy is in 2002 deur die ATKV as wenner van die Crescendo-sangkompetisie aangewys. Van sy treffers sluit in: Sally Williams Nougat en Groen Mamba. Hy het ook die temalied van KykNET se sepie, Binnelanders geskryf en gesing.

Jak de Priester (’n skuilnaam – Jaco Papenfus/Jaco Voster (nie seker nie) is in Parys in die Vrystaat gebore, waar hy sy laerskoolopleiding aan die Laerskool H.F. Verwoerd ondergaan en op die hoërskool op die dorp matrikuleer. Na skool studeer hy eers drama aan die Universiteit van Pretoria, maar skakel dan oor na gewone B.A.-studies. Hy verwerf ’n B.A.-graad en Hoër Onderwysdiploma, met Duits en Frans as onderrigvakke.

Hierna spandeer hy tyd in Londen in Engeland, waar hy woon en vir twee jaar onderwys gee in Frans en Duits. Tydens ’n vakansie in Europa raak hy betrokke in kinderteater in Nederland en woon vir ’n ruk in Purmerend in Amsterdam, waar hy saam met

image-.jpg
0

Lekkerland 2018 karnaval: Groter, beter en nóg lekkerder!

Jou gunsteling karnaval is terug; King Price-versekering en kykNET, in samewerking met Matchbox Live, keer terug na Dullstroom vir die tweede aflewering van Lekkerland Carnival op 7 April 2018.

Vanjaar se Lekkerland Carnival beloof om groter, beter en lekkerder as verlede jaar te wees. Kunstenaars soos Karen Zoid, Matthew Mole, Refentse, Adelle Nqeto, Bouwer Bosch en The Barbosa Experience sal tydens dié fees optree.

Die fees is familievriendelik en het selfs ’n kinderarea. Die BDI Street Performance Troupe gaan ook sorg vir hope vermaak. Natuurlik sal daar verskeie stalletjies, karnaval kos en ’n kroeg beskikbaar wees.

Die gewilde Mpumalanga-dorpie, Dullstroom, met sy interessante winkels, kunsgalerye, restaurante, bergpaaie en ongelooflike natuurskoon sal weer eens die tuiste vir hierdie unike karnaval wees. Dullstroom is sowat twee en halfuur se ry van Johannesburg en Pretoria, wat dit die perfekte naweekwegbreek vir enige gesin maak.

image-.jpg
0

Juanita Du Plessis tree op te Mosselbaai

Juanita Du Plessis sal op 25 Mei eksklusief in die Mosselbaai Stadsaal optree met haar splinternuwe vertoning.

Datum:- 25 Mei 2018

Tyd:- 19:30

Toegang:- VIP toegang: R150.00 sluit sitplekke in die eerste 8 rye, Algemene toegang: R100.00, Kinders onder 2: Gratis


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Mosselbaai?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Mosselbaai Stadsaal, 101 Marsh Street, Mosselbaai

GPS Koordinate:- -34.181981,22.138718

Jy kan jou kaartjies kry by SA Radio

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit/musiekvideo uit van Chanell van den Bergh

Ná die suksesvolle uitreiking van Chanell van den Bergh se enkelsnit, Twee Tree, is die blondekop sangeres terug met ’n nuwe enkelsnit, wat Oorlog heet.

Oorlog, wat deur Chanell self geskryf is, is ’n pop/country/rock liedjie wat handel oor ’n innerlike geveg wat uiteindelik tot die einde van ’n verhouding kan lei. “Ek het Oorlog al ’n jaar terug geskryf, en ek voel musiek moet ’n mens ’n gevoel kan gee en mense deur moeilike tye dra,” sê sy.

Chanell hoop dat haar gehoor met die liedjie kan vereenselwig, en sê: “Ek dink ons almal was al in so ’n verhouding waar jy baklei teen liefde.” Volgens die sangeres het musiek haar altyd deur moeilike tye gedra, en sy hoop dat haar musiek iemand anders weer deur soortgelyke tye kan dra.

Die musiekvideo vir die snit is ook deur Chanell self finansier. “Ons het geen begroting gehad, maar ek was super blessed deur ongelooflike vriende te kan hê, wat kamera toerusting gehad het wa

image-.jpg
0

Marcato sing van die liefde vir die natuur in nuwe snit ‘Staan Net By My’

Die groep Marcato het pas hul nuwe enkelsnit, Staan Net By My, wat hul liefde vir die natuur en die stilte op die plaas vasvang, vrygestel.

Staan Net By My is deur die hele groep self geskryf, tydens ’n skryfsessie in Parys langs die Vaalrivier. “Ek het die woorde geskryf, en die res het alles langs die Vaalrivier gebeur,” vertel Ben van Zyl, een van die groeplede.

Volgens Ben gaan die liedjie maar net oor die rustigheid van die natuur en die plaas en lê hom na aan die hart omdat hy op ’n plaas groot geword het. “Ek kom van die plaas af, so dit gaan maar net oor die mooi van die natuur en waar enigiemand sal wil gaan rus en dink,” vertel hy. “En natuurlik ook om iemand saam met jou plaas toe te vat om die natuur en stilte met iemand na aan jou te deel.”

Die groep hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang nes hul vorige enkelsnitte. “Ek dink dit is ’n lekker liedjie vir die langpad. Dit pas in by ons ander Afrikaanse

image-.jpg
0

Gehoor van Carlo, leer hom ken, hier is ‘n kort Bio van hom

Carlo (Volle naam Carlo de Goede) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant. Hy het sy sangloopbaan op ouderdom 12 begin en het mettertyd menige diplomas en trofeë gewerf. Terwyl hy nog op skool was, is hy gekies om die hoofrol in ‘n musiekblyspel van die bekende “Grease” te speel in Johannesburg.

In 2001 is hy gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Amerika as ‘n kunstenaar vir Mother City Records (gestig deur Mr Eddie Singleton, eienaar van Mo-Town Records VSA). Carlo was ook die hoofsanger van die groep “Amy Blue” wat heel dikwels by La Med, Kampsbaai opgetree het. In sy kort tydjie by “Blue Productions” het hy die verhoog in ‘n verskeidenheids-konsert met die bekende Sonja Herholdt gedeel by die High Street Teater.

H

image-.jpg
0

Die sanger Karla du Plessis is ‘n stil dame, maar hier is ietsie oor haar

Karla du Plessis is die jongste dogter van die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Koos du Plessis.

Koos du Plessis het die lied Karla oor haar gesing. Sy is nou self een van die bekendste sangeresse en liedjieskrywers van die Afrikaanse musiekbedryf.

Op haar eerste twee albums sing sy liedjies van haar vader. Op die album “Woordeloos” sing sy saam met haar vader “As jy my kon volg” waar die stemme digitaal saamgestel is.

Saam met Theuns Jordaan sing sy die lied “Wie weet” wat die temalied van die TV program Jopie Adam was.

Vir haar derde album “Steeds op vrye voet” is sy bekroon as die beste album deur ‘n sangeres.

Loer hier onder na een van haar musiekvideo’s:- Theuns Jordaan & Karla du Plessis – Wie weet