image-.jpg
0

Coenie de Villiers en Mauritz Lotz te sienne in Sandbaai

Kom luister na Coenie de Villiers en Mauritz Lotz vir die nuutste versameling van Coenie se musiek. Die liedere is stil en suiwer en hy word vergesel met Mauritz Lotz wat sy eie towerkrag daar byvoeg.

Datum:- 8 Augustus 2018

Tyd:- 19:30

Prys:- R150.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R142.50


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Sandbaai, Hermanus ?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!



Adres

image-.jpg
0

Kom geniet die Die Melktert Kommissie Live – Pretoria

Na `n baie lang afwesigheid van die verhoog het Die Melktert Kommisse besluit om weer hul voete op die verhoog te waag!

Datum:- 6 Oktober 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R170

Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Die Melktert Kommissie is `n 4-stuk Afrikaanse rock band, oorspronklik van Jeffeysbaai en bestaan uit Lucinda Rosa Neethling (Lead vocals en acoustic guitar), Jean Marie Korff (Electric guitar en backing vocals), Tim van der Westhuizen (Bass guitar) en Jan-Adriaan Korff (Drums en backing vocals). Die band het in 2002 bymekaar g

image-.jpg
0

‘n Kragtige ballade word uitgereik deur Almero

Hy is skaars twintig jaar oud en spog reeds met sy eie kortverhaal, digbundel en twee enkelsnitte, wat almal baie goed ontvang is. Met die vrystelling van sy nuutste treffer, Monochromie, gaan Almero nie net ’n opskudding veroorsaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook vir homself ’n permanente plek lossing in die harte van musiekliefhebbers.

“Monochromie is wat ek noem ’n kragballade. Dit gaan oor ’n gevoel wat ek glo ons almal ervaar: die soeke na iemand wat ons tuis kan noem. Iemand wat ons nuwe dinge kan leer en laat voel en sien. Dit maak die vergelyking dat hierdie persoon, indien daar so iemand is, jou wêreld sal verkleur in kleure wat jy nie geweet het bestaan nie. Tog is daar ’n smekende aspek in die liedjie, ’n pleit dat hierdie persoon moet bly,” verduidelik hy oor hierdie treffende liedjie wat saam met Ruan Graaf geskryf en deur Nico Welgemoed vervaardig is.

“Ek is iemand wat baie waarde heg aan my huis, of w

image-.jpg
0

Dis Innibos 2018 tyd, jy mag dit nie mis nie!!

Die tyd het aangebreek vir die gewildste kunstefees in Suid-Afrika. Soos oudergewoonte gaan die Standard Bank-hoofverhoog die plek wees vir elke musiekliefhebber met iets vir elke smaak.

Datum:- 27 Junie – 1 Julie 2018

Tyd:- 08:00 tot laat

Toegang:- Enkeldagkaartjie: R120.00, Kinders 0-13 jaar gratis toegelaat
Kinders se kaartjies is slegs beskikbaar by die feesgronde


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Nelspruit?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit uit van Dawie de Jager, dis BEYOND INFINITY

Dawie de Jager is beslis nie ’n onbekende gesig in die musiekbedryf nie. Hy het nie net die ‘oor’ van Bobby van Jaarsveld en The Voice SA-aanhangers gedurende die tweede seisoen van dié realiteitsprogram gevang nie, maar is ook die kreatiewe komponis agter die klankbane van verskeie lokettreffers, waaronder Roepman, Sy Klink Soos Lente, Jonathan, Verraaiers en is tans ook besig met Stroomop.

Nóú is hy weer in die kollig met sy splinternuwe enkelsnit, BEYOND INFINITY, wat pas bekendgestel is en beloof om luisteraars weer van vooraf te beïndruk en sy loopbaan ’n verdere hupstoot te gee.

Die musikant, met sy kenmerkende hoedjie, se diep storievertellerstem is die perfekte pasmaat vir hierdie hoendervleismooi kontemporêre snit uit sy eie pen. BEYOND INFINITY is belaai met emosie en laat jou onmiddellik besef hoeveel liefde Dawie het vir dit wat hy doen. Die snit se meesleurende wysie is nie net sag op die oor nie, maar is ook iets wat lank

image-.jpg
0

Sanger Hanna Boss het ‘n enkelsnit uit:- Verf Jouself

Hanna Boss se enkelsnit, Verf Jouself, is gedurende Oktober 2017 uitgereik en kan reeds oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word! Hierdie splinternuwe treffer sal ook beskikbaar wees op haar album wat die rakke gedurende Februarie 2018 sal tref!

Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing.

Die musiekvideo is in ’n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media.

Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam me

image-.jpg
0

Die lang verwagte Tarryn Lamb se album tref die rakke

Die gewilde Tarryn Lamb het die land gaande oor haar met haar treffer enkelsnit, Mal Oor Jou, en haar langverwagte album met dieselfde titel is pas uitgereik. Dié veelsydige sangeres is ’n welkome vars briesie wat die Afrikaanse musiekbedryf getref het.

Mal Oor Jou bevat veertien snitte waarvan die meeste uit die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, se pen kom. Dié betekenisvolle lirieke sal aanklank vind by haar volwasse gehoor.

’n Duet saam met die immergewilde Jay du Plessis, Afgrond, en een saam met Kevin Leo, Ed Sheeran se Perfect, is ingesluit vir verdere luistergenot.

Aanhangers sal van die eerste noot op dié album, tot haar stem wegsterf met die laaste note van haar vertolking van Laurika Rauch se bekende treffer, Blouberg se Strand, meegevoer wees.

Saam met die album se uitreiking, is ’n splinternuwe musiekvideo ook reeds beskikbaar vir die eerste snit op die album, Vier Woorde. Die musiekvideo vir Mal Oor Jou

image-.jpg
0

Kom ons loer ‘n bietjie na Kurt Darren se lewe

Kurt Darren, gebore Kurt Johan van Heerden, is ‘n bekende Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en TV-aanbieder. Darren se debuutalbum, For Your Precious Love, is in 1995 vrygestel. In 2002 maak hy sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf met sy album Meisie Meisie.

Darren se musiek kan ook in Nederland en Vlaams België gehoor word, maar word meestal deur ander kunstenaars gesing. Sy liedjies “Staan op”, “Meisie meisie”, “Kaptein span die seile”, “Af en af” en “Bloubergstrand se sonsak” (Nederlandse Vinzzent, Dromendans 2012) is voorbeelde hiervan.

In 2010 ontvang Darren twee SAMA-toekennings vir beste verkopers in die afdelings “true tone”-aflaaideuntjie vir “Kaptein” en vollengte-aflaaideuntjie vir “Af en Af”.

SA Radio

image-.jpg
0

Die jong sangeres Taye Brink se eerste enkelsnit beïndruk

Die opgewekte, voetstamplekker wysie en vrolike lirieke van die sangeres Taye Brink se nuwe liedjie, Wat As, gaan beslis binnekort ’n gunsteling wees op al wat ’n partytjie en dansvloer is. Hierdie enkelsnit is pas vrygestel en reeds besig om die trefferleer op iTunes te klim.

Wat As is geskryf deur ADAM se Hugo Ludik en gaan oor twee mense wat mekaar vind, maar nie seker is of dit ware liefde is nie. Albei besef egter dat hulle nie hierdie kans moet laat verbygaan nie, want wie nie waag nie wen nie.

“Ek glo dat luisteraars beslis by die tema van hierdie snit sal aanklank vind. My doel is om mense te raak met die waarheid wat vasgevang is in my musiek en ek glo dat dié liedjie juis ander sal inspireer om ’n bietjie meer in hulleself te glo,” vertel Taye oor haar eerste Afrikaanse enkelsnit wat spog met ’n lekkerluister Country-Pop-aanslag.

“Die liedjie is baie goed ontvang die paar keer wat ek dit tydens ’n vertoning gesing het,

image-.jpg
0

Yzerfontein ACVV Basaar met Melo3 Musiek-Groep

Kom kuier en koop by ons basaar en ondersteun ons wonderlike diens aan ons ouer mensies op die dorp..

Datum:- 31 Maart 2018

Tyd:- 8:30 tot 13:00

Toegang:- Gratis

3 Vriende wat hulle passie vir musiek met ander wil deel.

Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio

image-.jpg
0

Sangeres Juanita du Plessis vier 20 jaar met spesiale album

Die gewilde sangeres, Juanita du Plessis, vier vanjaar haar 20ste jaar in die musiekbedryf, en wat ’n beter manier om hierdie indrukwekkende mylpaal te vier as met ’n spesiale uitreiking van treffers oor die laaste tien jaar.

“My 20 jaar treffers album is klaar en ek kan nie meer wág om alles met julle te deel nie! (Ek wag al 20 jaar hiervoor),” skryf Juanita op haar Facebook-blad.

Die album, wat 20 Jaar Treffers van 2008 – 2018 heet, bevat treffers soos Wit Vlag, Hambamba, Hart vol Drome, Jou Volla, Engel Van My Hart, As Vandag My Laaste Dag Is,
Wees Lig en vele meer.

’n Lekker verrassing op die album is drie splinternuwe liedjies. Vir diegene wat nie solank kan wag vir die album nie, is daar spesiale voorskoue.

Klik op die skakel om na van die ‘snippets’ te luister.

Loer ook hier onder

image-.jpg
0

Coenie de Villiers is terug – Pretoria

Coenie de Villiers is terug met `n nuwe album, en die vrystellingskonsert vind plaas by die Atterbury Teater.

Datum:- 14 en 15 Junie 2018

Tyd:- 20:00

Toegang:- R200 – R250


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood

GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538

Kontak:- 012 942 5951

Kaartjies kan bespreek word by SA Radio

image-.jpg
0

Ken jy Gideon Hanekom, wel hy staan bekend as GIAN GROEN

Gideon Hanekom het van pluimveeteler en plaasbestuurder ontwikkel tot die briljante liedjieskrywer en rockkunstenaar Gian Groen.

Dié Stellenbosch-boorling het as lid van die rockgroep Spinnekop en met sy treffer Vier seisoene kind van sy album Groen Kitaar en met sy solo-albums Met die maan gepla, Lied van die engele, Welkom in Somersburg en in 2013 met Dekade van Ballades homself as ‘n musikant met integriteit gevestig.

Die nuwe album heet #Als Is Net Lekker, die leuse van Gian se baie goeie vriend, Willie Wentzel. Willie het so geglo daarin om die positiewe dinge in die lewe na te streef, dat hy vir homself T-hemde gedruk het met hierdie woorde daarop. Hy het dit elke dag gedra. Willie het in 2015 in ‘n motorfietsongeluk gesterf in die Tankwa Karoo, waarna Gian die titelsnit van sy nuutste album geskryf het.

Dié CD is nie net ‘n viering van ‘n vriend se lewe nie; dis ook ‘n viering van ‘n volle sirkel wat bereik is deur weer me

image-.jpg
0

‘N roerende weergawe van Koos du Plessis-treffer word vry gestel deur Wynand Strydom

Wynand Strydom het oor die afgelope vyftienjaar vir homself ’n stewige plek in die Afrikaanse musiekbedryf gevestig.

Dié oud-Pretorianer het al die verhoog met bekende name gedeel en by die grootste musiekfeeste opgetree.

Sy splinternuwe album, Skielik Is Jy Vry, is ’n treffende huldebly aan een van die musiekbedryf se grootste legendes, Koos du Plessis en word amptelik op 13 Julie 2018 uitgereik.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie album, Gebed, word nou aan radiostasies landswyd uitgereik. Die liedjie pas die sanger se diep, hoendervleismooi basstem soos ’n handskoen en dwing jou tot stilstand en om te luister.

“Ek is my lewe lank al baie lief vir Koos du Plessis se musiek. Dit was nog altyd ’n droom om al my gunstelingliedjies op een album op te neem en Gebed is verseker een van hulle,” verklap die gewilde sanger, Wynand Strydom, oor die inspirasie agter sy agtste solo-album wat op pad is.

Die hele album sal bestaan

image-.jpg
0

Retief Burger is ‘n Gospel sanger, hier is ‘n bietjie meer oor hom

Retief Burger is ’n aanbidder in sy wese. Vir hom gaan dit oor meer as net liedjies. Sy musiek vind aanklank by ’n wye spektrum mense omdat dit opreg en modern is. Hy is egter nie net ’n aanbiddingsleier nie, maar glo dat God hom geroep het om mense te lei na die hart van die Vader. Hy het ook ‘n passie om nuwe leiers op te rig wat oor alle kerk- en generasie grense saamwerk vir een doel: om God bekend te maak en vir sy eer te leef!

Retief het nog nooit enige begeerte gehad om ‘n “kunstenaar” te wees nie. Hy wou aanvanklik net relevante Afrikaanse lof- en aanbiddings liedjies skryf om die studente by Kruispunt (’n Studentebediening in Potchefstroom) in God se teenwoordigheid in te lei. Dit was Louis Brittz wat hom na jare se getorring oorreed het om sy musiek op CD vas te lê en om sodoende die musiek tot die hele land se beskikking te stel. Retief: “As dit nie vir sy visie was nie, sou Luidkeels nooit gebeur het nie. Ons sou nooit kon droom

image-.jpg
0

Sharoney stel nuwe musiekvideo vry ‘Crush’

Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.

“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh

image-.jpg
0

Jacques de Koning is ‘n wonderlike sanger, maar hy maak amok met sy liedjies, hier is ‘n kort Bio van hom

Jacques de Koning (Hendrik Theo Jacques de Coning) is ‘n Afrikaanse sanger wat veral bekend is vir sy vrolike vertolking van bekende FAK-liedjies.

Met albumverkope van ver oor die 100 000 is die goueplaatkunstenaar alombemind.

Sy skitter-debuutalbum, Kaniklani, herverpak as Girl Van Die Klein- Karoo met treffers soos Girl Van Die Klein-Karoo, Kom Dans Met My, Boerereggae en Jannie Mag Nie Koor Sing Nie, is een van die belangrikste Afrikaanse albums wat in 2001&2003 in SA uitgereik is.

Met slegs oorspronklike komposisies uit sy pen het Jacques ‘n spektrum genres van rock en pop tot boeremusiek en reggae ontgin en ‘n reuse-bydrae tot die skatkis van nuwerwetse Afrikaanse musiek gelewer.

Met sy album, Afrikaans

image-.jpg
0

Len Muller en sy vrou pen mooiste liefdeslied

“Ek het jou geken voor ons ontmoet het. Die kleur van jou oë die klank van jou lag. Jy het my geken met al my letsels, maar ek was genoeg vir jou en jy ook vir my,” is lirieke uit sanger en liedjieskrywer, Len Muller, se nuutste enkelsnit, Sterrewals.

Hierdie hoendervleismooi nostalgiese liefdesballade is die eerste liedjie wat hy saam met die liefde van sy lewe en vrou, Chanél, geskryf het nadat hulle getroud is en is beslis iets waarby oud en jonk gaan aanklank vind.

“Dit is ’n nostalgiese liefdesballade, wat geskryf is uit die oogpunt van ’n bejaarde man wat terug kyk op sy lewe. Drome word nie altyd waar nie, veral as jy nie doelbewus werk daarvoor nie en ek dink dié lied wil vir my en die mense wat daarna luister uitdaag om doelbewus te lewe en nie toe te laat dat tyd sommer net verbygaan nie,” verduidelik die blondekopster oor die betekenis agter sy nuutste treffer.

“Ek dink die snit het ook ’n mooi boodskap, omdat die p

image-.jpg
0

Die sanger Steve Hofmeyr kom SKREE in Kaapstad

Steve Hofmeyr het rede om te glimlag. Hy het sy 30ste CD opgeneem, sy 11de boek uitgegee en op 53 jaar weer pa geword! Baie om te vier… Sy dubbel platinum Country was een van Suid-Afrika se beste verkopers vir 2016 en nou kan sy leer van ondersteuners uiteindelik uitsien na SKREE, sy nuutste oorspronklike album vir sy SKREE-toer in 2018.

Datum:- 19 April 2018

Tyd:- 18h45

Toegang:- R170 – R200
Kinders:- (3 to 12 jaar): R120.00

“Ek word pal geinspireer deur mense, idees en seeninge. Ek was vir die eerste keer in jare weer lus om te skryf. SKREE is die resultaat,” het hy gese voordat hy sy internasionale toer afgeskop het in Australie en Nieu-Seeland. Hy bring dekades reeds `n voorsmakie van sy Afrika aan duisende bewonderaars oor die wereld. Hy het terugkeer huis toe vir die publikasie van sy 11de boek, `n misdaadroman genaamd Die Onaantasbare

image-.jpg
0

Die duo Coffee Snobs reik ‘n nuwe debuutalbum uit

Musiek vir connoisseurs. Dis die musiek wat die musikale musiekpaartjie Vernette en Marius Wessels – oftewel Coffee Snobs – op hul debuutalbum Aroma (met die pragtreffer Eie land) geskep het.

Nou kry musiekliefhebbers wat gehaltemusiek waardeer, hul tweede album: Lig. “Ek voel ons het ons ware identiteit gevind en dit op hierdie album vasgevang. Oor die algemeen het die album ’n meer akoestiese en organiese aanslag as die eerste album. Dit wat jy op die album hoor, is ook wat jy gaan hoor as jy ons sien optree:. Dis wie ons is,” sê Vernette.

Die album bestaan uit sewe Afrikaanse en twee Engelse liedjies; almal oorspronklike nuutskeppings. Die titel van die album weerspieël die tema van lig wat deurlopend in die lirieke voorkom. Vernette sê sy het net een oggend wakker geword en geweet dat die titel Lig moet wees!

“Oor die algemeen is dit ’n baie positiewe album wat ’n boodskap van hoop en ’n toekoms verkondig! Jake Odend

image-.jpg
0

Van Polisieman tot Sanger:- Desmond Wells

Twaalf jaar terug het my kollegas vir my gesê: “Wat? Gaan jy die polisie los! Wat van jou medies en jou pensioen?”

Só skryf ’n dankbare Desmond Wells op sy Facebook-blad, wie se paadjie vol kronkels was vóór hy die vrugte van geluk kon pluk. Desmond het gewerk op die Cape Flats, soos hulle dit in die volksmond noem, as polisiebeampte, en in daardie tyd was daar baie noue ontkomeings en skietgevalle. Desmond was so passievol oor sy werk dat hy in 2000 genomineer is as polisiebeampte van die jaar.

In 2004 het hy deel gevorm van die Wes-Kaap polisie se provinsiale atletiekspan en het selfs ’n bronsmedalje ontvang.

“Dit was maar baie negatiewe omstandighede waaronder ek gewerk het en vir jare daarna sou ek nog steeds nagmerries en terugflitse kry oor die lelike goed wat ek vir soveel jare elke dag moes sien,” sê Desmond.

In 2005 besluit Desmond om sy loopbaan as polisiebeampte in die SAPD prys te gee om voltyds te sing. In dié jaar ontvang h

image-.jpg
0

ANDRIËTTE, is glad nie onbekend nie, maar hier is ‘n bietjie meer inligting oor haar

Andriëtte Norman het reeds in 2007 as ‘n vars vokale vonds in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie begin woel. 8 jaar later hou sy steeds aan om
musiekliefhebbers én resensente te verras met een puik album na die volgende.

Haar kenmerkende lae register verwissel moeiteloos met betowerende hoë note om nuutskeppings soos “Napoleon”, “Sewe oseane”, “Ons” en “Met ander woorde” – sowel as haar vertolkings van immergewilde gunstelinge – in harte, en ranglyse, regoor Suid-Afrika in te sing!

Oor die verstek van 4 hoogs suksesvolle albums – “Diamant”, “Dink aan my”, “Vat my hoër” en “Wat rym met liefde” – het Andriëtte die lirieke en melodieë van onder andere Rudi Claase, Johan Oberholzer, Vaughan Gardiner, Emil Struwig, Helmut Meijer, Chris Chameleon, Hunter Kennedy, Steve Hofmeyr en Fred den Hartog, sowel as haar eie skeppings,

image-.jpg
0

Arno Carstens live at Carmel Rock – Scarborough

This intimate performance includes the hits from his career as front man of The Springbok Nude Girls, many of the beloved and most celebrated songs from his career as a platinum selling, award winning English solo artist and some popular cover tracks. Arno performs a bilingual set, and includes tracks from his brand new Afrikaans album “Die Aandblom 13”

Date:- 27 July 2018

Time:- 19:00

Price:- R200


Looking for a cozy place to stay nearby in Scarborough, Cape Town?? Click Here !!

Looking for a cheap flight or would you like to rent a vehicle? visit SKY.co.za now!

Address:- CAMEL ROCK, SCARBOROUGH, CAPE TOWN

GPS Coordinates:-