


Hopefield: Swembad-vol Water-Insameling saam met Armand Hofmeyer
Saam met ons SPORE-INI-SAND Fees en Armand Hofmeyer wat heeldag sing, samel ons waterbottels in ten bate van Toerisme!
Datum:- 1 April 2018
Tyd:- Heel dag
Toegang:- R20 P.P. kinders gratis
Die dorp is in 1852 op die plaas Langekuil gestig. Dit het in 1914 ‘n munisipaliteit geword. Na twee mense wat dit uitgelê het, is Major William Hope, Ouditeur-generaal en ‘n Mnr. Field.
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Hopefield SA Radio
Lekkerland 2018 karnaval: Groter, beter en nóg lekkerder!
Jou gunsteling karnaval is terug; King Price-versekering en kykNET, in samewerking met Matchbox Live, keer terug na Dullstroom vir die tweede aflewering van Lekkerland Carnival op 7 April 2018.
Vanjaar se Lekkerland Carnival beloof om groter, beter en lekkerder as verlede jaar te wees. Kunstenaars soos Karen Zoid, Matthew Mole, Refentse, Adelle Nqeto, Bouwer Bosch en The Barbosa Experience sal tydens dié fees optree.
Die fees is familievriendelik en het selfs ’n kinderarea. Die BDI Street Performance Troupe gaan ook sorg vir hope vermaak. Natuurlik sal daar verskeie stalletjies, karnaval kos en ’n kroeg beskikbaar wees.
Die gewilde Mpumalanga-dorpie, Dullstroom, met sy interessante winkels, kunsgalerye, restaurante, bergpaaie en ongelooflike natuurskoon sal weer eens die tuiste vir hierdie unike karnaval wees. Dullstroom is sowat twee en halfuur se ry van Johannesburg en Pretoria, wat dit die perfekte naweekwegbreek vir enige gesin maak.
Adam optrede te Weiveld in Pretoria area. Lekker Langarm Musiek Saterdagaand!
Weiveld is Pretoria se Nuutste, Grootste en Beste Kuierplek. Weiveld is elke Vrydag en …Saterdagaand oop vir lekker kuier en die BESTE in langarm musiek.
Datum:- 6 April 2018
Toegangs prys:- R 50 en deure open 19:00,
tensy anders aangedui.
Daar tree ook kunstenaars van tyd tot tyd op en kaartjies vir hierdie geleenthede is beskikbaar by itickets.co.za. Alle informasie rakende hierdie optredes verskyn ook by itickets.co.za en kaartjiepryse wissel.
Kom geniet Minibos-konsert te Nelspruit
Die jaarlikse gratis loodskonsert van Innibos, oftewel Minibos. Kranige feesgangers word genooi om te kom kyk, luister en saam te kuier, want die organiseerders gaan presies wys hoe Innibos rol vanjaar.
Datum:- Vrydag, 11 Mei, om
Tyd:- 17:30 tot laat
Bok van Blerk, Touch of Class en Willem Botha gaan die feesgees aanwakker, en vir dié wat ’n vleisie op die kole wil gooi, word daar genoeg braaiplekke voorsien.
Die Minibos-konsert is maar net die afskop van ’n besige feesskedule.
Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio
