image-.jpg
0

Sangeres Juanita du Plessis vier 20 jaar met spesiale album

Die gewilde sangeres, Juanita du Plessis, vier vanjaar haar 20ste jaar in die musiekbedryf, en wat ’n beter manier om hierdie indrukwekkende mylpaal te vier as met ’n spesiale uitreiking van treffers oor die laaste tien jaar.

“My 20 jaar treffers album is klaar en ek kan nie meer wág om alles met julle te deel nie! (Ek wag al 20 jaar hiervoor),” skryf Juanita op haar Facebook-blad.

Die album, wat 20 Jaar Treffers van 2008 – 2018 heet, bevat treffers soos Wit Vlag, Hambamba, Hart vol Drome, Jou Volla, Engel Van My Hart, As Vandag My Laaste Dag Is,
Wees Lig en vele meer.

’n Lekker verrassing op die album is drie splinternuwe liedjies. Vir diegene wat nie solank kan wag vir die album nie, is daar spesiale voorskoue.

Klik op die skakel om na van die ‘snippets’ te luister.

Loer ook hier onder

image-.jpg
0

GOUE STATUS vir Franja du Plessis se album

Sy het reeds haar eie stempel op die Suid-Afrikaanse musieklandskap gemaak, en haar goue status is ’n bewys daarvan.

Franja du Plessis, die dogter van die immergewilde, Juanita du Plessis se debuut-album het vroeër vanjaar die winkelrakke getref. Nooit sou sy kon raai dat dié album so weghol sukses sou wees.

Franja het haar goue toekenning vanoggend op die GROOT Ontbyt op kykNET ontvang. Sy skryf op haar Facebook-blad: “Soooo baie dankie aan almal wat my album al gekoop het! Julle sal nooit weet hoe baie dit vir my beteken nie!”

Ons resensent, Leoné Prinsloo, beskryf Franja se album as volg: “Hierdie album wat deur betekenisvolle lirieke sowel as aansteeklike ritmes gekenmerk word, bied ’n groot verskeidenheid liedjies wat ewe goed op die lang pad en die dansbaan ontvang behoort te word.”

Loer hier onder na een van haar treffer musiekvideo’s:- Franja du Plessis – Stad van verlange

image-.jpg
0

Juanita Du Plessis tree op te Mosselbaai

Juanita Du Plessis sal op 25 Mei eksklusief in die Mosselbaai Stadsaal optree met haar splinternuwe vertoning.

Datum:- 25 Mei 2018

Tyd:- 19:30

Toegang:- VIP toegang: R150.00 sluit sitplekke in die eerste 8 rye, Algemene toegang: R100.00, Kinders onder 2: Gratis


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Mosselbaai?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Mosselbaai Stadsaal, 101 Marsh Street, Mosselbaai

GPS Koordinate:- -34.181981,22.138718

Jy kan jou kaartjies kry by SA Radio

image-.jpg
0

Juanita Du Plessis tree op in East London

Platinum verkoper, Juanita du Plessis, is opgewonde om terug te wees by Hemingways met haar splinternuwe liedjies, goue oldies, evangelie en haar tydlose treffers!

Datum:- 29 Junie 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- Slegs 4 kaartjies toegelaat per kliënt: Goue Beloningsprogram: R135.00;
Platinum Belonings Program: R127.50; Swart Beloningsprogram: R120.00


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly naby Hemingways Casino?? SA Radio

image-.jpg
0

Die sangeres Juanita du Plessis het geen bekendstelling nodig nie, maar hier is ‘n paar goedjies wat jy dalk nie geweet het nie

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.

Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit.

‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!
(Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)

In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe dra

image-.jpg
0

Afrisaam Fees 2018: Groter as groot en meer!

Die jaarlikse Afrisaam Fees is vanjaar nóg groter en beter met kunstenaars soos, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Arno Jordaan, Deon Groot, Riana Nel, Jay, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Juan Boucher.

Die hoofverhoog se program skop dan om 13:30 met Ricky Faber, Arno van der Hoff, Deon Groot, Riana Nel, Juan Boucher, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dirk van der Westhuizen, Snotkop en Steve Hofmeyr af.

Vanjaar kom kuier Sorina, ook as die Flooze bekend, saam en sal saam met Henry Bruinette as aanbieders optree.

Datum:- 8 Junie – 9 Junie

Tyd:- Hekke open om 17:00

Toegang:- Kontak kantoor vir pryse. Kontak nommer kan u onder aan die berig kry.

Daar is hope kindervermaak, ’n kindertuin-area met gekwalifiseerde oppassers, wat flieks, gesigverf, inkleur en meer aanbied, sowel as ’n speelarea met allerhande opblaas glybane, kastele “rockets” en ook die gewilde m