Maggie vrees dat sy dalk weer kan verwag en daar is gerugte van ‘n skoolmeisie wat oor die tou getrap het. Maggie besluit dat dit tyd geword het dat Hendrik die feite van die lewe met Wimpie moet bespreek. Die gevolg, ‘n man-tot-man-gesprek.
Die Van Tonder-huishouding word ontwrig as die meubels teruggeneem word. Hess skaam haar dood, Wimpie en Oupa het deels skuld daaraan. Maggie blameer vir Hendrik en hy moet die gedoente opklaar. Yollie en ouboet vererger dinge nog verder deur oop oë in ‘n swendelaar vas te loop.
Frik se nuwe selfoon lok baie kommentaar uit. Poppie pak haar tasse in afwagting op die baba se geboorte. Boeboe dink sy is verlief op 'n ou met die naam "Pelvic" wat in 'n "band" speel. Tot Worsie se ontsteltenis oorweeg Ella dit om 'n baba aan te neem.
Yolanda kry ‘n vreemde oorbel in ouboet se kar en haar twee-en-twee is ongetwyfeld vyf. ‘n Onverwagte besoek van Rusty krap dinge nog verder om in die Van Tonder-huishouding. Nadat Hendrik ‘n paar misverstande uit die weg ruim, is almal weer gelukkig.
Hess besluit sy wil leer kar bestuur. Sy neem die bakkie sonder toestemming en maak ‘n ongeluk. Hendrik gaan ‘n weddenskap met Oupa aan om sy lisensie te kry. Intussen maak Wimpie, Ouboet en Yollie gereed om na ‘n country fees te gaan
Worsie, wil 'n roomyshoekie in die Vetkoekpaleis vestig maar Frik wil niks daarvan weet nie.
Die storie begin wanneer Frikkadel Delport sy eie take-away-besigheid begin, nadat sy werk personeel moes verminder. Hy huur vir hom assistente, met wisselende gevolge. Frik besef ook dat dit nie altyd so maklik is om jou eie besigheid te hê nie, veral nie as jy boonop ´n vrou het om gelukkig te hou nie!
Hendrik gaan op ‘n veiligheidsverteenwoordigerkursus wat saamval met Maggie se verjaardag. Vroulike suspisie as ‘n vrou in Hendrik se kamer die telefoon antwoord, lei tot die een misverstand op die ander.