Forum Nuus: Streeksberaad
0
02:31

Forum Nuus: Streeksberaad

Meer as 300 mense van sowat 72 AfriForum-takke in die noordelike provinsies het die afgelope naweek een van die organisasie se streekberade in Centurion bygewoon. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het ’n kragtige boodskap vir beraadgangers gehad. “Ons het ’n sterk struktuur van byna 10 000 vrywilligers wat help veg en bou aan ’n beter toekoms. Mense wat roepingsgedrewe is en mense wat ’n verskil wil maak. Julle is AfriForum se hande en voete. Ons krag is in ons lede en strukture. Sonder julle kan ons net soveel planne by hoofkantoor maak soos ons wil sonder om suksesvol te wees.”
Forum Nuus: #StopCenturionGrondeis
0
05:02

Forum Nuus: #StopCenturionGrondeis

Sowat 'n duisend lede van die Centurion-gemeenskap het gisteraand by Leriba Lodge in Pretoria vergader om aan AfriForum ’n formele mandaat te gee om ’n residensiële grondeis, wat ongeveer 4 000 hektaar se onroerende eiendom raak en nagenoeg 2 000 huisgesinne betrek, teen te staan.
Trok vat vlam na ongeluk op N3
0
00:19

Sinkgat vorm ná swaar reën

Twee sinkgate het sedert Donderdagmiddag te midde van swaar reënval in Centurion gevorm; een onder ʼn gebou en een in ʼn pad waarin ʼn voertuig beland het.
AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad
0
01:21

AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien. Dit spruit onder meer uit verskeie ondersoeke wat AfriForum geloods het, asook dokumente wat aan dié organisasie oorhandig is. Die bedrog het glo in 2014/2015 plaasgevind toe dié munisipaliteit onder ANC-administrasie was. Die klag sluit bewyse in dat bedrog van sowat R750 000 moontlik plaasgevind het, asook bewyse van die uitbetaling van onreëlmatige fakture.