AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien.

Dit spruit onder meer uit verskeie ondersoeke wat AfriForum geloods het, asook dokumente wat aan dié organisasie oorhandig is. Die bedrog het glo in 2014/2015 plaasgevind toe dié munisipaliteit onder ANC-administrasie was.

Die klag sluit bewyse in dat bedrog van sowat R750 000 moontlik plaasgevind het, asook bewyse van die uitbetaling van onreëlmatige fakture.

(Visited 8 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.