Bestel blomme aanlynOrder flowers online
image-.jpg
0

Janita Claassen:- haar stem mag dalk stil wees, maar sy sal nooit vergeet word nie

Op 24 Oktober 2005 het Suid-Afrika een van die gewildste Afrikaanse kunstenaars verloor toe Janita Claassen aan kanker oorlede is.

Janita is op 30 April 1947 op die Noord-Kaapse dorp Warrenton gebore. Sy het matriek behaal aan die Hoërskool Vereeniging en daarna BA (HOD) aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gestudeer.

Sy het byna nege jaar lank skoolgehou. In 1976 het sy ’n oudisie geslaag om in ’n koffiehuiskonsert op televisie op te tree, maar dit was eers toe die Musiek-en-Liriekbeweging in 1979 ontstaan het dat sy in die musiekbedryf beland het.

In daardie jare het die bekende sanger Jannie du Toit musiekaande by sy huis naby die dieretuin in Pretoria gehou, en Janita was deel van die groep. Een van Janita se gereelde liriekskrywers, Babs Pretorius, het die woorde van een van die snitte op Jannie se debuutalbum, Liedjie vir jou, naamlik “Magnoliadal”, geskryf. Jannie is goed bevriend met Babs

image-.jpg
0

Andre Schwartz tree op te Drostdy Theatre

Die man se stem is iets besonders en hy verstaan van konsert hou – sy verhoogspersoonlikheid is magneties – hy dra immers die Andrew Lloyd Webber stempel van goedkeuring.

Datum:- 28 Julie 2018

Tyd:- 20:15

Toegang:- R120


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Stellenbosch?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Sy vertoning is n belewenis van nostalgie, treffers, styl, hu

image-.jpg
0

‘N kort Bio oor Mimi Coertse:- die dame met die gou Operastem

Maria Sophia Coertse is op 12 Junie 1932 in Durban, Natal gebore. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar in Johannesburg. In 1949 begin sy haar stemopleiding in Suid-Afrika. In Julie 1953 trou sy met die uitsaaier en komponis, Dawid Engela.

Sy verruil Suid-Afrika in September 1953 vir Londen, reis later na Den Haag en uiteindelik na Wene. Sy begin haar opleiding met Maria Hittorff en Josef Witt in Januarie 1954.

Coertse maak haar debuut in Januarie 1955 as die Eerste Blommemeisie in Richard Wagner se Parsifal by die Teatro San Carlo-teater in Napoli, Karl Böhm het begelei. Sy sing ook in Basle by die Teatro San Carlo. Op 17 Maart 1956 maak sy haar debuut by die Weense Staatsopera as die Koningin van die Nag in Die Towerfluit deur Mozart en bly aan by die Weense Staatsopera tot 1978. Haar Covent Garden-debuut was in 1956, in dieselfde rol. Sy het dié rol uiteindelik meer as 500 keer in vier tale (Duits, Engels, Frans en Italiaans) uitgev

image-.jpg
0

‘N brokkie inligting oor Chris Coetzer een van die Drie Tenore

Chris Coetzer is sinoniem met Suid-Afrika se Drie Tenore. Coetzer sing reeds van kindsbeen af as solis.

Hy is bekend vir sy geestelike sang sowel as “Golden Oldies” wat mense se hartsnare roer. Hy het ook al op televisieprogramme soos Noot vir Noot, Pasella en Binnelanders verskyn.

Coetzer het reeds vele albums die lig laat sien. In Junie is sy CD, Tydloos 2, in die Staatsteater in Pretoria bekend gestel en met ope arms ontvang.

Coetzer se Kerssang-DVD-en-CD-kombinasie beeld ons Verlosser Jesus Christus se geboorte as ’n waardering van die Skepping uit, en van liefde en lewe wat gratis aan ons gegee is.

Sy klassieke aanslag bied gehore die geleentheid om die siel te voed met musiek en lirieke wat weer sin

image-.jpg
0

Die manne van EON het ‘spunk’

In 2017 het Altus Theart, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg die Afrikaanse alternatiewe popgroep EON gestig, en bereik reeds groot sukses met hulle eerste treffer Bittersoet, wat tans op verskeie radiostasies en hoog op die rotasielyste is.

Die musiekvideo daarvan is ook nou op YouTube bereik verrassende kykersgetalle. Verskeie Afrikaanse TV-kanale beelsend ook gereeld die musiekvideo.

Pieter Marcato is ’n liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiekbehoeftes hanteer.

Jerry Spangenberg is gebore in Bloemfontein, maar dis op hul plaas in Kuruman waar hy sy liefde vir musiek ontwikkel het. Eers het hy konsertina gespeel, toe klavier in sy tiener jare. Die gogga vir dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is

image-.jpg
0

Iets vir die kinders:- In die Land van Kammalielie – Pretoria

`n Reuse storm het die land van Kammalielie getref. Was dit dalk Bambino, die reus van Bitterbos, se allemintige nies wat als begin het? Feetjies en kabouters is wild en wakker weggewaai; een van hulle tot binne-in menseland!

Sal Klara die feetjie, weer haar pad terug Kammalielieland toe vind? Sal iemand in menseland haar kan help om by haar heel beste maatjie, Kieliekabouter, uit te kom?

Datum:- 30 Juie 2018

Tyd:- 11:00

Toegang:- R80


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood

GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538

Kontak:- 012 942 5951

Kaartjie is beskikbaar by

image-.jpg
0

Gehoor van Henri Alant, lees meer hier onder oor die sanger

Henri Alant is ‘n 26 jarige Afrikaanse kunstenaar vanuit Pretoria en dié nuwe sangsensasie beskik oor alles wat nodig is om hom stewig in die Afrikaanse musiekmark te vestig! Sy album “Bly by my” gaan sy aanhang, in Suid-Afrika aansienlik vergroot.

Henri is nou gekontrakteer deur Fantasia musiek / en word versprei deur Coleske Artists van Suid-Afrika alhoewel dit nie sy eerste kennismaking met die opname-ateljee is nie; hy het in 2008 sy eerste demo CD gemaak en 2 liedjies op die CD was nommer 1 op van S.A. se plaaslike radiostasies. Sowel het hy ‘n nominasie lasjaar los geslaan waarvan hy 2de gekom het onder van S.A. se TOP kunstenaarslys.

“Ek het November 2009 my platekontrak los geslaan”, vertel hy. “My platebase het my volle spasie gegee om liedjies te skryf en te kon kies en wat ‘n voorreg is dit nie vir enige nuwe kunstenaar wat onder so groot platemaatskappy val om spasie te kan hê nie.” Ek is baie

image-.jpg
0

Vredenburg: WESKUS KUIERFEES

Weskus Kuierfees op die Weskus Sportsgronde is ‘n MOET die jaar! Heeldag vermaak vir die hele gesin. Kom KUIER saam!!!

Datum:- 7 April 2018

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- Gratis


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Vredenburg ?? SA Radio
image-.jpg
0

Sangeres Juanita du Plessis vier 20 jaar met spesiale album

Die gewilde sangeres, Juanita du Plessis, vier vanjaar haar 20ste jaar in die musiekbedryf, en wat ’n beter manier om hierdie indrukwekkende mylpaal te vier as met ’n spesiale uitreiking van treffers oor die laaste tien jaar.

“My 20 jaar treffers album is klaar en ek kan nie meer wág om alles met julle te deel nie! (Ek wag al 20 jaar hiervoor),” skryf Juanita op haar Facebook-blad.

Die album, wat 20 Jaar Treffers van 2008 – 2018 heet, bevat treffers soos Wit Vlag, Hambamba, Hart vol Drome, Jou Volla, Engel Van My Hart, As Vandag My Laaste Dag Is,
Wees Lig en vele meer.

’n Lekker verrassing op die album is drie splinternuwe liedjies. Vir diegene wat nie solank kan wag vir die album nie, is daar spesiale voorskoue.

Klik op die skakel om na van die ‘snippets’ te luister.

Loer ook hier onder

image-.jpg
0

Rinel Day het ‘n wonderlike stem, en sy nou in ‘n groep – JaneDuke

Rinel Day kom 16de in die Wereld met die World Peace Song Contest, met haar Liedjie Vuur met Vuur Veg ,waarin Celine Dion 2de geeindig het.

Rinel Day het reeds 22 nommer 1’s op Radio met haar debuut album “Rinel Day”

Rinel Day is genomineer vir n Ghoema 2013 Toekenning in die kategorie – Beste Pop Album deur n Vroulike Kunstenaar met haar debuut album getiteld “Rinel Day”

Rinel Day is in 2014 aangestel as die Beskermvrou vir Jakaranda Kinderhuis

Rinel Day is genomineer vir n Ghoema 2015 Toekenning in die kategorie – Beste Kontemporere Album deur n Vroulike Kunstenaar met haar album “Dit Staan in die Sterre”

Rinel Day is te sien in Leon Schuster se nuwe fliek SCHUKS…. PAY BACK THE MONEY (In teaters 28 Augustus 2015)

Rinel Day is tans gekies deur Carpe Diem uitgewers om deel te vorm van die nuwe VROUE WAT GLO 2016 dagboek

Rinel Day vorm ook deel van die nuut be

image-.jpg
0

Rocco De Villiers, Liewe Hemel Liewe Aarde – Pretoria

Gewilde pianis Rocco de Villiers bring nie net n versameling van die mooiste musiek ter wereld nie, maar ook n nuwe `best of` vrystelling van die mees gewilde, gesluisterde snitte van sy vorige 6 albums BEAUTIFUL BEAUTIFUL PIANO, MORE BEAUTIFUL PIANO, STUNNING, COUNTRYKEYS en BEAUTIFUL BEAUTIFUL HYMNS 1 & 2. Elke snit deur die gehoor gekies.

Datum:- 4 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Prys:- R200 – R220


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? SA Radio
image-.jpg
0

Ken jy en onthou jy vir Helenè Bester?

Helenè het in Springs groot geword en aan die Hoer Meisieskool Hugenote matrikuleer. Daarna het sy Bedryfskommunikasie gaan studeer aan die N.W.U. 1995-1998. Nog ‘n interessante feit is dat sy deel was van die Alabama Studentegeselskap (’96 en ’98). In 1997 was sy lid van die N.W.U.-koor o.l.v. Awie Van Wyk.

In 1999 het Helenè haar eerste professionele optrede gehad saam met Mathys Roets, tydens Aardklop. In 2002 is haar eerste platekontrak vir haar aangebied deur Select Musiek. Die gewilde album was getiteld WENS. In 2004 het sy haar volgende album vrygestel, HOU VAN JOU. In hierdie jaar is Helenè ook benoem vir ‘n Geraas toekenning, in die kategorie – gunsteling vroulike kunstenaar (kontemporer).

In 2005, 2006 en 2007 het sy die voorreg gehad om op te tree tydens HUISGENOOT SKOUSPEL. ‘n Groot hoogtepunt in haar loopbaan. In 2007 stel sy haar derde album vry, naamlik OORGEE. In 2009 sien GROOTSTE TREFFERS VAN HELENÈ BESTER d

image-.jpg
0

Triomf `n Rede om te Sing! Kom ondersteun die goeie doel!

Daar`s `n rede om te sing! Triomfkliniekkonsert beloof `n aand van hartsmusiek
Triomfkliniek is `n afdeling van Atterbury Trust wat sorg met waardigheid aan die gemeenskap van Pretoria-Wes aanbied.

Datum:- 12 September 2018

Tyd:- 18:15

Toegang:- R160 – R200


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Gratis sorg word aan behoeftige mense verskaf. Om die kliniek se fondse aan te vul sodat nog meer mense gehelp kan word, bied die kliniek jaarliks `n musiekkonsert in Atterbury Teater aan. In 2018 neem van ons land se top ku

image-.jpg
0

Joshua na die Reën stel nuwe liedjie bekend:- ‘Stof en Sterre’

Joshua na die Reën se album, Die Wêreld Binne My, se liedjies is persoonlik en handel oor die wêreld binne elkeen wat daarna luister. Die genre is stadium rock en die album bestaan uit sestien oorspronklike introspektiewe snitte.

Een van hierdie snitte is Stof & Sterre en dit word nou, gedurende die week van 18 Junie 2018, aan radiostasies landswyd uitgereik.

“Nadat ek lank oorweeg het wat Nandi van Deventer se verjaarsdagboodskap aan my, op 11 September 2016, kon beteken, het ek tot die oortuiging gekom dat die stof waaruit die mens gemaak is, iewers ’n gedaanteverwisselling moet ondergaan, en dan soos sterre in die nagruim voortbestaan.

Ek wil ’n vergelyking skep tussen die mens as stof, en die mens as ster. Die proses van stof na sterre verg ’n veranderde uitkyk na die daaglikse omgang met alles om jou, asof alles saamwerk om die stof (die onafgeronde in ons) na sterre (iets wat deur ewigheid afronding kon deurstaan en nou lig

image-.jpg
0

Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2018

Die KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) het al amper 20 jaar die land aan die brand. Dit is daartoe verbind om die kunste, kultuur en erfenis van Suid-Afrika deur die Afrikaanse taal aan te bied; wat mense van regoor die land en die wêreld bymekaar bring in een, een-stop-pret-atmosfeer.

Benewens die baie stalletjies wat vol kos, kurios, klere en juweliersware is, sal daar ook ‘n wêreld van ander aantreklikhede wees. Kunsgalerye sal die werk van talle plaaslike kunstenaars oopmaak en vertoon; wat wissel van beelde tot skilderye en tekeninge. Plekke rondom die dorp sal hul deure oopmaak vir die publiek; aanbieding van dansoptredes, dramatiese interpretasies, komiese stukke en meer.

Die Afrikaanse kultuur is bekend vir sy uitstekende kos, en die Klein Karoo is ‘n gewilde wynmakery. Dit maak die KKNK die ideale platform om van die lekkerste geure wat in Suid-Afrika geskep word, te geniet.

Datum:- 29 MAART – 4 AP

image-.jpg
0

Kom geniet die Swartlandskou Maskerbal – Moorreesburg

Kom geniet Swartlandskou se eerste MASKERBAL, `n heerlike plattelandse atmosfeer met die verruklikste musiek en die lekkerste kos Vrydagaand.

Datum:- 31 Augustus 2018

Tyd:- 18:00 – 23:00

Toegang:- Enkel kaartjies kan nie vir hierdie geleentheid bespreek word nie. Kliënte moet ‘n volledige tafel van 10 beskikbare sitplekke in totaal ter waarde van R2250.00 per tafel bespreek. PRYS DEK ‘N 3 KURSUS AANDETE IN PER PERSOON.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Moorreesburg, Wes Kaap?? SA Radio

image-.jpg
0

Jy ken die sanger Anna Davel, kom ons loer ‘n bietjie na haar kort Bio

Met ‘n kombinasie van ‘n sultry stem, sielvolle lewendige optredes en pragtige liedjieskryf, het Anna Davel al twee dekades gehore betower. Sy het 9 bekende albums, 1 DVD vrygestel en het talle musiekproduksies vir teater en feeste gelewer.

Dit het in 1997 begin toe sy die algehele wenner van die jaarlikse ATKV Crescendo-kompetisie geword het. Haar selfpennedatum Viooltjies het haar as sanger, liedjieskrywer en optreeder op die kaart gedruk. Die liedjie het ‘n merkwaardige indruk gemaak met sy tema van huishoudelike mishandeling. Anna het haar Diploma in Ligte Musiek / Jazz by die Tshwane Universiteit van Tegnologie in 1998 verwerf.

Later die jaar het sy by die gewilde vrou Capella-groep Cutt Glas aangesluit. Sy het

image-.jpg
0

Laurika Rauch met Loki Rothman tree op in Nelspruit (Deel van Innibos Fees)

Laurika en Loki se samewerking het met die herskepping van Laurika se ikoniese treffer Blou, as duet vir haar nuutste album, Die reis, begin. Loki het die nuwe verwerking gedoen en natuurlik ook saamgesing. Die nuwe weergawe van Blou het reeds opslae gemaak (hulle het onder meer die Ghoema-toekenning gekry vir die luitoon van die jaar).

Datum:- 27 & 29 Junie 2018

Tyd:- 27ste om 19:00. 29ste om 13:30

Toegang:- R142


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Nelspruit?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u gr

image-.jpg
0

Snotkop het ‘n nuwe album uit en dit is ‘onverantwoordelik lekker’

Snotkop het ’n soliede reputasie van albums wat so oorloop van lekkerkry dat dit voel of dit onwettig behoort te wees. Sy kraakvars nuwe vrystelling, SOUS is geen uitsondering nie.

Van die eerste pols tot die laaste eggo in die dertien snitte wat die album beslaan is dit duidelik dat hierdie ’n gekonsentreerde sous, propvol Snotkop-oemf is: ritmies, selfversekerd, tong in die kies, meer as net ’n bietjie stout, bekkig en braaf!

Daar’s dik baslyne wat enige iets binne dieselfde skakelkode as jou kuier sal skud, met ’n gesonde dosis techno, afgewissel met meer akoestiese oomblikke, en selfs ’n brokkie reggae en ’n tikkie sakkie-sakkie hier en daar – iets wat ewe tuis sal wees by ’n sokkie dansvloer, klub of ’n strandpartytjie vir die boeke.

M

image-.jpg
0

Jy ken natuurlik vir Arno Carstens, hier is ‘n kort Bio oor hom

Arno Carstens (gebore 12 Maart 1972) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is ook die hoofsanger van die Springbok Nude Girls- en New Porn-musiekgroepe. Sy eerste Afrikaanse album, Die Aandblom 13, is in 2016 vrygestel.

Arno Carstens is ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler wat tans in Kaapstad en Londen gebaseer is. Gedurende sy loopbaan as die hoofsanger van The Springbok Nude Girls, en daarna as ‘n solo-kunstenaar, het Carstens 7 studio-albums vrygestel en 18 toptien-treffers gehad. Hy het 5 SAMA-pryse ontvang en deel gereeld die verhoog met die legendes van die musiekwêreld.

Carstens het op die hoofverhoog by die Isle of Wight-Fees opgetree, verskyn by die Glastonbury-fees, V Festival, T in die Park en Hard Rock Oproep en opgetree as steunkunstenaar vir groepe soos The Rolling Stones, Paul Weller, The Police, Simple Minds, Ultravox en Meat Loaf op Europese toere.

SA Radio

image-.jpg
0

Nico Carstens is dalk nie meer met ons nie, maar sy musiek sal veraltyd onthou word

Nicolaas Cornelius Carstens (1926–2016) was ‘n Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier. Carstens het letterlik honderde komposisies die lig laat sien en is veral bekend vir sy instrumentale treffer, Zambezi.

Carstens is op 10 Februarie 1926 in Kaapstad van Nederlandse ouers gebore. Hy kry sy eerste trekklavier op die ouderdom van 13 en wen sy eerste musiekkompetisie ses maande later. Hy komponeer sy eerste musiekstuk op die ouderdom van 17 en het daarna ongeveer ‘n verdere 1200 komposisies geskryf.

Hy het as 19-jarige in die orkes van Hendrik Susan begin speel en in 1950 sy eie orkes gestig. In 1959 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ’n toekenning ontvang het vir die verkoop van meer as in miljoen musiekopnames.[2]

SA Radio

image-.jpg
0

Kom kuier in Bloemfontein vir die Wolhaarstories sessie

Lam op die spit 3-gang buffet – eet soveel as wat jy wil – met lewendige vermaak, bon vuur en kontant kroeg.

Datum:- 11 – 14 Julie 2018

Tyd:- 18:30 tot laat

Toegang:- R350 p/p/p/d


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Pap met vark kaaings en uie en tamatie smoor
Boerbrood, met botter en tuisgemaakte tam

image-.jpg
0

Stellenbosch Universiteitskoor @ Hermanus

Die Stellenbosch Universiteitskoor is een van Suid-Afrika se mees gerekende Jeugontwikkelingsprogramme en koorgeselskappe. Hulle het die laaste 82 jaar hulle merk gemaak en het oor die wereld die laaste paar jaar as Wenners by internasionale koorkompetisies uitgetree.

Datum:- 12 Augustus 2018

Tyd:- 14:30

Prys:- R130.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R123.50


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Hermanus ?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio

image-.jpg
0

Gehoor van Dawie Couzyn, wel hy was ‘n bekende sanger en ‘n liedjieskrywer

Mauritz David Wilhelmus (Dawie) Couzyn is op 27 Junie 1925 in Pretoria gebore en matrikuleer op Pietersburg.

Dawie Couzyn (1925–2010) was ‘n Suid-Afrikaanse sanger en skrywer. Hy verwerf bekendheid as internasionale operasanger (bariton), maar keer in die 1970’s op ‘n permanente basis na Suid-Afrika terug. Hy was ’n solis van die Weense Kämmeroper en het gereeld aan programme van die BBC in Londen en Radio Wien deelgeneem. As skrywer is hy bekend vir sy digkuns. Hy het ook talle gewilde liedjies vir Afrikaanse kinders saam met die sopraan Doris Brasch opgeneem.

Vir twaalf jaar lank is hy joernalis en hy stig selfs en is redakteur van die sosialistiese Afrikaanse tydskrif Die nuwe stem in Johannesburg, wat tot niet gaan net voor die 1948 verkiesings. Gedurende hierdie tyd neem hy as bariton sangles in Pretoria by die bekende skrywer Stella Blakemore en later in Johannesburg onder Margaret Roux, Bruce Anderson en veral Olga Ryss.