Jak de Priester het n nuwe liefde, die Drakensberge
Jak de Priester, laai gereeld sy gesin in die motor en vat die pad Drakensberge toe.
Sy derde enkelsnit, Drakensberge Liefde, vanaf sy album 15 Jaar, word nou uitgereik en Jak vertel ’n heerlike storie rondom die skryf van hierdie liedjie:
“Ek en my vrou Michelle en ons twee kinders, Jamie en Mija was een naweek in die Drakensberge. Ek dink die oomblik was bietjie te groot en kort daarna het ons ’n laatlammetjie ryker geword! Sy naam is Mika, maar ons noem hom Drakensberge. Maar om terug te dink aan daardie wonderlike road trip is vir my besonders lekker. Ons was moeg vir die stad en wou wegbreek en net die pad vat… deur Johannesburg en onder deur die tolhekke en verby Sasolburg in die Vrystaat. Dit is waaroor die liedjie gaan en dit verduidelik die avontuur waarop ons was en die gevoel dat ons êrens tussen die berg wil wees, weg van alles af”
15 Jaar is vroeg in 2018 ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan uitgereik en bestaa