Lirieke sonder Brieke 7 September 2016
Lirieke sonder Brieke 7 September 2016 – aangebied deur Jaco Viljoen en Corrie Slabbert onderhoud met digter Koba Louw
Skep ‘n towerwêreld in Afrikaans – kom ons neem ons erfenis terug!!
Kuier saam ons Woensdagaande om 8 met Lirieke sonder Brieke waar ons gesels met Digters en skrywers en uitgewers waar ons Afrikaans bevorder en ook aspirant skrywers en digters die geleentheid wil gee om hulle woordkuns die lig te laat sien
Hierdie week het ons die begaafde digter Koba Louw in die ateljee gehad .
Mariette Van Dyk van Mar-Leo publiseerders en Johannes van Dyk van Jotha Drukkers het ook haar boek met spesiale sorg verwerk en gedruk hulle bemark en versprei dit ook.
Koba se digbundel
Koba deel die skerwes van haar hart
Inferno
Passie,
jy wat eens so warm in my wou brand
is jy, deur jare se soek na hitte
nou gereduseer tot korreltjies sand?
hoe wens ek dat jy,
vir een maal weer
soos ‘n onbeheersde veldbrand sal brand
vat dan maar my korreltjies sand
laat dit in die hitte van jou passie brand
tot ek smelt tot ‘n kwesbare stukkie glas
onder die koestering van jou hand
Kopiereg © Koba Louw
MAAK KENNIS MET KOBA…
Ek was in Pietermaritzburg, Kwazulu-Natal gebore; waar ek die grootste deel van my lewe gewoon het. Ek is die derde van vier susters (my pa kon nie sweis nie) en die oudste van ‘n tweeling. My ooms, tannies en niggies was mense wat nog altyd hul kreatiwiteit van hekel, brei, naaldwerk, borduurwerk, kook, bak, konfyte maak en sing uitgeleef het. Ek dink dit is maar net natuurlik dat ek ook ‘n voorliefde vir iets kreatief moes ontwikkel.
Ek was nog altyd lief vir stories luister en musiek, maar meer die lirieke agter die liedjies. Ek het op hoërskool, as gevolg van ‘n gebroke hart, begin skryf en later die terapeutiese waarde van skryf besef. Van daar af was daar geen keer.
Daar is nog baie ander kreatiewe dinge wat ek graag wil probeer, maar is trots om uiteindelik te kan sê dat ek iets uiteindelik – van begin tot einde – kon deursien sonder dat ek met lastige aanwysings moes baklei.
SPLINTER SKERWE VAN MY HART…
Splinter Skerwe van my Hart is my debuut bundel. Hierin maak ek myself oop vir die wêreld om te sien wie ek is en wat my hart laat klop. Dis ‘n groeiproses van stukkend na heel waarin die verskeie gebeure of aspekte van die lewe daar buite ondersoek word om sodoende ‘n pleister daarop te kan plak en aan te beweeg.
Nou beskikbaar teen R180!
Bestel by [email protected] en sluit aan op Koba se Facebook blad!
Natuurlik is die uitgewer van Koba Louw ook Mariette Van Dyk van Marileo publiseerders en Johannes van Dyk van Jutha drukkers het die boek gedruk met hulle spesiale persoonlike diens wat hulle aan ons skrywers en digters bied wat nie vergelyk kan word nie. Indien jy nie weet wat om met jou skryfwerk te doen nie kontak hulle, hulle help jou met die grootste liefde
MAR-LEO PUBLISEERDERS
Mariette van Dyk: 0620320292
Jotha Drukkers
Johannes van Dyk: 0834530969
Baie dankie aan Koba Louw wat deelgeneem het en jy gaan nog baie hoor in die toekoms van haar, ons digters, skrywers en ons wonderskone taal. Ons poog om ‘n lang pad te stap om geleenthede vir ons mense en jeug te skep.
Hou ons Facebook blad dop vir ons program aankondigings en nooi sommer al jou familie en vriende om ons blad te like en saam ons te kuier by SAUK Radio
Dit is nou sommer maklik om ook na SAUK radio te luister direk vanaf ons Faceboek blad of met Tunein – Tunein werk openige selfoon, tablet, android, rekenaar, skootrekenaar mits jy internet opvangs het enige plek enige tyd wêreldwyd laai die tunein applikasie af op jou selfoon en soek vir SAUK Radio volg ons ook sommer op tunein
Maak ook gerus gebruik van ons webwerf www.V.co.za plaas jou advertensie gratis daar indien jy ‘n Volkseie besigheid het
Ons het Borge nodig vir ons programme
Die radio is daar vir ons mense om as platvorm te gebruik met geen winsbejag of roem vir die omroepers nie maar ons het fondse nodig om die stasie te bedryf. Indien jy ‘n program wil borg of wil adverteer kontak ons asb by [email protected]
Help ons om ons erfenis terug te neem!!!



