Die son sak op die weste: In sy aanbieding van ‘n Mond Vol Stories laas jaar, waar Robbie Wessels heelwat twak praat, misbruik hy die Piet Retief en Dingaan storie om mense te verlei en aan te hits om hul voorouers, en erfenis op te gee om “saam met Dingaan en sy vriende in die stad op Sondae sokker te gaan speel“.
Hy “wil hoor waarvan die Zoeloes hou” en wil “vir sy vrou en kinders die wêreld wys” terwyl hy nie werk of boer nie… hy wil glo “lewe en vry wees“… volgende sal hy seker als gratis wil hê!
Hy skep Piet Retief as iemand wat sy erfplaas braak en ongeploeg laat lé en wat te lui is om te boer of vir sy volk te veg…
Dalk ‘n “Freudian slip” Robbie?
Of Robbie nou dink hy skep die afrikaanse weergawe van Lion King, waar alle diere kamma saam mekaar in onrealistiese vrede woon, weet ons nie, maar enige volksbewuste Afrikaner of Boer sal kan sien dat of Robbie of sy eienaars, Universal musiek, besig is met breinspoeling hier… dit is ook natuurlik aan die jonger geslag geteiken, asof hulle nie alreeds genoeg gebreinspoel is in die staatskole nie. Wonder of die ANC Robbie gaan aanstel?
Dit is seker waarom die kaf stories so min aantrek geniet het…
Luister na die twak wat hy kwyt raak hierbo.
Released on: 2018-12-07
Associated Performer, Spoken Word, Producer: Robbie Wessels
Studio Personnel, Mixer: Francois Lessing
Composer Lyricist: Robbie Wessels
