SAUK TV: Vetkoek Paleis, Seisoen 2, Episode 4 – Ella se Tog en Boeboe se moeilikheid>br> Ella se Tog: Ella en Apie kry huweliksprobleme en sy trek by Frikkadel en Poppie in. Boeboe kry ook moeilikheid wanneer Spiros se dogter uitvind van haar verloofde se manewales met Boeboe.
Besigheid is traag en Frikkadel en sy mense vind uit dat Spiros 'n belly-dancer gehuur het om besigheid te bevorder. Frikkadel besluit om ook 'n vertoning te reel. Groot is sy verbasing as die Lolita Queen, Queen of Love, 'n ou meisie van hom is. Veral as Poppie uitvind begin die "poppe dans"
Daar is groot pandemonium op Nigel wanneer Tiger nie die rugbykaartjies vir die Springbokke teen die All Black se toets gekry het nie. Daar is net een kaartjie beskikbaar en almal wil hom hê. Frik, Tiger en 'n hele klomp ander word gearresteer.