SA-nuus335 Videos

Op soek na SA se gesondheidsamaritane
0
01:42

Op soek na SA se gesondheidsamaritane

Lede van die algemene publiek word uitgenooi om gesondheidspraktisyns te nomineer wat in hul opinie bo en behalwe dit wat in hul beroep verwag word opgetree het en dus verdien om as ʼn gesondheidsamaritaan vereer te word. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/nomineer-en-wen-op-soek-na-sa-se-gesondheidsamaritane/
Onderwysorganisasie bied robotika-seminaar aan
0
03:20

Onderwysorganisasie bied robotika-seminaar aan

Angela Harris, ʼn onderwyser van die VSA wat spesialiseer in robotika, het hierdie week in Suid-Afrika twee seminare saam met die Skoleondersteuningsentrum (SOS) aangebied waar sy onderwysers oor die vak toegespreek het. Lees die storie op Maroela Media: https://spens.co.za/nu2
Forum Nuus: AnkerdorpPadskou – Tzaneen
0
02:26

Forum Nuus: AnkerdorpPadskou – Tzaneen

Plaaslike besighede, skole én vrywilligers het vandeesmaand moue opgerol en tydens AfriForum se Ankerdorppadskou in Tzaneen verskeie projekte aangepak om die dorp te verbeter én in die proses hoop te skep. In dié video gesels Magnus Steyn, hoof van Hoërskool Merensky, oor die opknappingswerk wat die organisasie by die skool verrig het, asook die sukses van die eerste Dink of Sink- uitdunrondte in die Verre-Noorde, wat by dié spogskool aangebied is.
Polisievrou boer glo op foon terwyl mense wag
0
01:28

Polisievrou boer glo op foon terwyl mense wag

Die Gautengse polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video aan die lig gekom het waar ʼn polisiekonstabel glo persoonlike sake doen terwyl inwoners staan en wag om gehelp te word. Lees meer: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/video-polisievrou-boer-glo-op-foon-terwyl-mense-wag/
Passasiers spring uit brandende bus
0
00:12

Passasiers spring uit brandende bus

Buspassasiers moes Maandagaand, 28 Januarie 2019 inderhaas by die ruite van die voertuig uitspring nadat die bus op die M1 by Savannah Park in Durban aan die brand geslaan het. (Video: Verskaf)
Pta-seun se kitaartruuks ʼn internetsensasie
0
01:32

Pta-seun se kitaartruuks ʼn internetsensasie

ʼn Video van die 20-jarige Afrikaanse musikant Christiaan Jacobsz van Pretoria, waarin hy ʼn kitaar vuurwarm speel, doen vandeesweek weer die ronde op sosiale media.
Chris Chameleon 2009 Theater Tour: Day Seventeen
0
03:03

AfriForum loods veldtog teen afknouery in skole

Die burgerregte-organisasie AfriForum se veldtog teen boelies het vandeesweek afgeskop by Laerskool Roodekrans in Roodepoort, Gauteng. Dié projek dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met kinders, onderwysers sowel as ouers in. Dit is belangrik vir AfriForum, die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) en AfriForum Trauma om saam met kinders en ouers te werk om ʼn verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan.
AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:15

R100 000 se slaggate by HS Waterkloof herstel – Forum Nuus

AfriForum se plaaslike tak in Pretoria-Oos het vandag ’n selfdoenaksie van stapel gestuur waartydens slaggate in en om Hoërskool Waterkloof herstel is. Dié projek beloop sowat R100 000. Die gemeenskap het die burgerregte-organisasie genader om dié munisipale diensleweringskwessie aan te pak. Marcus Pawson, hoof van plaaslike regering by AfriForum, het gesê die Tshwane Metroraad sal ook genader word om probleme rondom dienslewering te bespreek. “Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en daarom wil ons ander gemeenskappe of skole wat soortgelyke probleme ervaar, aanmoedig om hul plaaslike AfriForum-tak te kontak.” Die skool het ook by monde van Daan Potgieter, skoolhoof, hul dank uitgespreek vir AfriForum se ingryping.
Driehoek-hoof praat oor seer en hoop
0
03:52

Driehoek-hoof praat oor seer en hoop

ʼn Maand ná die ineenstorting van Hoërskool Driehoek se loopbrug het Maroela Media met die skoolhoof Hein Knoetze gesels. Hy deel sy getuienis oor die ongeluk wat die gemeenskap en die land aan die hart geruk het. * Hierdie verslag is saamgestel deur Esté Meyer Jansen. * Videoredigeering deur Marius Vermaak. * Besoek Maroela Media vir meer oor hierdie storie: https://spens.co.za/m0j
Onnies geskors ná bakleiery by KZN-skool
0
00:31

Onnies geskors ná bakleiery by KZN-skool

ʼn Video doen tans die ronde op sosiale media waarin daar gesien kan word hoe skoolseuns twee volwassenes, wie glo onderwysers is, oënskynlik in en voor ʼn klaskamer rondstamp.
Forum Nuus: AfriForum se George-tak #VegEnBou vir sy gemeenskap
0
04:39

Forum Nuus: AfriForum se George-tak #VegEnBou vir sy gemeenskap

Hoewel AfriForum se takke in die Wes-Kaap nie dieselfde diensleweringsprobleme as die res van die land het nie, is dit vir die burgerregte-organisasie steeds belangrik om die gemeenskap op ander maniere te dien en ook seker te maak dat dié provinsie se owerhede aanhou om sy pligte na te kom. Die tak in George het […]
Bewyse ontvang dat ontvoerde SA joernalis nog lewe
0
00:38

Bewyse ontvang dat ontvoerde SA joernalis nog lewe

Die rampverligtingsorganisasie Gift of the Givers het dié video as bewys ontvang dat Shiraaz Mahomed, die Suid-Afrikaanse joernalis wat in Januarie 2017 in Sirië ontvoer is, wel nog lewe. (Video verskaf via ANA)
Real reason for Ochoa’s execution
0
00:21

Skoolseun rand meisie aan

Die departement van basiese onderwys het gesê hy het met “afgryse en skok” bewus geword van ʼn gewelddadige video wat op sosiale media versprei word.
Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford
0
01:51

Forum Nuus: Gerrie Nel in hof teen Ford

Andrew Leask, ondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verduidelik kortliks hoe dag een van die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy in die Wes-Kaapse hoë hof verloop het. Jimmy het in Desember 2015 doodgebrand toe die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het.
Verashni Pillay-appèlverhoor: Uitspraak voorbehou
0
02:39

Verashni Pillay-appèlverhoor: Uitspraak voorbehou

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek sy argumente as ’n respondent aangevoer tydens die persombudsman se appèlverhoor in die saak teen Verashni Pillay, voormalige hoofredakteur van HuffPost South Africa. Dít volg na AfriForum HuffPost SA en Pillay aangekla het vir die publikasie en verdediging van dié artikel, getiteld “Could it be time to deny white men the franchise?”, waarin onder meer aangevoer word dat wit mans van hul stemreg vir 20 tot 30 jaar ontneem moet word om ten einde “wanbalanse” reg te stel.