Miljoene rand se skade is aangerig toe talle treinwaens Saterdagmiddag (21 Julie 2018) by die treinstasie in die Kaapstadse sakesentrum in ʼn brand verwoes is. (Video verskaf deur UNTU.)
Die openbare verhore oor of artikel 25 van die Grondwet gewysig moet word, gee landsburgers die geleentheid om aan die grondwetlike proses deel te neem. Die vraag is egter of al die insette en voorstelle werklik deur die ANC-regering in ag geneem gaan word en of hierdie nie maar ’n oënskynlike konsultasieproses is om almal te sus nie. Forum Nuus het van die vergaderings bygewoon. Kyk die video hier.
Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, het Donderdag (12 Julie 2018) vlugtig in die Randburg-landdroshof verskyn voordat die saak teen hom tot Augustus uitgestel is. Video: ANA
Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, se boek Kill the Boer wat handel oor die wreedaardige werklikheid van plaasaanvalle in Suid-Afrika en hoe die Suid-Afrikaanse regering tot die krisis aandadig is, is Saterdag 30 Junie amptelik bekendgestel.
Mense vra dikwels hoe maklik of moeilik is dit om te emigreer? En hoe maklik of moeilik is dit om in die vreemde aan te pas? Twee expats, Johan du Plooy, ’n voormalige dosent by Kovsies en ’n man met ’n liefde vir jag en biltong, en Suzette van der Heijen, wat voorheen in die korporatiewe wêreld gewerk het, deel in hierdie video hul suksesse en ervarings in Australië. Johan is die eienaar van die gewilde Mustafa-winkels in Perth en Suzette die redakteur van die Afrikaanse tydskrif Merise in Perth.
Wêreldwyd het vanjaar weer hande gevat met South African Events om eg Afrikaanse vermaak na Suid-Afrikaners in Nieeu-Seeland en Australië te bring deur op te tree as hoofborg van die Afrikaans is Lekker 2018-toer. Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat in Australië en Nieu-Seeland deur South African Events aangebied word. Soortgelyke musiekgeleenthede word ook in Kanada, die VSA, die VK en Europa aangebied.
Koben Hofmeyr, die seun van Louis Trichardt in Limpopo wat sy nekwerwels in ʼn rugbywedstryd beseer het, kan amper al sy vingers beweeg, het sy pa Donderdag aan Maroela Media gesê. Lees meer hier: https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/video-koben-15-maak-vordering-na-nekbesering/
Die Pretoria-polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof nadat ʼn juwelierswarewinkel Maandagaand in Menlyn Mall in die ooste van die stad beroof is. Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê vier onbekende verdagtes, wat mussies en pette gedra het, het omstreeks 18:00 op die winkelsentrum toegeslaan. “Die verdagtes is na die Vault-winkel waar hulle ʼn hamer gebruik […]
Verskeie AfriForum-takke het reeds ingespring en suksesvolle selfdoenaksies in hul dorpe geloods as deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog, wat vandeesmaand nasionaal uitgerol is. Die Potchefstroom-tak het ’n slaggatprojek geloods, waartydens taklede soggens tussen vyfuur en agtuur slaggate vul. Die Sasolburg-tak het grassnyers aangekoop om die dorp se kenmerkende groen stroke skoon en netjies te hou, terwyl die Kempton Park-tak in samewerking met Mold Empower Serve, oftewel MES, ’n volhoubare herwinningsinisiatief van stapel gestuur het.
ʼn Vermoedelike meteoriet wat Saterdagaand vanaf die Ottosdal-omgewing in Noordwes te siene was, het sosialemediagebruikers behoorlik op hol. (Video met vergunning van Vikus van Zyl)
Die rondloperleeu wat vroeër vandeesweek tussen Lydenburg en Sabie in Mpumalanga gewaar is, is vanoggend gevind. (Video met vergunning van Jan Combrink.)
ʼn Hoërskoolmeisie wat Donderdag ten aanskoue van ander leerders op die skoolterrein deur ʼn medeleerder aangerand is, sê sy is nou te bang om terug te keer skool toe en sal waarskynlik van skool verwissel.
ʼn Motoris wat op video vasgevang is waar sy rassistiese beledigings aan ʼn veiligheidswag toesnou, kan moontlik binnekort strafregtelike aanklagte in die gesig staar.
Die akteurs en vervaardigers Donnalee Roberts en Ivan Botha is van die bekendes wat hul tekortkominge en ervarings met boelies in AfriForum se nuwe Teenboeliegids deel. Dié gids, wat vandag bekendgestel is, sluit onder meer tekens af afknouery, regsadvies, aktiwiteite vir leerlinge en ouers, asook advies vir ouers wat vermoed dat hul eie kinders boelies mag wees. Die gids sal volgende week op AfriForum se webtuiste beskikbaar wees om af te laai.
Die familie van die driejarige Poppie van der Merwe het Donderdag trane van blydskap gestort toe Poppie se ma en stiefpa elkeen tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir haar moord in Oktober 2016.
Estelle Reddy, Gerhard Papenfus en Kevin Johnson is Dinsdag, 22 Mei 2018 gevonnis vir die moord op Danie Dreyer. Ná die vonnis het Johnson se pa, Bryan Swarts, en sy broer, Lebogang, hom emosioneel omhels en saam met hom gehuil voordat hy by die trappe afgeneem is na die hofselle toe.
Die openbare orde- polisie moes Donderdag ʼn groep oproeriges wat glo begin het om grond onwettig by die Rietvlei-kleinhoewes buite Rustenburg te beset, uiteen dryf.
Altesaam agt mense, onder wie veiligheidswagte en lede van die publiek, is Donderdag tydens ʼn transitorooftog in die Oos-Rand geskiet toe ʼn groep verdagtes op twee geldwaens toegeslaan het.