Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Jy ken Jan Blohm, maar hier is ‘n stukkie nuus wat jy graag sal wil weet

Blohm is op 25 September 1978 op Kroonstad gebore as George Harry (Jorrie) Kymdell en het op sewe begin met musiek- en klavierlesse. Ná skool het hy by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit waar hy opleiding in radiokommunikasie ontvang het en daar het hy homself leer kitaar speel. Ná vyf jaar in die lugmag het hy ‘n loopbaan by ‘n inligtingstegnologiemaatskappy begin.

Tussen 1998 en 2003 was hy lid van verskeie rockorkeste, by name Demigods, Ledd Eye en Duin 7. In 2002 het hy heeltyds sanger en klankingenieur geword. In 2003 het hy begin om as solo-kunstenaar op te tree en op Afrikaanse musiek te konsentreer. Sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, is die jaar daarna in 2004 bekendgestel. Twee van sy liedjies is op die versamelalbum Volk Jou Ook deur Wildebeest Records opgeneem (onder die naam George Harry) en talle van sy liedjies is op ongeveer 27 ander versalmelalbums te vinde.

Deesdae tree hulle op as die Jan Blohm Orkes. Die res van

image-.jpg
0

Dié Bekende Sanger kry die stem agter ‘n kykNET- sitkom

Op 9 April 2018 het daar ’n splinternuwe Afrikaanse sitkom, Mense Mense, op kykNET afgeskop. Die Nouvanaand Films-produksie sluit nie net ’n sterbelaaide rolverdeling in nie, maar ook ’n prettige temalied deur die gewilde sanger en liedjieskrywer, Len Muller in.

Vrede is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende Afrikaans-akoestiese styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

“Vir my gaan dit oor elke mens se strewe na vrede en hoe ek myne kan vind in God, veral wanneer die lewe en omstandighede my anders laat voel,” deel die musikant. “Ek worstel self met angs en depressie en wou graag iets skryf wat vrede verkondig aan diegene wat met dieselfde dinge worstel.”

image-.jpg
0

Die band 1925band vra ‘Waarom’ met nuwe snit

Die populêre broer-trio van die 1925Band, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, het pas hul nuwe enkelsnit, Waarom, vrygestel.

Waarom, is geskryf deur ’n familie-lid, Gert Steenberg (Stoney), terwyl Jeff ’n paar jaar gelede daar gekuier het. “Almal het altyd baie vrae. Die grootste vraag is Waarom?. Waarom is die hemel blou, Waarom het ek die lied geskryf? Ons as band, vra gereeld, Waarom? Die lied herinner ons dat die antwoord by jouself lê – wie en wat jy wil wees. As jy jouself vra, dan word die antwoord gebore,” vertel David-Lee Gericke.

Waarom volg na vrystellings soos Eintlik Nogal Baie, Gedig op my Arm, Al Te Min Te Veel Gevra en Fynbos, wat steeds gereelde blootstelling op radio en televisie landwyd geniet. Hulle album, Eintlik Nogal Baie, is in 2017 vrygestel.

Die groep toer tans in Holland en doen ook landwye BeeGees Tribute vertonings wat baie gewild en in aanvraag is. Met hulle talent en uitstekende harmonie, bring hulle die s

image-.jpg
0

Dis Familie Piekniek tyd saam met Pieter Koen net in Pretoria

Dit is `n goeie 21 jaar sedert Pieter sy eerste album vrygestel en sy toetrede formeel to die Suid Afrikaanse vermaakliksheidbedryf gemaak het. in April 2001 sluit hy as aanbieder van die destydse “Kuskafee” by kykNET aan en sederdien het hy `n laag lys benoemings, `n sak vol toekennings en `n totaal van 8 albums die lig laat sien.

Datum:- 12 Augustus 2018

Tyd:- 10:00 – 17:00

Toegang:- R120.00, R20.00: Kinders 2-12 jaar, Kinders onder 2: Gratis, R20.00: Parkering (SLEGS VIR VERKOOP OP DIE DORP OP DIE DAG)


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in Pretoria Sentraal ?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio

image-.jpg
0

Kom ons loer sobietjie na Izak Davel, hier is ‘n paar ‘tit-bits’ oor hom

Izak Davel (gebore op 1 Julie 1983) is ‘n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model. Hy het bekendheid verwerf in Egoli waar hy die rol van “Scab” vertolk het. Sy debuutalbum, Ken Jy My, is in 2009 uitgereik.

Davel voltooi matriek in 2001 aan die Lady Grey Kunste-Akademie waarna hy dans by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie studeer en sy studies in 2004 voltooi. In 2006 begin hy in M-Net se sepie Egoli speel waar hy die rol van Louwna se seun Scab vertolk.

In 2010 was hy in die TV-reeks Survivor South Africa: Santa Carolina. Hy is getroud met Mericke. Sy pa is die predikant van die NG gemeente Molteno (in kombinasie met die NG gemeente Sterkstroom) en sy ma is ‘n musiekonderwyseres aan die hoërskool op Burger

musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir 13 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. In die nommer 3 plek is Brendan Peyper met sy treffer “Sê ek net ja”. ‘N julle nuwe paar liedjies het ons Top 20 betree. Niks het regtig verander nie, maar daar was ‘n gestoei oor die 19de en 20ste plek. In die […]
image-.jpg
0

Die musiek blom vanjaar by die Vrystaatse Kunstefees 2018, kom gerus ‘n draai!

Die Vrystaat Kunstefees, in wese ’n Afrikaanse fees, is besig om hom as een van die belangrikste internasionale kunstefeeste op die Afrika-vasteland te vestig.

Datum:- 8 – 14 Julie 2018

Tyd:- die inligting is nie beskikbaar nie

Toegang:- R60, meer inligting oor pryse is nie beskikbaar nie


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

image-.jpg
0

Kom geniet Minibos-konsert te Nelspruit

Die jaarlikse gratis loodskonsert van Innibos, oftewel Minibos. Kranige feesgangers word genooi om te kom kyk, luister en saam te kuier, want die organiseerders gaan presies wys hoe Innibos rol vanjaar.

Datum:- Vrydag, 11 Mei, om

Tyd:- 17:30 tot laat

Bok van Blerk, Touch of Class en Willem Botha gaan die feesgees aanwakker, en vir dié wat ’n vleisie op die kole wil gooi, word daar genoeg braaiplekke voorsien.

Die Minibos-konsert is maar net die afskop van ’n besige feesskedule.


Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio
image-.jpg
0

Kom geniet die Menlo-Maskerfees!

Die planke kraak van talent! Die dansers staan gereed om jou asem weg te slaan. Kom word betower deur n fees van Kultuur!

Datum:- 18 – 20 Septgember 2018

Tyd:- 18:15

Toegang:- R80


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynwood?? SA Radio

radio – top 20 2
0

Jou Top 20 vir die week!

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ruan Josh en Franja du Plessis is vir die tweede week nommer 1 met hulle liedjie “Ek wil lewe”, hierdie broer en suster trio mag maar sing. Hoop om hulle vir ‘n hele paar weke op die nommer 1 spasie te sien. Die Top 20 is julle […]
image-.jpg
0

Leon Gropp se nuutste treffer ‘Bakenlig’ vrygestel

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, Bakenlig, is reeds ’n paar weke gelede met groot sukses vrygestel en nou is die musiekvideo vir hierdie treffende liedjie ook op ’n unieke wyse bekendgestel.

Tydens ’n regstreekse Facebook-onderhoud met bekende akteur, Pierre Breytenbach, het Leon die video vir die eerste keer met die sy aanhangers en die publiek gedeel.

Leon is ’n bekroonde kitaarspeler en wys met Bakenlig ’n hele nuwe kant van hom wat vir hom ’n stewige plek, as sanger, begin vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die video is vervaardig deur Bottomside Studios met regisseur, Fritz de Jager aan die stuur van sake. Dit beeld die verhaal uit van iemand wat terugkyk na herinneringe van ’n vroeër self. Verskillende

top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 30 Januarie 2018

Ray Dylan se “Uitbasuin” wat ook die titelsnit van sy nuwe album is bly vir die tweede week op die no.1-posisie. Janie Bay en Hunter Kennedy (Die Heuwels Fantasties) se treffer liedjie, “Wag vir joou”, betree die week se Top 20 op nommer 20. Hier is so ‘n brokkie inligting wat jy dalk nie geweet […]
image-.jpg
0

SKY OCEAN ontbloot haar siel met nuwe enkelsnit

Sky Ocean het een van daardie stemme wat jou in jou spore laat vassteek wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is hoendervleismooi emosie en ’n strelende klank in haar stem wat jou uitnooi om verlore te raak in haar musiek. Dit is dan ook hierdie eienskappe wat haar derde enkelsnitvrystelling, BLACKHOLES IN MY HEAD, so besonders maak.

BLACKHOLES IN MY HEAD is ’n moderne ballade met ’n pop-rock-aanslag. Hierdie ballade is in Australië geskryf in samewerking met Byron Keno en bevraagteken al die onbeantwoorde vrae wat daar oor liefde bestaan. Al daardie dinge oor die liefde wat niemand verstaan nie. “Somtyds gee jy jou alles vir iemand of iets nog voordat julle amptelik ’n paartjie is. Jy leer nie eers hoe om te vlieg voordat jy val nie, jy vat ’n kans en laat net gaan met ’n hart vol hoop en vertroue dat dit sal uitwerk.

Wanneer dit ’n week later nie uitwerk nie, beweeg die persoon so vinnig aan en jy sit met die gebroke

Jo Black en sy orkes tree op te Bloemfontein

Die bekroonde Afrikaanse sanger Jo Black en sy orkes is terug in Bloemfontein met al sy treffers asook liedjies van sy nuutste album. Hierdie inspirerende vertoning van sielvolle musiek en sterk boodskap van hoop is `n moet vir die hele gesin!

Datum:- 15 Julie 2018

Tyd:- 18:30

Toegang:- R120 – R150


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek
image-.jpg
0

Heidi tref musiekmark met ’n glimlag met haar nuwe enkelsnit

Na ’n jaar en ’n half se harde werk is Heidi se heel eerste enkelsnit vanaf haar debuutalbum hier.

Wat ’n Hart Laat Lag, geskryf deur Emil Struwig en vervaardig deur Werner Beukes.

Heidi is beslis ’n nuweling om dop te hou in 2017 – haar album beloof om jonk en oud te bekoor!

Hierdie snit reeds uitgestuur na talle radiostasies, en sover baie goed ontvang – dié snit was selfs een van die nuwe vrystellings op Jacaranda 94.2 se Chamberlains Hot Hit gewees wat moontlik sy toetrede tot hulle trefferparade kan maak binne die volgende week of twee!

Sy het onlangs ’n musiekvideo van haar weergawe van The Gambler vrygestel wat bitter goed ontvang is deur die publiek en selfs die nommer drie posisie beklee het op iTunes se Top Afrikaanse Musiekvideo lys.

Loer hier onder na haar treffer met “The Gambler” en “Wat ‘n Hart Laat Lag”:-

image-.jpg
0

Jak de Priester (Musiekskuur) tree op te Rockwood Theatre

Jak de Priester in die warm en intieme atmosfeer van die Musiekskuur! Jak se loopbaan het begin in 2003 na hy die ATKV Crescendo Kompetisie gewen het, dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld ‘Sally Williams Nougat’ op te neem.

Datum:- 31 Augustus 2018

Tyd:- 19:30

Toegang:- R145

Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Moreleta Park ?? SA Radio

image-.jpg
0

Opvoering by Huis Maerua Goue Oues Fees – Windhoek

Galaxy Promotions in samewerking met Huis Maerua bied ‘n musiek konsert en markdag aan om fondse vir Huis Maerua in te samel en bewustheid te skep.

Datum:- 19 Mei 2018

Tyd:- 09:00 tot 22:00

Toegang:- R$120


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Windhoek?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Doc Jubber Hockey Fields – Hockey Union En Jubber Hockey Fields, Cricket street Olympia, Windhoek.

GPS Koordinate:- -22.606642,17.087989

Kaartjies beskikbaar by SA Radio

image-.jpg
0

Nuwe pop-enkelsnit en video bekend gemaak van Xander Joubert en dit veroorsaak ’n opskudding!

Draai jou radio harder, want Xander Joubert se eerste enkelsnit, Aardbewing, is beslis nie iets wat jy wil mis nie.

Die liedjie is pas vrygestel en reg om die radiogolwe oor te neem. Dit spog met ’n verfrissende nuwe popklank, waaroor luisteraars gaan mal wees en wat nog lank gaan koning kraai op die dansvloer.

Dié splinternuwe sangsensasie se lekkerluister-popstem is die perfekte pasmaat vir hierdie polsende goedvoeltreffer uit Werner Beukes se pen. Aardbewing is ’n interessante popverwerking, met ’n moderne sokkiedans-aanslag, wat gaan oor verliefwees en al die emosies en opwinding wat daarmee saamgaan. Die snit se opgewekte wysie sal nie net jou voete laat jeuk om te dans nie, maar is ook een van daardie liedjies wat in jou kop bly vassteek – lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

“Die hele doel van popmusiek is eenvoud… met ander woorde – min woorde, so die storie is eenvoudig. Dit gaan oor iemand wat smoorverlief i

image-.jpg
0

Hier is ‘n kort Bio van Bouwer Bosch

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.

image-.jpg
0

In 2017 stig Altus Theart, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg die Afrikaanse Alternatiewe popgroep EON en bereik hulle reeds groot sukses met hulle eerste treffer BITTERSOET wat tans op verskeie radiostasies op hoë rotasielyste is.

Die musiekvideo op YouTube bereik verrassende kykersgetalle en is ook te sien op verskeie Afrikaanse TV Kanale.

PIETER MARCATO is liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiekbehoeftes hanteer.

JERRY SPANGENBERG gebore in Bloemfontein, maar dis op hul plaas in Kuruman waar hy sy liefde vir musiek ontwikkel het. Eers konsertina gespeel, toe klavier in sy tiener jare. Dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is hy die kitaarspeler van EON. Jerry 4 jaar vir Mel Botes kitaar gespeel. J

musiek – top 20
0

Jou Top 20 vir die week – met ‘n nuwe #1 bo aan die lys.

‘N nuwe nommer een liedjie maak sy verskyning vir hierdie week, dit is niemand anderste as Liezel Pieters met haar liedjie “Droë Riviere”. James Lance skuif ‘n paar plekke op in ons lysie en Die Heuwels Fantasties maak ook hul toetrede tot ons Top 20 hierdie week met “Gebruik my”. Hiermee die Top 20 vir […]