Bestel blomme aanlynOrder flowers online

Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Dis Familie Piekniek tyd saam met Pieter Koen net in Pretoria

Dit is `n goeie 21 jaar sedert Pieter sy eerste album vrygestel en sy toetrede formeel to die Suid Afrikaanse vermaakliksheidbedryf gemaak het. in April 2001 sluit hy as aanbieder van die destydse “Kuskafee” by kykNET aan en sederdien het hy `n laag lys benoemings, `n sak vol toekennings en `n totaal van 8 albums die lig laat sien.

Datum:- 12 Augustus 2018

Tyd:- 10:00 – 17:00

Toegang:- R120.00, R20.00: Kinders 2-12 jaar, Kinders onder 2: Gratis, R20.00: Parkering (SLEGS VIR VERKOOP OP DIE DORP OP DIE DAG)


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in Pretoria Sentraal ?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio

image-.jpg
0

Kom geniet die Menlo-Maskerfees!

Die planke kraak van talent! Die dansers staan gereed om jou asem weg te slaan. Kom word betower deur n fees van Kultuur!

Datum:- 18 – 20 Septgember 2018

Tyd:- 18:15

Toegang:- R80


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynwood?? SA Radio

musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir 13 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. In die nommer 3 plek is Brendan Peyper met sy treffer “Sê ek net ja”. ‘N julle nuwe paar liedjies het ons Top 20 betree. Niks het regtig verander nie, maar daar was ‘n gestoei oor die 19de en 20ste plek. In die […]
top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 30 Januarie 2018

Ray Dylan se “Uitbasuin” wat ook die titelsnit van sy nuwe album is bly vir die tweede week op die no.1-posisie. Janie Bay en Hunter Kennedy (Die Heuwels Fantasties) se treffer liedjie, “Wag vir joou”, betree die week se Top 20 op nommer 20. Hier is so ‘n brokkie inligting wat jy dalk nie geweet […]
image-.jpg
0

Kom geniet Minibos-konsert te Nelspruit

Die jaarlikse gratis loodskonsert van Innibos, oftewel Minibos. Kranige feesgangers word genooi om te kom kyk, luister en saam te kuier, want die organiseerders gaan presies wys hoe Innibos rol vanjaar.

Datum:- Vrydag, 11 Mei, om

Tyd:- 17:30 tot laat

Bok van Blerk, Touch of Class en Willem Botha gaan die feesgees aanwakker, en vir dié wat ’n vleisie op die kole wil gooi, word daar genoeg braaiplekke voorsien.

Die Minibos-konsert is maar net die afskop van ’n besige feesskedule.


Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio
image-.jpg
0

Dié Bekende Sanger kry die stem agter ‘n kykNET- sitkom

Op 9 April 2018 het daar ’n splinternuwe Afrikaanse sitkom, Mense Mense, op kykNET afgeskop. Die Nouvanaand Films-produksie sluit nie net ’n sterbelaaide rolverdeling in nie, maar ook ’n prettige temalied deur die gewilde sanger en liedjieskrywer, Len Muller in.

Vrede is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende Afrikaans-akoestiese styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

“Vir my gaan dit oor elke mens se strewe na vrede en hoe ek myne kan vind in God, veral wanneer die lewe en omstandighede my anders laat voel,” deel die musikant. “Ek worstel self met angs en depressie en wou graag iets skryf wat vrede verkondig aan diegene wat met dieselfde dinge worstel.”

image-.jpg
0

Jy ken Jan Blohm, maar hier is ‘n stukkie nuus wat jy graag sal wil weet

Blohm is op 25 September 1978 op Kroonstad gebore as George Harry (Jorrie) Kymdell en het op sewe begin met musiek- en klavierlesse. Ná skool het hy by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit waar hy opleiding in radiokommunikasie ontvang het en daar het hy homself leer kitaar speel. Ná vyf jaar in die lugmag het hy ‘n loopbaan by ‘n inligtingstegnologiemaatskappy begin.

Tussen 1998 en 2003 was hy lid van verskeie rockorkeste, by name Demigods, Ledd Eye en Duin 7. In 2002 het hy heeltyds sanger en klankingenieur geword. In 2003 het hy begin om as solo-kunstenaar op te tree en op Afrikaanse musiek te konsentreer. Sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, is die jaar daarna in 2004 bekendgestel. Twee van sy liedjies is op die versamelalbum Volk Jou Ook deur Wildebeest Records opgeneem (onder die naam George Harry) en talle van sy liedjies is op ongeveer 27 ander versalmelalbums te vinde.

Deesdae tree hulle op as die Jan Blohm Orkes. Die res van

image-.jpg
0

SKY OCEAN ontbloot haar siel met nuwe enkelsnit

Sky Ocean het een van daardie stemme wat jou in jou spore laat vassteek wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is hoendervleismooi emosie en ’n strelende klank in haar stem wat jou uitnooi om verlore te raak in haar musiek. Dit is dan ook hierdie eienskappe wat haar derde enkelsnitvrystelling, BLACKHOLES IN MY HEAD, so besonders maak.

BLACKHOLES IN MY HEAD is ’n moderne ballade met ’n pop-rock-aanslag. Hierdie ballade is in Australië geskryf in samewerking met Byron Keno en bevraagteken al die onbeantwoorde vrae wat daar oor liefde bestaan. Al daardie dinge oor die liefde wat niemand verstaan nie. “Somtyds gee jy jou alles vir iemand of iets nog voordat julle amptelik ’n paartjie is. Jy leer nie eers hoe om te vlieg voordat jy val nie, jy vat ’n kans en laat net gaan met ’n hart vol hoop en vertroue dat dit sal uitwerk.

Wanneer dit ’n week later nie uitwerk nie, beweeg die persoon so vinnig aan en jy sit met die gebroke

image-.jpg
0

Leon Gropp se nuutste treffer ‘Bakenlig’ vrygestel

Leon Gropp se eerste solo-enkelsnit, Bakenlig, is reeds ’n paar weke gelede met groot sukses vrygestel en nou is die musiekvideo vir hierdie treffende liedjie ook op ’n unieke wyse bekendgestel.

Tydens ’n regstreekse Facebook-onderhoud met bekende akteur, Pierre Breytenbach, het Leon die video vir die eerste keer met die sy aanhangers en die publiek gedeel.

Leon is ’n bekroonde kitaarspeler en wys met Bakenlig ’n hele nuwe kant van hom wat vir hom ’n stewige plek, as sanger, begin vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Die video is vervaardig deur Bottomside Studios met regisseur, Fritz de Jager aan die stuur van sake. Dit beeld die verhaal uit van iemand wat terugkyk na herinneringe van ’n vroeër self. Verskillende

image-.jpg
0

Jak de Priester (Musiekskuur) tree op te Rockwood Theatre

Jak de Priester in die warm en intieme atmosfeer van die Musiekskuur! Jak se loopbaan het begin in 2003 na hy die ATKV Crescendo Kompetisie gewen het, dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld ‘Sally Williams Nougat’ op te neem.

Datum:- 31 Augustus 2018

Tyd:- 19:30

Toegang:- R145

Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Moreleta Park ?? SA Radio

musiek – top 20
0

Jou Top 20 vir die week – met ‘n nuwe #1 bo aan die lys.

‘N nuwe nommer een liedjie maak sy verskyning vir hierdie week, dit is niemand anderste as Liezel Pieters met haar liedjie “Droë Riviere”. James Lance skuif ‘n paar plekke op in ons lysie en Die Heuwels Fantasties maak ook hul toetrede tot ons Top 20 hierdie week met “Gebruik my”. Hiermee die Top 20 vir […]
image-.jpg
0

Opvoering by Huis Maerua Goue Oues Fees – Windhoek

Galaxy Promotions in samewerking met Huis Maerua bied ‘n musiek konsert en markdag aan om fondse vir Huis Maerua in te samel en bewustheid te skep.

Datum:- 19 Mei 2018

Tyd:- 09:00 tot 22:00

Toegang:- R$120


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Windhoek?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Doc Jubber Hockey Fields – Hockey Union En Jubber Hockey Fields, Cricket street Olympia, Windhoek.

GPS Koordinate:- -22.606642,17.087989

Kaartjies beskikbaar by SA Radio

image-.jpg
0

Treffende musiekvideo uit van ADAM en Elizca

Met die uitreiking van ADAM se tweede enkelsnit, Kalmeer, het die manne ernstig geraak en ’n sterk boodskap aan die jeug van Suid-Afrika gebring.

“Ek het Kalmeer geskryf uit ’n plek van onsekerheid oor my/ons toekoms as die jeug van Suid-Afrika, asook uit ’n plek van politieke onsekerheid. Dit het my geweldig gepla en na baie diep denke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat alles okay gaan wees. Ons gaan okay wees. Ons, as ’n nasie, was al daar (konsentrasiekampe, Anglo-Boereoorlog, Apartheid – en nog baie ander tye van politieke onstabiliteit en onsekerheid oor jou toekoms) en ons het sterker anderkant uitgekom. Ons is sterker mense as gevolg daarvan,” sê Hugo Ludik.

Die musiekvideo vir hierdie treffende lied, wat vervaardig is deur Fathom Media en finansieël ondersteun is deur Afriforum en Dapper Media, is pas uitgereik. Dit is geskiet by die Willem Prinsloo Landbou Museum in Cullinan.

image-.jpg
0

Kom ons loer sobietjie na Izak Davel, hier is ‘n paar ‘tit-bits’ oor hom

Izak Davel (gebore op 1 Julie 1983) is ‘n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model. Hy het bekendheid verwerf in Egoli waar hy die rol van “Scab” vertolk het. Sy debuutalbum, Ken Jy My, is in 2009 uitgereik.

Davel voltooi matriek in 2001 aan die Lady Grey Kunste-Akademie waarna hy dans by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie studeer en sy studies in 2004 voltooi. In 2006 begin hy in M-Net se sepie Egoli speel waar hy die rol van Louwna se seun Scab vertolk.

In 2010 was hy in die TV-reeks Survivor South Africa: Santa Carolina. Hy is getroud met Mericke. Sy pa is die predikant van die NG gemeente Molteno (in kombinasie met die NG gemeente Sterkstroom) en sy ma is ‘n musiekonderwyseres aan die hoërskool op Burger

radio – top 20 2
0

Jou Top 20 vir die week!

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ruan Josh en Franja du Plessis is vir die tweede week nommer 1 met hulle liedjie “Ek wil lewe”, hierdie broer en suster trio mag maar sing. Hoop om hulle vir ‘n hele paar weke op die nommer 1 spasie te sien. Die Top 20 is julle […]
image-.jpg
0

Duet – Jannie Moolman en Kevin Leo – Pretoria

Jannie Moolman en Kevin Leo gaan op n sentimentele reis oor dekades en deel met die gehoor al die groot gunstelinge wat die hart raak.

Datum:- 15 April 2018

Tyd:- 16h15

Prys:- R190.00 – R170.00


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood ?? SA Radio
image-.jpg
0

GOUE STATUS vir Franja du Plessis se album

Sy het reeds haar eie stempel op die Suid-Afrikaanse musieklandskap gemaak, en haar goue status is ’n bewys daarvan.

Franja du Plessis, die dogter van die immergewilde, Juanita du Plessis se debuut-album het vroeër vanjaar die winkelrakke getref. Nooit sou sy kon raai dat dié album so weghol sukses sou wees.

Franja het haar goue toekenning vanoggend op die GROOT Ontbyt op kykNET ontvang. Sy skryf op haar Facebook-blad: “Soooo baie dankie aan almal wat my album al gekoop het! Julle sal nooit weet hoe baie dit vir my beteken nie!”

Ons resensent, Leoné Prinsloo, beskryf Franja se album as volg: “Hierdie album wat deur betekenisvolle lirieke sowel as aansteeklike ritmes gekenmerk word, bied ’n groot verskeidenheid liedjies wat ewe goed op die lang pad en die dansbaan ontvang behoort te word.”

Loer hier onder na een van haar treffer musiekvideo’s:- Franja du Plessis – Stad van verlange

image-.jpg
0

Nuwe pop-enkelsnit en video bekend gemaak van Xander Joubert en dit veroorsaak ’n opskudding!

Draai jou radio harder, want Xander Joubert se eerste enkelsnit, Aardbewing, is beslis nie iets wat jy wil mis nie.

Die liedjie is pas vrygestel en reg om die radiogolwe oor te neem. Dit spog met ’n verfrissende nuwe popklank, waaroor luisteraars gaan mal wees en wat nog lank gaan koning kraai op die dansvloer.

Dié splinternuwe sangsensasie se lekkerluister-popstem is die perfekte pasmaat vir hierdie polsende goedvoeltreffer uit Werner Beukes se pen. Aardbewing is ’n interessante popverwerking, met ’n moderne sokkiedans-aanslag, wat gaan oor verliefwees en al die emosies en opwinding wat daarmee saamgaan. Die snit se opgewekte wysie sal nie net jou voete laat jeuk om te dans nie, maar is ook een van daardie liedjies wat in jou kop bly vassteek – lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

“Die hele doel van popmusiek is eenvoud… met ander woorde – min woorde, so die storie is eenvoudig. Dit gaan oor iemand wat smoorverlief i

radio – top 20 2
0

Dis TOP 20 tyd op SAUK Radio – Week 18 September 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ons het ‘n nuwe Sanger wat sy toetrede maak tot die Top 20, en dit is niemand anderste as Emil Struwig met sy liedjie “Liefde wen altyd” Ongelukkig het ons slegte nuus vir die Karen Zoid aanhangers, sy skuif na die 2de plek toe die week om […]

Die Heuwels Fantasties praat oor jongste album

Die Heuwels Fantasties (Foto: Facebook) “Ballade vir ʼn enkeling” en “Klein tambotieboom” is maar enkele van die treffers wat die gewilde Afrikaanse musiekgroep Die Heuwels Fantasties sonder twyfel een van dié suksesvolste, bekroonde groepe in Suid-Afrika gemaak het. Nou het dié groep pas hul jongste album, Okay!, uitgereik en vertel dié album is vol simboliek […]
musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top20 vir die week – 28 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, In vandeesweek se SAUKRadio se Top 20 is daar nege liedjies wat styg, 10 wat daal en 1 wat onveranderd bly. Daar is geen verrasing vir die nommer 1 posisie nie, dit bly Leah & Jo Black met hulle treffer “Nooit alleen”. Steve Hofmeyr se treffer “Feeslied” […]

Jo Black en sy orkes tree op te Bloemfontein

Die bekroonde Afrikaanse sanger Jo Black en sy orkes is terug in Bloemfontein met al sy treffers asook liedjies van sy nuutste album. Hierdie inspirerende vertoning van sielvolle musiek en sterk boodskap van hoop is `n moet vir die hele gesin!

Datum:- 15 Julie 2018

Tyd:- 18:30

Toegang:- R120 – R150


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek