Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 11 Junie 2018

Tarryn Lamb verloor die week haar nommer 1 posisie en Jay skiet op na daardie nommer 1 posisie toe met sy treffer liedjie ‘Lê ‘n bietjie langer’.

Dirk van der Westhuizen se nuwe treffer liedjie ‘Sexy vir my’ kom die week in op nommer 16 (loer hier onder na die musiekvideo). Willem Botha betree ook die week die Top 20 met sy treffer “Enigste man op aarde” op die nommer 20 posisie (luister hier onder na ‘n klankgreep van sy liedjie)

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
2. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
3. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
4. Elandré – “Die lyn”
5. Karen Zoid – “Hoe ek voel”
6. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
7. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
8. Elandré – “Honderd duisend maal”
9. Elizma Th

image-.jpg
0

Nico Carstens is dalk nie meer met ons nie, maar sy musiek sal veraltyd onthou word

Nicolaas Cornelius Carstens (1926–2016) was ‘n Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier. Carstens het letterlik honderde komposisies die lig laat sien en is veral bekend vir sy instrumentale treffer, Zambezi.

Carstens is op 10 Februarie 1926 in Kaapstad van Nederlandse ouers gebore. Hy kry sy eerste trekklavier op die ouderdom van 13 en wen sy eerste musiekkompetisie ses maande later. Hy komponeer sy eerste musiekstuk op die ouderdom van 17 en het daarna ongeveer ‘n verdere 1200 komposisies geskryf.

Hy het as 19-jarige in die orkes van Hendrik Susan begin speel en in 1950 sy eie orkes gestig. In 1959 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ’n toekenning ontvang het vir die verkoop van meer as in miljoen musiekopnames.[2]

SA Radio

image-.jpg
0

Kom geniet die Swartlandskou Maskerbal – Moorreesburg

Kom geniet Swartlandskou se eerste MASKERBAL, `n heerlike plattelandse atmosfeer met die verruklikste musiek en die lekkerste kos Vrydagaand.

Datum:- 31 Augustus 2018

Tyd:- 18:00 – 23:00

Toegang:- Enkel kaartjies kan nie vir hierdie geleentheid bespreek word nie. Kliënte moet ‘n volledige tafel van 10 beskikbare sitplekke in totaal ter waarde van R2250.00 per tafel bespreek. PRYS DEK ‘N 3 KURSUS AANDETE IN PER PERSOON.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Moorreesburg, Wes Kaap?? SA Radio

image-.jpg
0

Laurika Rauch met Loki Rothman tree op in Nelspruit (Deel van Innibos Fees)

Laurika en Loki se samewerking het met die herskepping van Laurika se ikoniese treffer Blou, as duet vir haar nuutste album, Die reis, begin. Loki het die nuwe verwerking gedoen en natuurlik ook saamgesing. Die nuwe weergawe van Blou het reeds opslae gemaak (hulle het onder meer die Ghoema-toekenning gekry vir die luitoon van die jaar).

Datum:- 27 & 29 Junie 2018

Tyd:- 27ste om 19:00. 29ste om 13:30

Toegang:- R142


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Nelspruit?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u gr

image-.jpg
0

Jy ken natuurlik vir Arno Carstens, hier is ‘n kort Bio oor hom

Arno Carstens (gebore 12 Maart 1972) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is ook die hoofsanger van die Springbok Nude Girls- en New Porn-musiekgroepe. Sy eerste Afrikaanse album, Die Aandblom 13, is in 2016 vrygestel.

Arno Carstens is ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler wat tans in Kaapstad en Londen gebaseer is. Gedurende sy loopbaan as die hoofsanger van The Springbok Nude Girls, en daarna as ‘n solo-kunstenaar, het Carstens 7 studio-albums vrygestel en 18 toptien-treffers gehad. Hy het 5 SAMA-pryse ontvang en deel gereeld die verhoog met die legendes van die musiekwêreld.

Carstens het op die hoofverhoog by die Isle of Wight-Fees opgetree, verskyn by die Glastonbury-fees, V Festival, T in die Park en Hard Rock Oproep en opgetree as steunkunstenaar vir groepe soos The Rolling Stones, Paul Weller, The Police, Simple Minds, Ultravox en Meat Loaf op Europese toere.

SA Radio

image-.jpg
0

Georic Lomas se debuutalbum op pad, kyk uit daarvoor!

Dit was die jaar 2013, en tussen al die bekendes in die rolverdeling van die gewilde musiekfilm, As Jy Sing, het ’n nuweling die oog en die oor gevang.

Amper 4 jaar later en Georic Lomas het nie net ’n getroue groep bewonderaars opgebou nie, maar na die uitreiking van sy eerste treffer, Bazaruto, hier teen die einde van verlede jaar, kom die opwindende nuus dat sy debuutalbum binnekort op die rakke sal wees.

Maar voor die CD die winkels gaan tref teen Junie, sal ’n paar liedjies vanaf die album, getiteld Silhoeët, reeds vanaf 17 Maart beskikbaar wees op iTunes en Apple Music. Silhoeët sal 14 liedjies in totaal bevat met Johan Vorster, Christoph Kotzé en Georic homself wat pen op papier neergesit het.

Die eerste liedjie wat nou aan radiostasies gestuur sal word heet Die Leeu, en is ’n lekker vinnige dansnommertjie wat gewild sal wees onder almal wat jonk en jonk van gees is. Daar word ook reeds beplan aan die musiekvideo vir die liedj

image-.jpg
0

DZL se nuwe album sonder tierlantyntjies is hier

Suid-Afrika se aantreklikste sangduo is terug met ’n splinternuwe album, Realiteit, wat nie net gaan voortbou op die unieke alternatiewe country-popklank waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel.

DZL, wat bestaan uit Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, se tweede album is pas vrygestel en dié kombinasie van opgewekte deuntjies en hartroerende ballades beloof om aanklank te vind by oud en jonk. Die cd bestaan uit tien oorspronklike liedjies, waarvan twee deur die sangpaar self geskryf is, en sluit ook drie duette asook verwerkings van ou gunstelinge in.

“So baie van wat ons doen is in ons musiek en dit is ’n realiteit vir ons, want ons is wat ons sing en sing oor wat ons ervaar. Ek wil hê luisteraars moet hulself in ons liedjies herken. Dit gaan oor die daaglikse goed in die lewe, soos geloof, emosie, groei, uitdagings en opgewondenheid, wat ons almal elke dag ervaar,” verklap die

image-.jpg
0

Gehoor van Dawie Couzyn, wel hy was ‘n bekende sanger en ‘n liedjieskrywer

Mauritz David Wilhelmus (Dawie) Couzyn is op 27 Junie 1925 in Pretoria gebore en matrikuleer op Pietersburg.

Dawie Couzyn (1925–2010) was ‘n Suid-Afrikaanse sanger en skrywer. Hy verwerf bekendheid as internasionale operasanger (bariton), maar keer in die 1970’s op ‘n permanente basis na Suid-Afrika terug. Hy was ’n solis van die Weense Kämmeroper en het gereeld aan programme van die BBC in Londen en Radio Wien deelgeneem. As skrywer is hy bekend vir sy digkuns. Hy het ook talle gewilde liedjies vir Afrikaanse kinders saam met die sopraan Doris Brasch opgeneem.

Vir twaalf jaar lank is hy joernalis en hy stig selfs en is redakteur van die sosialistiese Afrikaanse tydskrif Die nuwe stem in Johannesburg, wat tot niet gaan net voor die 1948 verkiesings. Gedurende hierdie tyd neem hy as bariton sangles in Pretoria by die bekende skrywer Stella Blakemore en later in Johannesburg onder Margaret Roux, Bruce Anderson en veral Olga Ryss.

image-.jpg
0

Corlea en Jannie Moolman tree op te KIEVITS KROON

In ‘n herderhuis en buitegeboue op ‘n landgoed van 16 hektaar. Die landgoed is onlangs as ‘die Wynlande in Gauteng’ erken weens sy argitektuur in die Kaapse Hollandse styl.

Datum:- 14 Julie 2018

Tyd:- 16:-00

Toegang:- Optrede begin om 19h00, Kaas en Wyn vanaf 16h00, Pryse – geen onder 14, Kaas en Wyn en die Skou: R380, Optrede slegs: R130


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Pretoria?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Die landgoed is onlangs genomineer as een van Afrika se voorste vergaderings en konferensiehotelle, luukse toevlug van die

image-.jpg
0

Snotkop het ‘n nuwe album uit en dit is ‘onverantwoordelik lekker’

Snotkop het ’n soliede reputasie van albums wat so oorloop van lekkerkry dat dit voel of dit onwettig behoort te wees. Sy kraakvars nuwe vrystelling, SOUS is geen uitsondering nie.

Van die eerste pols tot die laaste eggo in die dertien snitte wat die album beslaan is dit duidelik dat hierdie ’n gekonsentreerde sous, propvol Snotkop-oemf is: ritmies, selfversekerd, tong in die kies, meer as net ’n bietjie stout, bekkig en braaf!

Daar’s dik baslyne wat enige iets binne dieselfde skakelkode as jou kuier sal skud, met ’n gesonde dosis techno, afgewissel met meer akoestiese oomblikke, en selfs ’n brokkie reggae en ’n tikkie sakkie-sakkie hier en daar – iets wat ewe tuis sal wees by ’n sokkie dansvloer, klub of ’n strandpartytjie vir die boeke.

M

image-.jpg
0

Stellenbosch Universiteitskoor @ Hermanus

Die Stellenbosch Universiteitskoor is een van Suid-Afrika se mees gerekende Jeugontwikkelingsprogramme en koorgeselskappe. Hulle het die laaste 82 jaar hulle merk gemaak en het oor die wereld die laaste paar jaar as Wenners by internasionale koorkompetisies uitgetree.

Datum:- 12 Augustus 2018

Tyd:- 14:30

Prys:- R130.00, Vriende Van Die Kalfiefees: R123.50


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Hermanus ?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio

13139100_498947013646645_5294266635307835542_n
0

Howzit Hoezit versoek program met Pieter van Zyl elke Donderdag aand om 8nm

Howzit Hoezit versoek program met Pieter van Zyl elke Donderdag om 8nm op SAUK Radio! SMS of whatsup hom by 0795116488 met ‘n boodskap met die liedjie van jou keuse. Kuier elke Donderdag aand saam op Hoezit, die nuwe versoek-program op SAUK-Radio! Stuur jou boodskap na enige iemand op enige plek en vra vir jou […]
image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 9 April 2018

Vernon Barnard, die sanger wat ‘Voel’ sing, het ‘n nuwe treffer, sy splinternuwe liedjie is “Alles om my”, die nuwe pop-liedjie betree hierdie week ons Top 20 op die 20ste posisie.

DZL en ADAM betree ook hierdie week ons Top 20. ADAM het die afgelope naweek hulle splinternuwe album “Bewe” bekendgestel. DZL se liedjie “Het jy al gelewe” is in posisie nommer 17 en ADAM met hulle liedjie “Haar vuur” is in posisie nommer 16. Loer hieronder na ‘n video van ADAM se liedjie “Haar vuur” in die Die Groot Ontbyt studio. Loer ook hier onder na die treffer van DZL “Het jy al gelewe”

Robbie Wessels & Bok van Blerk behou die nommer 1 posisie die week met hulle treffer “Die sluise van die hemel”.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise

image-.jpg
0

Brandewyn en Braai Dag – Atlantic Beach Country Klub – Melkbosstrand

Nou gaan ons Braai! Watter beter paar as Brandewyn en Braaivleis vir Suid Afrikaners is daar nie! Heerlike lewendige vermaak, gesellige mense en jy!

Datum:- 19 Mei 2018

Tyd:- 12:00 tot 21:30

Toegang:- R110 tot R195


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Melkbosstrand?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Atlantic Beach Country Club, 1

image-.jpg
0

Stef Bos tree op in Sasolburg

Stef Bos soek na die KERN van alles. Hy weet hy gaan dit nooit vind nie, maar hy bly soek in woorde en songs, gedigte en stories.

Die een oomblik is hy skreeusnaaks, dan weer kry jy hoendervleis en wil `n traan wegpik. Maar dis lewens-eg – soos die boek van Murray Janson wat sy lewe verander het.

Datum:- 6 Mei 2018

Tyd:- 14:30

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Sasolburg?? SA Radio
image-.jpg
0

Drie van die Bestes 20 jaar lank – Pretoria

“Drie van die Bestes” – Kevin Leo, Mathys Roets en Danie Niehaus ? bekoor gehore al meer as 20 jaar met wonderlike humor en musiek.

Datum:- 13 Mei 2018

Tyd:- 15:15

Toegang:- R180 – R200


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig
image-.jpg
0

Potjie en Mampoerfees – Vanderbijlpark

‘N Dag en nag om alles te vier wat pret is en smaaklik goed is – in Afrikaans – insluitend Lianie May. Baie goed geprysde land kos en drankies van stalletjies aan die oewer van die Vaalrivier.

Datum:- 28 Julie 2018

Tyd:- 11:00

Toegang:- R60.00, Kinders onder 6 word gratis toegelaat, AFSLAG – Kinders 6 tot 12 jaar: R20.00


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Vanderbijlpark?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio
image-.jpg
0

Jy ken die sanger, Danie Botha, hier is ‘n kort Bio van hom

Dit was al singende op die skoolstoep waar Danie Botha se sangtalent as ‘n graad een-leerling deur ‘n onderwyseres raakgesien is. Vandat hy kan onthou, was dit sy lewensdroom om ‘n sanger te word.

Hy is op 25 Junie 1964 in Pretoria gebore. Sy kinderjare bring hy deur op Rietvlei, ‘n kleinhoewe buite Rustenburg. Van kleintyd af is hy ‘n natuurmens en dit is dan ook waar hy steeds elke beskikbare tydjie deurbring. Staptogte, duik, jag of diepsee-visvang.

Op laerskool presteer hy as leier en uitstaande sportman met provinsiale kleure in rugby, krieket en stoei. Tog was sang vir hom steeds sy groot liefde en vertolk hy deur die loop van sy skoolloopbaan hoofrolle in operettes soos “Student Prince” en “Sound of Music”.

Tydens hierdie hoërskooldae leer hy homself kitaar speel en begin as sanger en musikant by verskillende funksies optree.
Na hierdie vol en gelukkige jare op Rustenburg doen h

image-.jpg
0

Coenie de Villiers is terug – Pretoria

Coenie de Villiers is terug met `n nuwe album, en die vrystellingskonsert vind plaas by die Atterbury Teater.

Datum:- 14 en 15 Junie 2018

Tyd:- 20:00

Toegang:- R200 – R250


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood

GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538

Kontak:- 012 942 5951

Kaartjies kan bespreek word by SA Radio

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit deur Riaan Grobler – ‘Alles’

Die sanger, radio-omroeper en TV-aanbieder, Riaan Grobler se nuwe enkelsnit Alles, ’n kommersiële danstreffer en die titelsnit van sy nuutste album, is pas vrygestel.

Dié liedjie, wat deur Michael de Lange geskryf is, gaan oor hoe jy vir jou geliefde verduidelik wat hy of sy alles vir jou beteken in die vorm van die alfabet. “Dit is ’n lekker liefdesliedjie waarop mens uiteraard baie lekker kan dans ook. Ek het my album so beplan dat dit ’n voelgoed album is met danstreffers, maar tog ’n stukkie nostalgie het,” vertel Riaan.

Volgens Riaan het hy juis besluit op die liedjie omdat dit ‘alles’ op sy album so mooi saamgevat het. “Ek het die album opgeneem in ’n baie persoonlike tyd van my lewe. Die liedjie het dit waar deur ek gegaan het saam gevat – liefde, hartseer, teleurstelling, maar tog ook inspirerend.”

Hy hoop die publiek sal van die liedjie hou aangesien mense gereeld vir die liedjie op sy vertonings vra. “Dit is

image-.jpg
0

Gebore om wild te wees! SPAR Kirkwood Wildsfees 2018

Drie dae van Born to be Wild-ervarings vir die hele familie by die jaarlikse SPAR Kirkwood Wildsfees is die perfekte begin van die winter-skoolvakansie.

Datum:- 29 Junie – 1 Julie

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150 per volwassene per dag (Weekendpas = R350); R70 per kind per dag (Weekendpas = R150), R100 vir SASSA Pensioenarisse – kaartjies wat daagliks by die hek gekoop word.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Kirkwood?? SA Radio

image-.jpg
0

Dis Innibos 2018 tyd, jy mag dit nie mis nie!!

Die tyd het aangebreek vir die gewildste kunstefees in Suid-Afrika. Soos oudergewoonte gaan die Standard Bank-hoofverhoog die plek wees vir elke musiekliefhebber met iets vir elke smaak.

Datum:- 27 Junie – 1 Julie 2018

Tyd:- 08:00 tot laat

Toegang:- Enkeldagkaartjie: R120.00, Kinders 0-13 jaar gratis toegelaat
Kinders se kaartjies is slegs beskikbaar by die feesgronde


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Nelspruit?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek