Musiek414 Videos

image-.jpg
0

Kom ons kyk sobietjie na Ray Dylan se indrukwekkende Bio

Ray Dylan (Jacobus Frederik Jersich, gebore 15 Augustus 1978 in Odendaalsrus) is ‘n bekende Afrikaanse sanger. Van sy treffers sluit in Hokaai Stoppie Lorrie, Jessica, Breek die Ys en Asemloos.

In 2010 ontvang hy ‘n SAMA-toekenning in die kategorie beste country-album (Afrikaans) vir Goeie Ou Country.

JAKES, soos sy beste vriende hom noem, of Jaco vir sy familie en geliefdes, is in standerd agt uit die skool geskors omdat sy musiekloopbaan vir hom belangriker as skoolwerk was.

Sedert 2002 ken Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers hom as die vaardige sanger RAY DYLAN.

Sedert sy albumdebuut met die CD New Kid In Town het dinge vir hom gebeur: onder meer die duettreffer It’s Your Love – saam met Karen Zoid.

Die afgelope jare het Select-Musiek sy talent en veelsydigheid op talle saamgestelde albums benut. Die musikale wiele het begin rol en nou’s dit tyd om te sê: Hokaai, Stoppie Lorrie!

Dit was die eerste treffer

SAUK Radio Dinsdag aande 7nm Top 20 met Pieter

Stuur jou stem vir jou liedjie of stuur die liedjie wat jy voel op die top 20 behoort te verskyn na [email protected]  (stemme sluit Vrydae om 2uur ) Gesels saam in die Klets kamer https://sauktv.com/ waar die radio ook speel – neem deel aan die gesprek Gesels saam op ons Skype klets sluit aan by die […]
0

Gerhard Steyn en Nádine se nuwe treffer: Ons2

Ses jaar terug het Gerhard Steyn en Nádine kragte saamgesnoer vir die wegholtreffer, Rooi Roos. Nou is dié duet paar terug met hul nuwe duet, Ons2 vanaf Gerhard Steyn se nuwe album “Hartvanger”. Luister en kyk na die musiek video:
top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 30 Januarie 2018

Ray Dylan se “Uitbasuin” wat ook die titelsnit van sy nuwe album is bly vir die tweede week op die no.1-posisie. Janie Bay en Hunter Kennedy (Die Heuwels Fantasties) se treffer liedjie, “Wag vir joou”, betree die week se Top 20 op nommer 20. Hier is so ‘n brokkie inligting wat jy dalk nie geweet […]
image-.jpg
0

Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2018

Die KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) het al amper 20 jaar die land aan die brand. Dit is daartoe verbind om die kunste, kultuur en erfenis van Suid-Afrika deur die Afrikaanse taal aan te bied; wat mense van regoor die land en die wêreld bymekaar bring in een, een-stop-pret-atmosfeer.

Benewens die baie stalletjies wat vol kos, kurios, klere en juweliersware is, sal daar ook ‘n wêreld van ander aantreklikhede wees. Kunsgalerye sal die werk van talle plaaslike kunstenaars oopmaak en vertoon; wat wissel van beelde tot skilderye en tekeninge. Plekke rondom die dorp sal hul deure oopmaak vir die publiek; aanbieding van dansoptredes, dramatiese interpretasies, komiese stukke en meer.

Die Afrikaanse kultuur is bekend vir sy uitstekende kos, en die Klein Karoo is ‘n gewilde wynmakery. Dit maak die KKNK die ideale platform om van die lekkerste geure wat in Suid-Afrika geskep word, te geniet.

Datum:- 29 MAART – 4 AP

image-.jpg
0

Die Amerikaner reik eerste Afrikaanse enkelsnit uit!

Die Amerikaner Camille van Niekerk het pas haar heel eerste oorspronklike Afrikaanse snit, Proteas Op Die Tafel, vrygestel.

Camille, wat in Amerika gebore is, het ’n ongelooflike voorliefde vir ons mooi taal ontwikkel na haar huwelik met haar Suid Afrikaanse man wat tans medies in Amerika studeer.

Haar Afrikaanse weergawes van bekende treffers wat sy aanvanklik vir haar man en sy ouers gesing het ’n internet sensasie geword. Duisende aanhangers het voorstelle gestuur wat hulle graag sal wil hoor. Camille het dit akoesties getoonset en met haar aanhangers op sosiale media gedeel.

“Wat ’n groot voor reg was dit nie vir my toe Gian Groen aangebied het om ’n oorspronklike lied te skryf,” sê sy.

Nadat Gian met haar kontak gemaak het, het sy vir hom gesê dat sy al op ’n geleentheid saam haar man in Suid-Afrika was en dat sy verlief geraak het op die mooi Kaap en sy proteas.

Gaan SA Radio

image-.jpg
0

Die duo Twee: Sirkels Album Bekendstelling – Pretoria

Kort op die hakke van hul eerste weghol sukses album, Piekniek vir Twee, volg die kykNET Afri-Visie wenners, TWEE, se volgende album, SIRKELS.

Datum:- 17 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R150 – R175

Herman en Maria se unieke en eerlike vertolking van hulle liedjies het gou gehore se harte gesteel! Luisteraars kan huil, dans, glimlag,n nostalgies wees, om die braaivleisvuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister. Herman noem dat hy juis weer kies om nie die stories te deel wat hom inspireer het om die liedjies te skryf nie, omdat hy wil he die luisteraar moet na aanleiding van hul eie ervaringe aanklank vind by die lirieke en universele temas.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!<

image-.jpg
0

’n Ietsie nuurts vir die Noord-Kaap:- Droomvanger Orkes

Die splinternuwe vierstuk-orkes, Droomvanger, wat bestaan uit Pierré Meintjes (sang en klavier), Warrick Waddington (kitaar), Rikus Maritz (baskitaar) en Ryno Groenewald (dromme), is reg om die Noord-Kaap in alle glorie te verteenwoordig.

Die groep het tans hul eerste demosnit Erkenning opgeneem en nóg opwindende musiek vloei reeds deur hul pen. Ryno en Pierré skryf die musiek saam. “Ek pen die woorde en Pierré sit die melodie by op die klavier. Ons is regtig ’n goeie span,” sê Ryno.

Erkenning is ’n jaar terug geskryf en vertel die storie van hoe mens so ’n bietjie moet lewe. “Bring vir my die donker, sak vir my die son is metafories vir die aand, wat beteken dat ons slegs dan met ons geliefdes en vriende kuier, omdat ons deur die dag te besig is met werk of ander verpligtinge,” vertel Ryno.

Die groep spog reeds met tien oorspronklike liedjies wat reeds geskryf, gekomponeer en ingeoefen is. Boonop tree hulle vir die eerste kee

image-.jpg
0

Steve Hofmeyr tree op en ‘Skree’ – Pretoria

Steve Hofmeyr, sanger, liedjieskrywer, akteur, skrywer en aktivis, het rede om te glimlag. Hy het soveel jare sy 30ste CD opgeneem. Sy vorige dubbel-platinum vrylating was een van Suid-Afrika se beste verkopers vir 2016 en nou kan sy leër van ondersteuners uitsien na SKREE, sy nuutste oorspronklike album vir 2018.

Datum:- 27 Junie 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R200 – R220


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Hy bring ‘n voorsmakie van sy Afrika aan duisende uitgewers regoor die wêreld, en st

image-.jpg
0

Jy mag haar dalk die dame ken, Nedine Blom, sy is SUPERCOOL

Nadine Blom is ‘n Afrikaanse sangeres gebore op 22 Januarie in Bloemfontein in die destydse Oranje-Vrystaat.

Sy het haar laerskoolloopbaan by Laerskool Lynnwood (Pretoria) afgeskop en voltooi aan Laerskool du Preez van Wyk. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Erasmus, waar sy later jare erekleure ontvang vir haar bydrae tot die skool se kuns en kultuur skat. Sy is ook verkies tot die leerlingraad in haar matriekjaar.

Nadine Blom is in die regte gekwalifiseer met onderskeidelik BLC (Bacalareus Legum Civilus),LLB (Legum Bacalareus) en LLM (Legum Magister)en het haar regsgrade onderskeidelik verwerf aan die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit van Johannesburg. Na haar toelating as prokureur, het sy deeltyds haar sangloopbaan beoefen terwyl sy ook in die korporatiewe omgewing as regsadviseur werksaam was. Haar seun, Adriaan, is in 2002 gebore. Sy het mettertyd die regsberoep vaarwel geroep en haarself voltyds

image-.jpg
0

Sunette Bridges might be quiet at the moment, but her music will be remembered

Sunette Bridges is a South African music artist, the daughter of singing legend Bles Bridges, who once held a concert during the 1980s for the AWB’s People’s Help Scheme1 to raise money to feed the poorest of Afrikaners.

She was heavily criticized by the mainstream Afrikaans media last week because of comments she made regarding the euphoria surrounding Mandela day. Bridges said on her Facebook page that she would not idolize the “father of the militant struggle“(Mandela), and Anton Goosen, a liberal alienist song-writer and singer, replied by predictably accusing her of “racism.”2 Bridges, however, refused to let this meaningless accusation get the better of her and continued to proclaim her pride in her Boer heritage and culture.

Sunette follows in her father’s footsteps by launching and supporting actions that aim to provide help to the thousands of Afrikaner-Boer families living in the most horrendous conditions in South Africa today

image-.jpg
0

Die sangeres Chereé is baie bekend, maar hier is ‘n kort Bio oor haar

Chereé (gebore Cheree Desiree Large op 27 Mei 1979) is ‘n Afrikaanse country-sangeres. Haar debuutalbum, Chereé, is in 1999 uitgegee. Van haar treffers sluit in Mamma, Jy het my Hart Gesteel en Dertig Dae In Die Somer.

SA se COUNTRY GIRL Chereé is nou meer as ‘n dekade lank ‘n welbekende naam in die musiekbedryf.

Vandat sy 11 jaar oud was het Chereé haarself tuis gemaak in die SA musiekbedryf en daar is geen twyfel dat hierdie Kaapenaar hier is om te bly!

Sedert sy die Afrikaanse musiek mark in 2001 betree het, groei sy van krag tot krag! Hierdie talentvolle sangeres verskyn deesdae op verkskeie hoë profiel konserte en is ook te sien in van ons land se top publikasies.

Haar grootste sukses, nietemin, beskryf sy as heelwat meer persoonlik

image-.jpg
0

Joe Forster tree op te Rockwood Theatre – Nuwe album vrystelling

Drie jaar nadat sanger-liedjieskrywer Joe Foster die suksesvolle Ghoema Pop Album van die Jaar “Hartklank” vrygestel het, doen hy dit weer. Hy vat sowaar die volgende stap met hierdié nuwe album. Die album is baie lewendig, eerlik, kragtig, oorspronklik en sy nuwe klank is skaars vergelykbaar met sy solo-debuut vrystelling.

Datum:- 29 Augustus 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- Gewone kaartjieprys R90.00. Boek ‘n tafel van 10 vir R750- slegs telefoniese besprekings. Kinders onder 12 GRATIS.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Moreleta Park, Pretoria?? SA Radio
image-.jpg
0

Kom geniet ‘n oggend saam met Pieter Smith vir Pampoenland

As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en `n show bywoon, het jy `n fout gemaak. Saamsing en vermaak uit die boonste rakke met asemrowende klank- en beligtingseffekte, is nader aan die waarheid van `n tipiese Pieter Smith – vertoning. Energie- en aksiebelaaide konserte vir oud en jonk.

Datum:- 22 September 2018

Tyd:- 10:00

Toegang:- R100

Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Sasolburg?? SA Radio

Romanz sing weer – vir Adam

Argieffoto Die Afrikaanse musiekgroep Romanz gaan op 25 Julie vir die eerste keer sedert Februarie 2014 toe die groep ontbind het saam optree ten bate van ʼn geldinsameling vir Adam Barnard se stryd teen neuropatie. Barnard, wat vroeër lid was van Romanz, is geruime tyd gelede gediagnoseer met neuropatie-sindroom, wat gekenmerk word deur die verlies […]
image-.jpg
0

Daar is ‘n lekker bederfie vir Brendan Peyper se aanhangers

Die spiertier sanger, Brendan Peyper, bederf sy aanhangers weer ’n keer. Voor die uitreiking van ’n nuwe album, reik hy weer ’n eksklusiewe weergawe van sy huidige album, Hy Loop Oop, uit.

Nes sy vorige eksklusiewe uitreiking van sy debuut-album, Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie, kan aanhangers uitsien na verskeie verrassing. Die eksklusiewe album bevat twee nuwe snitte en ’n data disc met drie musiekvideo’s asook aflaaibare muurpapier vir jou rekenaar.

Die twee nuwe snitte heet, Klim Jou Everest, en We Got Forever. Eersgenoemde is ook sy nuwe enkelsnit wat binnekort op radiostasies reg oor die land gehoor sal kan word.

Brendan het ook die liedjie vir die eerste keer lewendig opgevoer tydens vanjaar se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn. Facebook-gebruikers is gaande oor die liedjie en het met verskeie hartjiegesigies emoticons gereageer.

“Sjoe, ongelooflik. Geen woorde op die oomblik,” het een van sy aanha

image-.jpg
0

2018 SAMA 24: Die Afrikaanse benoemings!

Dis weer tyd vir die South African Music Awards (SAMA), wat vir die 24ste keer deur die Recording Industry of South Africa (RiSA) aangebied word. Die jaarlikse geleentheid vereer van die beste talent oor ’n tydperk van twee dae in sleutel kategorieë.

Sommige van die benoemdes gaan ook tydens die seremonie optree, wat beloof om ’n skouspel soos min te wees.

Hier is die Afrikaanse benoemdes:

BEST ROCK ALBUM
Willim Welsyn – Blitzkriek
Fokofpolisiekar – Selfmedikasie

BESTE POP-ALBUM
Ray Dylan – Uitbasuin
Karlien van Jaarsveld – Sing Vir Liefde
Brendan Peyper – Hy Loop Oop
Kurt Darren – Laat Die Dansvloer Brand
Lianie May – Iemand Om Lief Te Hê

BESTE KONTEMPORÊRE ALBUM
Saarkie – Queen van die Toorbos
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Jo Black – Skepe

image-.jpg
0

‘N nuwe snit uit deur die Radiomanne

Wat kry jy wanneer die lirieke en musiek van twee radio-omroepers met verskillende musieksmaak, trou? ’n Unieke samewerking en genre wat hopelik ’n vars klank tot stand bring.

Francois van Rensburg en Jacques Erasmus (DJ City Bay) het mekaar ontmoet by Groot FM 90.5. Beide Francois en Jacques is omroepers by dié radiostasie en Jacques is ook ’n vervaardiger.

DJ City Bay het al een of twee Afrikaanse liedjies vervaardig, maar die meeste van sy musiek word in Engels uitgereik. “Ek het vir Jacques gevra om weer iets in Afrikaans aan te pak, en lirieke asook ’n basiese melodie vir hom aangestuur waarmee hy kon werk,” vertel Francois.

Ontmoet Jacques Erasmus oftewel DJ City Bay. Hierdie baie talentvolle man kom uit die klein dorpie Hartbeespoort, naby die hoofstad – Pretoria. Die klein dorpie het egter nie sy entoesiasme bekamp nie; inteendeel, dit was waar hy sy passie gekweek het.

Hy het liedjies op die kitaar begin speel op d

image-.jpg
0

Johan Anker van The Voice SA het ‘n debuutalbum

Johan Anker van The Voice SA-faam het sy aanhangers se asems behoorlik weg geslaan met sy lang verwagte debuutalbum, Hoop & Bid, wat uiteindelik verlede maand vrygestel is. Hierdie uitreiking is voorafgegaan deur sy vertolking van Leonard Cohen se bekende treffer, Hallelujah, tydens sy heel eerste oudisie op The Voice SA 2016 wat reeds deur meer as 285 000 mense op YouTube gekyk is.

Dié opwindende nuweling wat reeds vanaf 9-jarige ouderdom sing, was nie net ’n lid van die Drakensbergse Seunskoor nie, maar is ook ’n begaafde akteur wat al in verskeie verhoogproduksies te sien was.

Hoop & Bid verteenwoordig ’n weldeurdagte kombinasie van ligte, klassieke en geestelike musiek om ’n deurlopende inspirerende boodskap van hoop aan sy luisteraars te bied. Dié mengsel van roerende lirieke sowel as ritmiese melodieë beloof om nie net in luisteraars se gedagtes vas te steek nie, maar om hulle ook te laat nadink en om vir hul nuwe hoop te gee.

image-.jpg
0

Manie Jackson tree op by die Vrystaat Kunstefees 2018 – Bloemfontein

Die 2019 Bok Radio Bootvaart beloof om DIE GROOTSTE partytjie van die jaar te wees! Luisteraars kan uitsien na optredes deur 22 Kunstenaars wat oor die 4 dae gaan optree. Alle vermaak op die Deck, in die Crystal Lounge en Disco is gratis.

Datum:- 9 Julie 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou
image-.jpg
0

Die musiek blom vanjaar by die Vrystaatse Kunstefees 2018, kom gerus ‘n draai!

Die Vrystaat Kunstefees, in wese ’n Afrikaanse fees, is besig om hom as een van die belangrikste internasionale kunstefeeste op die Afrika-vasteland te vestig.

Datum:- 8 – 14 Julie 2018

Tyd:- die inligting is nie beskikbaar nie

Toegang:- R60, meer inligting oor pryse is nie beskikbaar nie


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

image-.jpg
0

Nuwe musiekvideo uit deur SAARKIE – Langpad

“Ons nuwe musiekvideo gaan oor die tyd wat verbystap, terwyl ons aanhou musiek maak. Tyd gaan verby, klerestyle verander, maar die son sak altyd en kom weer op. As rockgroep, staan ons ook soos tyd nie stil nie, maar bou ons elke dag verder aan ons plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf,” verklap SAARKIE oor die tema agter die musiekvideo van hulle nuutste treffer, Langpad, wat die afgelope Vrydag op die kykNET Top 20 vrygestel is.

Die konsep van die video is deur Girl with Hat Productions, wat bestaan uit André Oosthuizen (mede-regisseur, redigeerder en kameraman), Mjön van Blommestein (mede-regisseur) en kameraman, Thabi Modotuane, uitgedink en is in die groep se “Saarkie-huis” verfilm. Die verloop van tyd word aangedui deur die groeplede se klere wat verander, terwyl hulle steeds besig is om op presies dieselfde plek aan hulle musiek te skaaf.

SA Radio