Musiek414 Videos



Opvoering te Stellenbosch : 401 Rozendal Danie Niehaus
Hiermee word u hartlik uitgenooi om ‘n lekker vertoning deur die bekende Danie Niehaus en smaaklike ete te kom geniet by 401 Rozendal. Die kaartjieprys sluit in ‘n heerlike verwelkomingsdrankie, Canapés en ‘n smaaklike 3 gang maaltyd voorberei deur Two Chefs. Daar sal ook ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.
Datum:- 4 & 5 Mei 2018
Tyd:- Geen inligting verskaf
Toegang:- R580 p.p. – Semi-formeel
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Rozendal?? SA Radio
Ons sal jou nie vergeet nie Chris Blignaut, nog ‘n goue oue wat ons verloor het
Chris Blignaut (1897–1974) was ’n Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat ’n kontrak met ’n platemaatskappy aangegaan het (in 1930). Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd, Ou Tante Koba, Die Donkie en Daar Oorkant Die Spruit. Hy het altesame 120 opnames oor sy loopbaan gemaak.
Hy kon nie ’n bestaan voer van musiek alleen nie en het as jong man by ’n assuransiemaatskappy gewerk met musiek as sy stokperdjie. Gedurende die vroeë twintigerjare het hy aanvanklik sangonderrig van Aimee Parkinson ontvang en daarna ook van Alfred Bell, madam Palmer en signor Pentuzzi. In 1923 het hy eerste gekom in ’n radiotalentwedstryd en verskeie medaljes en diplomas in die Johannesburgse kunswedstryd verower.
Hy het ook in musiekblyspele en operettes opgetree. Dit was gedurende daardie tyd dat hy die eerste keer in Afrikaans op die verhoog gesing het met sy vertolking van Daar oorkant die spruit wat goed ontv
Gehoor van Albert de Wet, ek is seker jy het, so hier is ‘n paar ‘tit-bits’ oor hom
Albert de Wet is ‘n Afrikaanse rock-sanger en liedjieskrywer. Hy maak sy debuut as sanger in 2005 waar hy in die RSGroentjie-kategorie van die Geraas-musiektoekennings tot finalis deurdring. Sy debuutalbum, Dagboek Van ‘n Dromer word in 2006 op 19-jarige ouderdom vrygestel.
De Wet is in 2006 genomineer as ‘n finalis in die “World song vision contest” en is ook genomineer vir die beste Afrikaans Rock-album tydens die 2007-SAMA toekennings. Hy het ook nominasies tydens Huisgenoot se Tempo-toekennings, die MK89-toekennings en die Vonk-toekennings ontvang.
In 2007 stel hy sy tweede album, “3 Jaar” vry, en ook die album word genomineer vir ‘n SAMA-toekenning as beste rock-album. Met die liedjie “Wat het gebeur by Aliwal-Noord?” verower hy in 2009 die VONK-toekenning vir Liedjie van die Jaar.
In Julie 2010 stel de Wet sy derde album vry: “Die vensters na my siel”, sowel as ‘
Sangeres Elizma Theron straal helderder as óóit
Vandag se vroue is te gereeld so totaal oorweldig deur dinge om te doen en ander om tevrede te stel, dat hulle te min tyd neem om na hulself om te sien en hulle werklike waarde en potensiaal besef.
Die polsende nuwe enkelsnit van Elizma Theron, Marilyn Monroe, is oorgehaal om vroue van oraloor tot stilstand te bring, deeglik in die spieël te laat kyk, die vonk binne hulself te laat herontdek en met hernude lewenslus die wêreld op sy kop te draai!
Dis ’n energiebelaaide, pop-rock snit met lewenslustige lirieke, seepgladde harmonieë, sterk elektriese kitaar tema en aansteeklike ritmes wat jou, hakskoene en al, op maat van die musiek sal laat laat saamdans – propvol selfvertroue en reg om die dorp behoorlik rooi te verf!
Oor die snit sê Elizma: “Marilyn Monroe ’n liedjie is vir elke vrou, ongeag van hoe jy lyk, wat jou agtergrond is, hoe oud of jonk jy is, of die grootte van jou klere.”
“Marilyn Monroe was die toonbeeld van s
Ontmoet Lize Beekman in ‘n neutedop
Lize Beekman is ‘n Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer. Sy het op 3-jarige ouderdom aangekondig dat sy eendag haar eie liedjies gaan skryf. Op 12 is haar eerste lied, Like an Eagle, deur die Country-sanger Clive Bruce opgeneem.
Beekman se lied, ’n Sonneblom uit Bethlehem, wat deur Laurika Rauch opgeneem is, is in 2002 gedurende die GMT Awards as Lied van die Jaar genomineer. Van haar ander treffers sluit in: Draadkar oor die see, Suidlandgebed en Ek het ‘n boer sien dans. Sy het haar eerste solo-uitstalling in 2013 gehou.
Diskografie
* Ek Was Al Daar DVD, 2010 SELECT
* Sit ‘n Bietjie Langs My, 2008 Lize Beekman
* Lize Beekman – Lullabies, 2007 BOWLINE
* Draadkar Oor Die See, BOWLINE
* Iemand Het Gesê, 2004 JNS
* Cake, 2000 JNS
* Eyes Of A Child, 1997
Loer hier onder aan een van haar musiekvideo’s:- Lize Beekman – Diepsee of Knysnabos<
‘N nuwe enkelsnit uit deur Hanna Boss:- Verf Jouself
Hanna Boss se enkelsnit, Verf Jouself, is gedurende Oktober 2017 uitgereik en kan reeds oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word! Hierdie splinternuwe treffer sal ook beskikbaar wees op haar album wat die rakke gedurende Februarie 2018 sal tref!
Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing.
Die musiekvideo is in ’n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media.
Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam me
Leer ken vir Bouwer Bosch met hierdie kort Bio van hom
Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.
Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.
Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.
Hier is jou Top 20 vir die week van 16 Oktober 2017
Die Amerikaner reik eerste Afrikaanse enkelsnit uit!
Die Amerikaner Camille van Niekerk het pas haar heel eerste oorspronklike Afrikaanse snit, Proteas Op Die Tafel, vrygestel.
Camille, wat in Amerika gebore is, het ’n ongelooflike voorliefde vir ons mooi taal ontwikkel na haar huwelik met haar Suid Afrikaanse man wat tans medies in Amerika studeer.
Haar Afrikaanse weergawes van bekende treffers wat sy aanvanklik vir haar man en sy ouers gesing het ’n internet sensasie geword. Duisende aanhangers het voorstelle gestuur wat hulle graag sal wil hoor. Camille het dit akoesties getoonset en met haar aanhangers op sosiale media gedeel.
“Wat ’n groot voor reg was dit nie vir my toe Gian Groen aangebied het om ’n oorspronklike lied te skryf,” sê sy.
Nadat Gian met haar kontak gemaak het, het sy vir hom gesê dat sy al op ’n geleentheid saam haar man in Suid-Afrika was en dat sy verlief geraak het op die mooi Kaap en sy proteas.
Gaan SA Radio
The Grand Jol – Cape Town
Trek jou dansskoene aan en kuier een aand saam met gewilde kunstenaars Kurt Darren, Emo Adams, Garth Taylor, Loyiso, Tarryn Lamb en Salome op die grootste dansvloer in Kaapstad. Die GrandArena sal vir hierdie eiesoortige geleentheid in `n spoggerige dansvloer omskep word en gaste sal geleentheid kry om die aand verby te dans.
Datum:- 5 Mei 2018
Tyd:- 18:30
Toegang:- R240
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Grandwest Casino & Entertainment World?? SA Radio
Nuwe musiekvideo uit deur Joe Foster
“’n Mens maak seer met woorde en juis oor daardie rede kan ’n mens nie altyd met woorde jammer sê nie, maar eerder vergifnis vra deur iemand net vas te hou.” Só sê die sanger en liedjieskrywer Joe Foster, wie se musiekvideo van sy nuwe enkelsnit, Vrede Maak, onlangs opgeneem is. Dié enkelsnit is eksklusief op die JOOX-musiekstroom app aan sy aanhangers beskikbaar gestel.
“Ek het JOOX gekies want ek dink regtig dis baie belangrik om deel te wees van hierdie platform,” het Joe vertel. Volgens Joe is JOOX perfek vir die Afrikaanse musiekbedryf – veral as mens die toekoms in ag neem waar musiekstroom-apps nóg meer gaan groei en gewilder gaan word.
Vandat Joox in Suid-Afrika bekend gestel is, het dit ’n reuse-omwenteling in die Afrikaanse
musiekwêreld veroorsaak.
Met verskeie funksies op die app het musiekliefhebbers nou hul gunsteling Afrikaanse treffers binne bereik en kan hulle selfs hul eie persoonlike speellyste saams
Howzit Hoezit Versoeke Nr.2 met Pieter van Zyl elke Donderdag aand op SAUKradio
Martin Bester wil ‘sonder toestemming’ wees wie hy is!
Net wanneer jy dink dat Martin Bester jou nie nog meer kan beïndruk nie, verras dié veeslydige vermaaklikheidster en bekroonde radio-omroeper jou met iets nuut en opwindend om jou dag te maak!
Sy splinternuwe enkelsnit, Vir Die Liefde, is nie net so ’n aangename verrassing nie, maar beloof ook om baie vinnig ’n gunsteling te word op luisteraars se musiekspeellysies en op treffersparades regoor die land.
Hierdie polsende popliedjie, uit die pen van Martin, Dolf Willemse en Ewald Janse Van Rensburg, het ’n baie kragtige en inspirerende boodskap waarby oud en jonk sal aanklank vind. “Dis ’n baie persoonlike liedjie. Ek het oor die afgelope jaar weereens besef dat ’n mens partykeer ’n lyn in die sand moet trek.
Nie almal gaan v
Dit Wat Saak Maak met Mariska Dalene – Onderhoud met Ivan van der Merwe
Somerset West Koos Kombuis: Sunset Concerts
St Helena Bay: Green and White party
Die Eiland Huis St Helena Bay invites you to join us on 31st March to celebrate our 13th birthday and Cerebral Palsy Awareness Mont.
Bring your drinks and snacks along! March is green and white month! Variety concert with some amazing performers! Bring your own drinks along. Prizes and lucky draws!
Date:- 31 March 2018
Time:- From 18:30 until Late
Price:- R120 P.P. Dress code (green and white – not essential)
Looking for a cosy place to stay ?? SA Radio
Stellenbosch Vergenoegd: A Taste of Belgium 6th edition
Get “A Taste of Belgium” at Vergenoegd Wine Estate!!!!! Ladies & gentlemen, get your taste of goods from the land of waffles and beers. The One & Only Belgian beer & food market festival in Cape Town area.
Date:- 14 April 2018
Time:- From 09:00 until 16:00
Price:- Free
This festival is brought to you by the Belgian Chamber of Commerce and the Belgian Consulate in Cape Town. It really doesn’t get more authentic than this… outside of Belgium. The food, the beer, the music and the goods on sale at the market will all hail from the land of chocolate, waffles, fries and beer. Lots of surprises to come, and you are sure to get hungry there!
Looking for a cosy place to stay nearby in Stellenbosch ?? SA Radio
Gehoor van Carlo, leer hom ken, hier is ‘n kort Bio van hom
Carlo (Volle naam Carlo de Goede) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant. Hy het sy sangloopbaan op ouderdom 12 begin en het mettertyd menige diplomas en trofeë gewerf. Terwyl hy nog op skool was, is hy gekies om die hoofrol in ‘n musiekblyspel van die bekende “Grease” te speel in Johannesburg.
In 2001 is hy gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Amerika as ‘n kunstenaar vir Mother City Records (gestig deur Mr Eddie Singleton, eienaar van Mo-Town Records VSA). Carlo was ook die hoofsanger van die groep “Amy Blue” wat heel dikwels by La Med, Kampsbaai opgetree het. In sy kort tydjie by “Blue Productions” het hy die verhoog in ‘n verskeidenheids-konsert met die bekende Sonja Herholdt gedeel by die High Street Teater.

H
’N eerste vir Afrikaanse musiek – VIA se nuwe reeks
VIA (DStv-kanaal 147) en die Afrikaanse musiekbedryf se grootste onafhanklike platemaatskappy, Coleske Artists, is op soek na die volgende groot Afrikaanse kunstenaar.
In die nuwe TV-reeks Die Kontrak, wat later vanjaar op die Afrikaanse leefstylkanaal uitgesaai gaan word, sal agt aspirant-sangers dit uitspook om ’n gesogte platekontrak. Die Kontrak se mentors – Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn en Dewald Wasserfall – sal uit die aansoeke die agt talentvolste kandidate kies.
Elk van hulle stap die kompetisie binne met ’n platekontrak. Die uitdaging is egter om die kontrak te behou, want aan die einde van elke episode word een kontrak deur die grootbaas, Arnold Coleske, opgeskeur. En teen die einde van die reeks ontvang net die wenner ’n kontrak met Coleske Artists.
Deur die loop van die reeks sal die agt aspirant-sangers ook week na week uitgekyk word deur ’n paneel van drie kenners: die musieksterre Corlea Botha en Theuns Jordaan en die kreatie
Bobby van Jaarsveld tree op te Welkom
Vang die talentvolle sanger-liedjieskrywer, Bobby Van Jaarsveld speel vir die eerste keer by Goldfields Casino.
Aanhangers kan uitsien na ‘n aand van vermaaklikheid, aangesien Bobby op die verhoog gaan met sommige van sy grootste treffers en fan gunstelinge. Bring die hele gesin en moenie hierdie wonderlike vertoning misloop nie.
Datum:- 23 Junie 2018
Tyd:- 19:00
Toegang:- R150
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Welkom?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Bobby Van
Paarl : Mel Botes: Poets, Wine & Song
Die sanger Steve Hofmeyr kom SKREE in Kaapstad
Steve Hofmeyr het rede om te glimlag. Hy het sy 30ste CD opgeneem, sy 11de boek uitgegee en op 53 jaar weer pa geword! Baie om te vier… Sy dubbel platinum Country was een van Suid-Afrika se beste verkopers vir 2016 en nou kan sy leer van ondersteuners uiteindelik uitsien na SKREE, sy nuutste oorspronklike album vir sy SKREE-toer in 2018.
Datum:- 19 April 2018
Tyd:- 18h45
Toegang:- R170 – R200
Kinders:- (3 to 12 jaar): R120.00
“Ek word pal geinspireer deur mense, idees en seeninge. Ek was vir die eerste keer in jare weer lus om te skryf. SKREE is die resultaat,” het hy gese voordat hy sy internasionale toer afgeskop het in Australie en Nieu-Seeland. Hy bring dekades reeds `n voorsmakie van sy Afrika aan duisende bewonderaars oor die wereld. Hy het terugkeer huis toe vir die publikasie van sy 11de boek, `n misdaadroman genaamd Die Onaantasbare
Joe Foster vat die ‘volgende stap’ met ‘n nuwe album
Drie jaar nadat die sanger en liedjieskrywer, Joe Foster, sy Ghoema-bekroonde album Hartklank vrygestel het, doen hy dit weer.
Hy vat as’t ware die ‘volgende stap’ met hierdie nuwe album. Alhoewel hy gedurende die twee albums reeds talle liedjies en projekte aangepak het, het hy gevoel dat die tyd nou reg is vir ’n volgende album.
Twee van die dertien liedjies op die album is reeds vrygestel en goed ontvang deur die publiek. Vrede Maak en Look Away, Joe se eerste Engelse snit, het sedert die uitreiking daarvan gereeld op treffersparades gekuier. Hierdie twee snitte is ’n lusmaker van wat aanhangers van die nuwe album kan verwag, wat vroeg in Augustus vrygestel word.

Aanhangers kan ook solank gereed maak vir Joe se volgende enkelsnit. Die snit, wat o

