Boer345 Videos

image-.jpg
0

Pieter Rischmüller beter bekend as Piet Pompies, verras weer met nuwe album

Die voormalige hoofsanger van die dinamiese, skreeusnaakse groep DJ Ossewa, Pieter Rischmüller, oftewel Piet Pompies, met die bruin bolhoed, het in 2014 besluit om sy vlerke te sprei.

Hy het nuwe horisonne ontdek, nuwe avonture beleef, die wêreld aan die brand gesing, en gehore vermaak met sy voet-stamp, polsende, lyfswaai liedjies en spitsvondige, sprankelende verhoogpersoonlikheid.

Piet Pompies is nie net ’n sanger, liedjieskrywer, radiopersoonlikheid en grapkas nie, maar ook ’n uitmuntende afslaer en seremoniemeester vir alle geleenthede, boonop ’n kranige golfer ook. Hy het sy debuut as radio-aanbieder in 1996 gemaak en later ook sport kommentator, voordat hy die musiekbedryf die stryd aangesê het saam met die groep, DJ Ossewa.

image-.jpg
0

Plaaslike sanger Roan Ash gekies vir wêreldwye veldtog van Apple Music

Apple Music, wat steeds nuwe talent op die Afrika-kontinent ontdek en ontwikkel, het die Suid-Afrikaanse sanger, Roan Ash gekies om deel te wees van Country Wide, ’n wêreldwye Country Musiek-veldtog wat op 27 Julie afgeskop het.

Die wêreldwye inisiatief sluit The Wild Feathers van die VSA, Catherine McGrath (Ierland), Tenille Townes (Kanada) en Australië se Missy Lancaster in.

Ash, wat in Pretoria gebore is, het bekendheid verwerf as deelnemer in die eerste seisoen van The Voice, Suid Afrika.

Sy album Whiskey To My Soul is vroeër vanjaar bekend gestel. Dit volg op sy 2015-debuutalbum The Traveller. Hierdie sanger en liedjieskrywer het vele aanhangers gewen toe hy vanjaar op die Suid-Afrikaanse weergawe van Dancing with the Stars ’n pragtige

maatjie234_60v2
0

Pot Soek ‘n Deksel met Maatjie.com

SAUKRadio is trots om “Pot Soek ‘n Deksel” aan U voor te stel. ‘n Nuwe program wat U graag wil voorstel aan U Deksel, of Pot, sou U een begeer. Ons gaan elke Vrydag aand vir U meer oor die nuwe wêreld van aanlyn afsprake vertel en sommer lekker kuier. Mettertyd sal U sien hoe […]
image-.jpg
0

Potjie en Mampoerfees – Vanderbijlpark

‘N Dag en nag om alles te vier wat pret is en smaaklik goed is – in Afrikaans – insluitend Lianie May. Baie goed geprysde land kos en drankies van stalletjies aan die oewer van die Vaalrivier.

Datum:- 28 Julie 2018

Tyd:- 11:00

Toegang:- R60.00, Kinders onder 6 word gratis toegelaat, AFSLAG – Kinders 6 tot 12 jaar: R20.00


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Vanderbijlpark?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio

Radio Jacaranda FM onder skoot oor omroeper se rassistiese uitlatings

Jacaranda FM is onder skoot na beweerde rassistiese uitlatings deur ’n omroeper. Die vakbond Solidariteit het Dinsdag bevestig dat hy aan die radio geskryf het oor die saak. Die vakbond sê hy het gevra vir die klank- materiaal waarin omroeper Tumi Morake glo die gewraakte uitlatings gemaak het. Solidariteit sê: “Dit volg nadat Morake na […]
image-.jpg
0

Retief Burger is ‘n Gospel sanger, hier is ‘n bietjie meer oor hom

Retief Burger is ’n aanbidder in sy wese. Vir hom gaan dit oor meer as net liedjies. Sy musiek vind aanklank by ’n wye spektrum mense omdat dit opreg en modern is. Hy is egter nie net ’n aanbiddingsleier nie, maar glo dat God hom geroep het om mense te lei na die hart van die Vader. Hy het ook ‘n passie om nuwe leiers op te rig wat oor alle kerk- en generasie grense saamwerk vir een doel: om God bekend te maak en vir sy eer te leef!

Retief het nog nooit enige begeerte gehad om ‘n “kunstenaar” te wees nie. Hy wou aanvanklik net relevante Afrikaanse lof- en aanbiddings liedjies skryf om die studente by Kruispunt (’n Studentebediening in Potchefstroom) in God se teenwoordigheid in te lei. Dit was Louis Brittz wat hom na jare se getorring oorreed het om sy musiek op CD vas te lê en om sodoende die musiek tot die hele land se beskikking te stel. Retief: “As dit nie vir sy visie was nie, sou Luidkeels nooit gebeur het nie. Ons sou nooit kon droom

image-.jpg
0

Riana Nel se derde Afrikaanse album is uit

Riana Nel se derde Afrikaanse album, “Jy sal weet” wat vroeër vandeesmaand bekend gestel is, verstom weereens met meesleurende melodieë en betekenisvolle lirieke wat beslis menige hartsnare gaan roer. Dit volg kort op die ongekende sukses van haar vorige Afrikaanse albums, “Die Moeite Werd” waarmee sy in 2011 die mark betree het en “Die Regte Tyd” wat in 2015 as die topverkoper album van die jaar by die gesogte SAMA-toekennings aangewys is. Sy het egter reeds vanaf ‘n baie jong ouderdom met haar Gospel albums, “Oopmond”, “The Cure” en “Someone with skin” binne die internasionale mark bekendheid verwerf.

Dié boorling van Namibië wat self vir die skryf van byna al die liedjies op hierdie album verantwoordelik was, het deur die jare heen vir haar persoonlike, byna introspektiewe skryfstyl bekend geword. “Jy sal weet” waaraan sy twee jaar lank geskaaf het, is beslis geen uitsondering nie, want sy is intussen getroud en het ook on

image-.jpg
0

Rinel Day het ‘n wonderlike stem, en sy nou in ‘n groep – JaneDuke

Rinel Day kom 16de in die Wereld met die World Peace Song Contest, met haar Liedjie Vuur met Vuur Veg ,waarin Celine Dion 2de geeindig het.

Rinel Day het reeds 22 nommer 1’s op Radio met haar debuut album “Rinel Day”

Rinel Day is genomineer vir n Ghoema 2013 Toekenning in die kategorie – Beste Pop Album deur n Vroulike Kunstenaar met haar debuut album getiteld “Rinel Day”

Rinel Day is in 2014 aangestel as die Beskermvrou vir Jakaranda Kinderhuis

Rinel Day is genomineer vir n Ghoema 2015 Toekenning in die kategorie – Beste Kontemporere Album deur n Vroulike Kunstenaar met haar album “Dit Staan in die Sterre”

Rinel Day is te sien in Leon Schuster se nuwe fliek SCHUKS…. PAY BACK THE MONEY (In teaters 28 Augustus 2015)

Rinel Day is tans gekies deur Carpe Diem uitgewers om deel te vorm van die nuwe VROUE WAT GLO 2016 dagboek

Rinel Day vorm ook deel van die nuut be

image-.jpg
0

Robbie Wessels Groostse Treffers – Carnival City Casino and Entertainment World – Johannesburg

Robbie is n kunstenaar, eie in sy soort. As akteur, sanger, liedjieskrywer en filmmaker kan hu jou laat le van die lag, maar jou ook dieper laat delf in die dinge van die lewe.

Datum:- 25 Mei 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in die Carnival City Casino and Entertainment World area?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek

image-.jpg
0

Rocco De Villiers, Liewe Hemel Liewe Aarde – Pretoria

Gewilde pianis Rocco de Villiers bring nie net n versameling van die mooiste musiek ter wereld nie, maar ook n nuwe `best of` vrystelling van die mees gewilde, gesluisterde snitte van sy vorige 6 albums BEAUTIFUL BEAUTIFUL PIANO, MORE BEAUTIFUL PIANO, STUNNING, COUNTRYKEYS en BEAUTIFUL BEAUTIFUL HYMNS 1 & 2. Elke snit deur die gehoor gekies.

Datum:- 4 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Prys:- R200 – R220


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? SA Radio
image-.jpg
0

Sanger Hanna Boss het ‘n enkelsnit uit:- Verf Jouself

Hanna Boss se enkelsnit, Verf Jouself, is gedurende Oktober 2017 uitgereik en kan reeds oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word! Hierdie splinternuwe treffer sal ook beskikbaar wees op haar album wat die rakke gedurende Februarie 2018 sal tref!

Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing.

Die musiekvideo is in ’n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media.

Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam me

image-.jpg
0

Sanger Jacobus Silwer komponeer musiek vir grootste Afrikaanse gemeenskapsteater projek

Judas Iskariot – Die Passiespel, deur die vervaardigers van, Pilatus – ’n kruis in die pad, gaan vanaf 1 April in die Sand du Plessis Teater op die planke wees.

Die teks is deur Gertjan Holtzhausen geskryf, en Jacobus Silwer het splinternuwe musiek en lirieke vir hierdie musiekblyspel gekomponeer. Die temalied, Wegkruipplek, wat ook op Jacobus se gospelalbum gaan verskyn, word eersdaags bekend gestel. Die regie word deur Dr. Niel van Niekerk en Michelle Hetzel behartig, terwyl Jaco Bezuidenhout die musiekregisseur is.

’n Jeug orkes van 50 instrumente, dirigeer deur Heinrich Lategan, sal Judas Iskariot begelei. Dis heeltemal uniek, en word beskou as een van die grootste Afrikaanse gemeenskapsteater projek in Suid-Afrika.

Sowat 70 akteurs, sangers, dansers en ekstras gaan almal op één verhoog te sien wees. Die hoofrolle word deur professionele akteurs vertolk, en die kleiner rolle word deur mense uit die gemeenskap gevul.

image-.jpg
0

Sangeres Chanell van den Bergh is ‘twee tree’ nader aan haar droom

Chanell van den Bergh het onlangs haar splinternuwe enkelsnit, Twee Tree vrygestel.
Dié snit, geskryf deur Chanell en Daniel Po, handel oor die tipiese Engelse gesegde, I’ve got your back – die gevoel in ’n vriendskap of verhouding waar jy weet iemand sal altyd agter jou staan, ongeag wát.

Chanell hoop om met dié country/pop enkelsnit te slaag daarin om die publiek vir ’n paar minute weg te neem uit hul realiteit. “Ek hoop mense sal dit goed ontvang en dat hul sommer sal wil dans wanneer hul dit hoor.”

Die musiekvideo, vervaardig deur VPH Films, is in die Noorde van Pretoria geskiet, want hulle wou graag ’n treinspoor insluit in die tonele. Chanell vertel dat die opname groot pret was en dat alles sommer vanself in plek geval het.

“Ek het nie geweet ek moet daarin dans nie, maar toe die musiek begin en almal sê ek moet dans, toe dans ek maar – en geniet dit,” vertel sy.

Chanell is intussen ook besig met haar

image-.jpg
0

Sangeres Elizma Theron straal helderder as óóit

Vandag se vroue is te gereeld so totaal oorweldig deur dinge om te doen en ander om tevrede te stel, dat hulle te min tyd neem om na hulself om te sien en hulle werklike waarde en potensiaal besef.

Die polsende nuwe enkelsnit van Elizma Theron, Marilyn Monroe, is oorgehaal om vroue van oraloor tot stilstand te bring, deeglik in die spieël te laat kyk, die vonk binne hulself te laat herontdek en met hernude lewenslus die wêreld op sy kop te draai!

Dis ’n energiebelaaide, pop-rock snit met lewenslustige lirieke, seepgladde harmonieë, sterk elektriese kitaar tema en aansteeklike ritmes wat jou, hakskoene en al, op maat van die musiek sal laat laat saamdans – propvol selfvertroue en reg om die dorp behoorlik rooi te verf!

Oor die snit sê Elizma: “Marilyn Monroe ’n liedjie is vir elke vrou, ongeag van hoe jy lyk, wat jou agtergrond is, hoe oud of jonk jy is, of die grootte van jou klere.”

“Marilyn Monroe was die toonbeeld van s

image-.jpg
0

Sangeres Hanna Boss en Burgerd Botha werk saam!

Hanna Boss se splinternuwe debuutalbum, Verf Jouself, is pas uitgereik en menseverhoudings is die sentrale inspirasie agter die musiek.

Sy beskryf dit as ’n moderne Afrikaanse popalbum, waarvan die titelsnit presies verklap waar sy tans in haar lewe is en wat sy moes doen om hier te kom.

Haar eerste enkelsnit, ook getiteld, Verf Jouself, vanaf die nuwe album is gedurende 2017 uitgereik en het binne die eerste twee weke na vrystelling die treffeparades oorgeneem en ook die Nr. 1 posissie op GrootFM se Groot 20 bereik. Die musiekvideo is ook gereeld te sien op verskeie televisiekanale soos kykNET, SABC 2 en MyTV.

Haar tweede enkelsnit, Mekaar Bedoel, is ’n duet saam met alombekende Burgerd Botha (Romanz) en word nou, gedurende die maand van liefde, aan radiostasies landswyd uitgereik. Hulle deel ’n hegte vriendskap wat oor baie jare strek en volgens Hanna was Burgerd die natuurlike keuse vir hierdie duet.

Die liedjie vier daardie a

image-.jpg
0

Sangeres Juanita du Plessis vier 20 jaar met spesiale album

Die gewilde sangeres, Juanita du Plessis, vier vanjaar haar 20ste jaar in die musiekbedryf, en wat ’n beter manier om hierdie indrukwekkende mylpaal te vier as met ’n spesiale uitreiking van treffers oor die laaste tien jaar.

“My 20 jaar treffers album is klaar en ek kan nie meer wág om alles met julle te deel nie! (Ek wag al 20 jaar hiervoor),” skryf Juanita op haar Facebook-blad.

Die album, wat 20 Jaar Treffers van 2008 – 2018 heet, bevat treffers soos Wit Vlag, Hambamba, Hart vol Drome, Jou Volla, Engel Van My Hart, As Vandag My Laaste Dag Is,
Wees Lig en vele meer.

’n Lekker verrassing op die album is drie splinternuwe liedjies. Vir diegene wat nie solank kan wag vir die album nie, is daar spesiale voorskoue.

Klik op die skakel om na van die ‘snippets’ te luister.

Loer ook hier onder

image-.jpg
0

Sangeres Mari Bosman reik haar nuwe enkelsnit en musiekvideo uit

Die donkerkop sangeres, Mari Bosman, het pas ’n nuwe goedvoel liedjie oor hoop en vergifnis vrygestel. Dié liedjie wat in Mari se woorde as ‘rooiwyn rock’ beskou kan word, is deur die talentvolle sangeres self geskryf.

Hou Vas is ’n folk-popliedjie wat hoop gee in ’n donker land. “Met al die slegte dinge wat rondom ons aangaan en mense wat gou moed verloor, het ek die liedjie geskryf om mense weer ’n bietjie hoop te gee,” sê sy. “Kom waai die wind weer in my seile, die gif is uit my pyle, verwys na vergifnis. Ek glo dit speel ’n baie belangrike rol in aanbeweeg.”

Sean Manley het die verwerking van die liedjie gedoen, terwyl die bekwame Vaughan Gardiner gesorg het vir die meng en meester daarvan. Ricus Nel het op sy beurt gesorg vir die kitare op die liedjie.

Mari is oorspronklik van die Paarl, maar het onlangs Pretoria toe getrek om haar loopbaan in musiek te volg. Sy het reeds van kindsbeen af begin kitaar speel en liedj

image-.jpg
0

Sharoney stel nuwe musiekvideo vry ‘Crush’

Sharoney, se nuwe enkelsnit, Crush, kan gereeld op radiostasies landwyd gehoor word en die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook onlangs bekendgestel!

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant.

“Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord geh

saukradiologo
0

Skakels om na SAUK Radio te luister op alle selfone, rekenaars en tablette

Skakels om na SAUK Radio se Sportuitsending Vandag saam met Gottie Myburgh te luister vanaf 15:00. Luister met:  Android: http://radio.sauk.mobi:7068/;stream.mp3  BlackBerry: http://radio.sauk.mobi:7068/;stream.mp3  iPhone: http://radio.sauk.mobi:2199/tunein/saukradio.pls Rekenaar vanaf ons tuisblad: www.t.v.co.za Skakel elke Saterdagmiddag in op SAUK Radio en luister na sport tellings soos dit gebeur en na heerlike musiek elke dag heeldag! Gesels saam in die […]
image-.jpg
0

SKY OCEAN ontbloot haar siel met nuwe enkelsnit

Sky Ocean het een van daardie stemme wat jou in jou spore laat vassteek wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is hoendervleismooi emosie en ’n strelende klank in haar stem wat jou uitnooi om verlore te raak in haar musiek. Dit is dan ook hierdie eienskappe wat haar derde enkelsnitvrystelling, BLACKHOLES IN MY HEAD, so besonders maak.

BLACKHOLES IN MY HEAD is ’n moderne ballade met ’n pop-rock-aanslag. Hierdie ballade is in Australië geskryf in samewerking met Byron Keno en bevraagteken al die onbeantwoorde vrae wat daar oor liefde bestaan. Al daardie dinge oor die liefde wat niemand verstaan nie. “Somtyds gee jy jou alles vir iemand of iets nog voordat julle amptelik ’n paartjie is. Jy leer nie eers hoe om te vlieg voordat jy val nie, jy vat ’n kans en laat net gaan met ’n hart vol hoop en vertroue dat dit sal uitwerk.

Wanneer dit ’n week later nie uitwerk nie, beweeg die persoon so vinnig aan en jy sit met die gebroke