Boer345 Videos



Kurt Darren se nuwe album ‘laat die dansvloer brand’
Hopefield: Swembad-vol Water-Insameling saam met Armand Hofmeyer
Saam met ons SPORE-INI-SAND Fees en Armand Hofmeyer wat heeldag sing, samel ons waterbottels in ten bate van Toerisme!
Datum:- 1 April 2018
Tyd:- Heel dag
Toegang:- R20 P.P. kinders gratis
Die dorp is in 1852 op die plaas Langekuil gestig. Dit het in 1914 ‘n munisipaliteit geword. Na twee mense wat dit uitgelê het, is Major William Hope, Ouditeur-generaal en ‘n Mnr. Field.
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Hopefield SA Radio
Karlien van Jaarsveld & orkes tree op – Atterbury Theatre – Lynnwood
KARLIEN VAN JAARSVELD, multi platinum kunstenaar tree op met `n 3 stuk orkes. Sy neem jou op `n reis van haar lewe met liedjies uit haar eie pen, maar ook liedjies van ander kunstenaars wie se musiek ook deel van haar lewe vorm en vir sy baie respek het.
Datum:- 3 Mei 2018
Tyd:- 19:15
Toegang:- R160 – R180
Die duo Coffee Snobs reik ‘n nuwe debuutalbum uit
Musiek vir connoisseurs. Dis die musiek wat die musikale musiekpaartjie Vernette en Marius Wessels – oftewel Coffee Snobs – op hul debuutalbum Aroma (met die pragtreffer Eie land) geskep het.
Nou kry musiekliefhebbers wat gehaltemusiek waardeer, hul tweede album: Lig. “Ek voel ons het ons ware identiteit gevind en dit op hierdie album vasgevang. Oor die algemeen het die album ’n meer akoestiese en organiese aanslag as die eerste album. Dit wat jy op die album hoor, is ook wat jy gaan hoor as jy ons sien optree:. Dis wie ons is,” sê Vernette.
Die album bestaan uit sewe Afrikaanse en twee Engelse liedjies; almal oorspronklike nuutskeppings. Die titel van die album weerspieël die tema van lig wat deurlopend in die lirieke voorkom. Vernette sê sy het net een oggend wakker geword en geweet dat die titel Lig moet wees!
“Oor die algemeen is dit ’n baie positiewe album wat ’n boodskap van hoop en ’n toekoms verkondig! Jake Odend
Van Polisieman tot Sanger:- Desmond Wells
Twaalf jaar terug het my kollegas vir my gesê: “Wat? Gaan jy die polisie los! Wat van jou medies en jou pensioen?”
Só skryf ’n dankbare Desmond Wells op sy Facebook-blad, wie se paadjie vol kronkels was vóór hy die vrugte van geluk kon pluk. Desmond het gewerk op die Cape Flats, soos hulle dit in die volksmond noem, as polisiebeampte, en in daardie tyd was daar baie noue ontkomeings en skietgevalle. Desmond was so passievol oor sy werk dat hy in 2000 genomineer is as polisiebeampte van die jaar.
In 2004 het hy deel gevorm van die Wes-Kaap polisie se provinsiale atletiekspan en het selfs ’n bronsmedalje ontvang.
“Dit was maar baie negatiewe omstandighede waaronder ek gewerk het en vir jare daarna sou ek nog steeds nagmerries en terugflitse kry oor die lelike goed wat ek vir soveel jare elke dag moes sien,” sê Desmond.
In 2005 besluit Desmond om sy loopbaan as polisiebeampte in die SAPD prys te gee om voltyds te sing. In dié jaar ontvang h
Let’s remember the golden singers from the past:- Cora Marie
Cora Nell was born on 3 January in 1953.She grew up in Springs. Her childhood years was very challenging. She grew up in a orphanage due to her father that passed away when she was a year old.
At the age of 17 she started to work as a receptionist at the South Afican Army. Cora always had a passion for music and singing, and she started to participate in Tallent competitions while working as a receptionist. While participating in a tallent competition she was noticed by a young record producer- Corrie Myburgh. Cora introduced herself to him and told him that she wants to record a album. The record producer advised her that she was not ready to record.
This did not stop Cora from recording her first single. In 1976 she recorded her first single- Hasta Manana (Song from Abba).
Cora lost contact with Corrie Myburgh, but they reunited in 1979, and after developing a friendship they got married in September of 1979.
Her Dubet Album “Lang
Andre Schwartz tree op te Drostdy Theatre
Die man se stem is iets besonders en hy verstaan van konsert hou – sy verhoogspersoonlikheid is magneties – hy dra immers die Andrew Lloyd Webber stempel van goedkeuring.
Datum:- 28 Julie 2018
Tyd:- 20:15
Toegang:- R120
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Stellenbosch?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Sy vertoning is n belewenis van nostalgie, treffers, styl, hu
Gooi daai meel op die vloer en kom skoffel saam met Klipwerf in die Kaap
Die mees populerste musiek orkes Klipwerf is hier vir `n dans party soos nog nie gesien nie. Bespreek jou kaartjies of tafel nou. Klipwerf Orkes meeste CD verkope in SA. Kom dans saam.
Datum:- 18 Augustus 2018
Tyd:- 19:00 to lekker laat
Toegang:- R150.00, Tafelsitplekke op ‘n eerste-op-die-eerste basis. ‘N tafel sit 10 gaste, kaartjies kan individueel of in groepe van 10 gekoop word.
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Goodwood?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf?
Kom geniet die Swartlandskou Maskerbal – Moorreesburg
Kom geniet Swartlandskou se eerste MASKERBAL, `n heerlike plattelandse atmosfeer met die verruklikste musiek en die lekkerste kos Vrydagaand.
Datum:- 31 Augustus 2018
Tyd:- 18:00 – 23:00
Toegang:- Enkel kaartjies kan nie vir hierdie geleentheid bespreek word nie. Kliënte moet ‘n volledige tafel van 10 beskikbare sitplekke in totaal ter waarde van R2250.00 per tafel bespreek. PRYS DEK ‘N 3 KURSUS AANDETE IN PER PERSOON.
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Moorreesburg, Wes Kaap?? SA Radio
Pieter Rischmüller beter bekend as Piet Pompies, verras weer met nuwe album
Die voormalige hoofsanger van die dinamiese, skreeusnaakse groep DJ Ossewa, Pieter Rischmüller, oftewel Piet Pompies, met die bruin bolhoed, het in 2014 besluit om sy vlerke te sprei.
Hy het nuwe horisonne ontdek, nuwe avonture beleef, die wêreld aan die brand gesing, en gehore vermaak met sy voet-stamp, polsende, lyfswaai liedjies en spitsvondige, sprankelende verhoogpersoonlikheid.
Piet Pompies is nie net ’n sanger, liedjieskrywer, radiopersoonlikheid en grapkas nie, maar ook ’n uitmuntende afslaer en seremoniemeester vir alle geleenthede, boonop ’n kranige golfer ook. Hy het sy debuut as radio-aanbieder in 1996 gemaak en later ook sport kommentator, voordat hy die musiekbedryf die stryd aangesê het saam met die groep, DJ Ossewa.
Top 20 vir die week: 5 Maart 2018
Legendes van Afrikaanse Musiek: Hulde aan ’n goue oue: Gé Korsten
Gé Korsten-aanhangers sal verheug wees om te hoor dat Legendes van Afrikaanse Musiek afskop met die kollig op dié legendariese musiekswaargewig.
Hier is tien dinge wat jy dalk nie van Gé geweet het nie.
1) Hy is in Schiedam, Nederland, gebore.
2) Die eerste keer wat hy gesig gewys het op ’n verhoog was in die operette Lilac Time.
3) Hy is 1952 met Elna Burger getroud en daar is vyf kinders uit die huwelik gebore.
4) Gé se seun, Gérard Korsten, aardjie na sy vaartjie – dié is ’n internasionale violis en dirigent.
5) Wie sou kon raai dat Gé ’n opgeleide elektrisiën is.
6) Gé is die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat meer as ’n miljoen plate verkoop het.
7) Sy grootste treffer en óók sy deurbraak in ligte musiek het gekom met die fliek, Hoor my Lied.
8) Gé het sy filmdebuut in die rolprent Kruger Miljoene gemaak.
9) In 1969 het hy ’n Europese Midem-toekenning ontvang as een va
Makietie te Wellington Op ń Stasie fees
Die Stasiefees vanaf 11 tot 12 Mei is voorwaar ‘n opskop wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid meesterlik saamsnoer en vier. Kom na Stokery Straat vir ‘n geleentheid wat geeneen mag misloop nie!
Datum:- 11 & 12 Mei 2018
Tyd:- 09:00 tot laat
Toegang:- R150
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Wellington?? SA Radio
‘n Kragtige ballade word uitgereik deur Almero
Hy is skaars twintig jaar oud en spog reeds met sy eie kortverhaal, digbundel en twee enkelsnitte, wat almal baie goed ontvang is. Met die vrystelling van sy nuutste treffer, Monochromie, gaan Almero nie net ’n opskudding veroorsaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook vir homself ’n permanente plek lossing in die harte van musiekliefhebbers.
“Monochromie is wat ek noem ’n kragballade. Dit gaan oor ’n gevoel wat ek glo ons almal ervaar: die soeke na iemand wat ons tuis kan noem. Iemand wat ons nuwe dinge kan leer en laat voel en sien. Dit maak die vergelyking dat hierdie persoon, indien daar so iemand is, jou wêreld sal verkleur in kleure wat jy nie geweet het bestaan nie. Tog is daar ’n smekende aspek in die liedjie, ’n pleit dat hierdie persoon moet bly,” verduidelik hy oor hierdie treffende liedjie wat saam met Ruan Graaf geskryf en deur Nico Welgemoed vervaardig is.
“Ek is iemand wat baie waarde heg aan my huis, of w
Top 20 vir die week: 18 Junie 2018
Ons sal jou nie vergeet nie Chris Blignaut, nog ‘n goue oue wat ons verloor het
Chris Blignaut (1897–1974) was ’n Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat ’n kontrak met ’n platemaatskappy aangegaan het (in 1930). Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd, Ou Tante Koba, Die Donkie en Daar Oorkant Die Spruit. Hy het altesame 120 opnames oor sy loopbaan gemaak.
Hy kon nie ’n bestaan voer van musiek alleen nie en het as jong man by ’n assuransiemaatskappy gewerk met musiek as sy stokperdjie. Gedurende die vroeë twintigerjare het hy aanvanklik sangonderrig van Aimee Parkinson ontvang en daarna ook van Alfred Bell, madam Palmer en signor Pentuzzi. In 1923 het hy eerste gekom in ’n radiotalentwedstryd en verskeie medaljes en diplomas in die Johannesburgse kunswedstryd verower.
Hy het ook in musiekblyspele en operettes opgetree. Dit was gedurende daardie tyd dat hy die eerste keer in Afrikaans op die verhoog gesing het met sy vertolking van Daar oorkant die spruit wat goed ontv
Sunette Bridges might be quiet, but her music will be remembered
Sunette Bridges is a South African music artist, the daughter of singing legend Bles Bridges, who once held a concert during the 1980s for the AWB’s People’s Help Scheme1 to raise money to feed the poorest of Afrikaners.
She was heavily criticized by the mainstream Afrikaans media last week because of comments she made regarding the euphoria surrounding Mandela day. Bridges said on her Facebook page that she would not idolize the “father of the militant struggle“(Mandela), and Anton Goosen, a liberal alienist song-writer and singer, replied by predictably accusing her of “racism.”2 Bridges, however, refused to let this meaningless accusation get the better of her and continued to proclaim her pride in her Boer heritage and culture.
Sunette follows in her father’s footsteps by launching and supporting actions that aim to provide help to the thousands of Afrikaner-Boer families living in the most horrendous conditions in South Africa today
Hier is ‘n kort Bio van die ‘verkleur-mannetjie’ Chris Chameleon
Chris Chameleon (1971-) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger, akteur en liedjieskrywer. Hy is op 28 Julie 1971, as Chris Mulder in Johannesburg gebore. Hy het in 1989 begin optree toe hy die eerste Dalro- Nasionale Akteurskompetisie gewen het.
In die volgende vyf jaar het hy in meer as 20 televisiereekse gespeel. Hy was ook die hoofsanger van ‘n musiekgroep met die naam Blue Chameleon, waarna hy Nederland toe is om daar vir ‘n teatermaatskappy te werk.
In 1996 het hy na Suid-Afrika teruggekeer en twee jaar lank agter die skerms as assistentregisseur gewerk. Aan die einde van 1997 het hy weer op die verhoog verskyn, as die voorman van die monki-punk-groep Boo!. Die groep het baie gewild geword, sowel in Suid-Afrika as in Europa. Ná 800 vertonings in sewe jaar in sewentien lande het hulle egter ontbind.
Joe Foster gesels meer oor sy nuwe album
Drie jaar nadat die sanger en liedjieskrywer, Joe Foster, sy Ghoema-bekroonde album Hartklank vrygestel het, doen hy dit weer.
Hy vat as’t ware die ‘volgende stap’ met hierdie nuwe album. Alhoewel hy gedurende die twee albums reeds talle liedjies en projekte aangepak het, het hy gevoel dat die tyd nou reg is vir ’n volgende album.
Twee van die dertien liedjies op die album is reeds vrygestel en goed ontvang deur die publiek. Vrede Maak en Look Away, Joe se eerste Engelse snit, het sedert die uitreiking daarvan gereeld op treffersparades gekuier. Hierdie twee snitte is ’n lusmaker van wat aanhangers van die nuwe album kan verwag, wat vroeg in Augustus vrygestel word.
Aanhangers kan ook solank gereed maak vir Joe se volgende enke
03 PLAASVEILIGHEID: AANVAL TAKTIEKE
Radio Jacaranda FM onder skoot oor omroeper se rassistiese uitlatings
Dis tyd om so bietjie te skoffel saam met die Kitaarkêrels
Hennie De Bruyn het homself nou al bewys as ’n kitaarkêrel wat nie net ’n kitaar kan slaan nie, maar ook weet hoe om deur middel van kitaarmusiek, die voete vas aan die dansbaan te hou.
Ons Suid Afrikaners is lief vir skoffel en boeredansmusiek vloei soos bloed in ons are.
De Bruyn was al die jare ’n ambagsman, maar het reeds op die ouderdom van tien jaar die kitaar bemeester. “Ek het eintlik in 1964 by oom Jan Brits en Chris Oberholzer leer musiek maak. Ek het altyd hul plate gekoop en daarop my kitaarspel beoefen.”
Veertig jaar later het hy maats bygekry wat ook ’n kitaar kan slaan, en saam is die kitaarkêrels meer gewild as ooit. Met meer as 22 albums en 3 DVD’s op hul kerfstok, wéét hierdie manne hoe om manne aan die skoffel te kry. Vir meer as nege jaar is hulle al benoem vir toekennings van SATMA, SAMA tot Ghoema’s en spog ook met ’n paar goue plate!
Hul splinternuwe album, Kalahari Skoffeltyd is vol gepak met
Bobby Van Jaarsveld is in Pietermaritzburg
Die ooit so charismatiese Bobby van Jaarsveld vier 10 jaar in die musiekbedryf met sy band by Golden Horse.
Datum:- 26 April 2018
Tyd:- 19:30
Toegang:- R150
Die nag beloof om jou deur Bobby se musikale reis te neem en te wys waarom hy 10 jaar lank daarby is. Maak dit ‘n datumaand terwyl hy al die vonke in jou hart aansteek!
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Golden Horse Casino?? SA Radio
