Afrikaanse musiek946 Videos

Charles Segal – Hoe-hoe-hoe (gaan dit daar in Kaapland)
0
02:17

Charles Segal – Hoe-hoe-hoe (gaan dit daar in Kaapland)

Charles Segal is op 15 Junie 1929 in Joniskis, Litaue, gebore, maar sy ouers het hulle in Suid-Afrika gevestig toe hy 2 jaar oud was. Hy het klassieke musiek studeer en het beide ‘n “Associate (ATCL)” en “Licentiate” van die “Trinity College of London (LTCL)” geword. He was ook ‘n stigterslid van die Suider-Afrikaanse Musiek […]
Gabriel Bayman met Ballie & Sy Bolle – Baiei terima kassie
0
01:46

Gabriel Bayman met Ballie & Sy Bolle – Baiei terima kassie

Gordon Charles Bayman is op 9 Januarie 1917 gebore en het sy kinderjare in die Kaap in ‘n regte storieboek-omgewing deurgebring, wat grootliks daartoe bygedra het dat hy ‘n briljante storieverteller geword het. Hy was welbekend as radio omroeper en as verhoog- en rolprentakteur, veral vir sy karakterisering van sy geliefde Kaapse Kleurling, vir wie […]
Maritsa – Ek hoor jy sê dit
0
02:18

Maritsa – Ek hoor jy sê dit

Maritza is op 20 Desember 1958 in Oos-Londen gebore as Brenda Ann du Preez. Sy het reeds op 6-jarige ouderdom begin sing en het vanaf die ouderdom van 9 sanglesse geneem. Toe sy 10 jaar oud was, het sy haar eerste talentkompetisie gewen en op 16 haar eerste solus sewe, “Verlange”, opgeneem. In 1976 het […]
Louis van Rensburg – Bosveldmazurka
0
03:00

Louis van Rensburg – Bosveldmazurka

Louis Wilfred Janse Van Rensburg is op 31 Julie 1944 in Johannesburg gebore en het in Crosby groot geword waar hy die Hoërskool D.F. Malan bygewoon het. Hy het reeds as jong seun die harmonika bemeester, hoewel hy op daardie stadium geen aspirasies gehad het om eendag ‘n musikant te word nie. In matriek het […]
Ruben Lennox – Die kerkbasaar
0
03:11

Ruben Lennox – Die kerkbasaar

Ruben Joseph Lennox is op 26 Maart 1946 in Beaufort-Wes gebore en het sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Sentraal waar hy ook lid was van ‘n skool orkes met die naam The Four Beams. Hy het reeds in standerd nege sy eerste liedjie, “Down Hawaiian Way”, geskryf. Na matriek het hy drie onderwys diplomas, […]
Kenneth McKellar – In die skadu van ou Tafelberg
0
03:09

Kenneth McKellar – In die skadu van ou Tafelberg

Kenneth McKellar (gebore op 23 June 1927) was ‘n Skotse tenoor. Hy het bosboukunde studeer aan die Universiteit van Aberdeen, waarna vir die Skotse Bosbou Kommissie begin werk het. Later jare het hy opleiding ontvang as ‘n operasanger by die Royal College of Music, maar het eerder bekendheid verwerf as ‘n solo sanger wat meestal […]
Bill Walker – My nooientjie van Transvaal
0
01:58

Bill Walker – My nooientjie van Transvaal

William Alfred Walker is op 28 April 1927 in Sydney, Australië gebore. Hy het reeds op die ouderdom van 6 klavierlesse begin neem, en het na skool ‘n meestersgraad in musiek aan die Sydney Universiteit se Konservatorium van Musiek behaal. Op universiteit het hy ook opgetree as orkesleier by baie van die mees gewilde nagklubs […]
Louis van Rensburg – Vaarwel my eie soetelief
0
02:19

Louis van Rensburg – Vaarwel my eie soetelief

Louis Wilfred Janse Van Rensburg is op 31 Julie 1944 in Johannesburg gebore en het in Crosby groot geword waar hy die Hoërskool D.F. Malan bygewoon het. Hy het reeds as jong seun die harmonika bemeester, hoewel hy op daardie stadium geen aspirasies gehad het om eendag ‘n musikant te word nie. In matriek het […]
Dennis van Rooyen – Koekoek-wals
0
02:28

Dennis van Rooyen – Koekoek-wals

Dennis van Rooyen is op 17 Junie 1920 in Pietermaritzburg gebore en het op die ouderdom van ses jaar klavierlesse begin neem. Hy het ook geleer om die orrel te bespeel en was op dertienjarige leeftyd reeds ‘n kerkorrelis. In 1939 was hy die eerste kunstenaar om in Pietermaritzburg die Hammond-orrel by huweliksonthale en ander […]
Hansie Roodt – Warmsnare (hot strings)
0
02:08

Hansie Roodt – Warmsnare (hot strings)

Hansie (Johannes Petrus) Roodt is op 28 Augustus 1938 in Krugersdorp gebore, en het in Carletonville groot geword. Hy het leer kitaar speel by sy pa en ouer broer, Roy, beide baie bekwame musikante. Roy het later jare ‘n solo kunstenaar in eie reg geword en het ook ‘n aantal albums uitgereik. Hansie het matriek […]
Groep Twee – Kalahari maan
0
02:49

Groep Twee – Kalahari maan

Gert van Tonder is op 29 Junie 1941 op Bergplaas, ‘n bosboustasie tussen George en Knysna, gebore en het na skool by die SAUK in Durban begin werk in die byklanke-afdeling. Sias Reinecke is op 23 April 1940 in Johannesburg gebore, het sy skoolloopbaan voltooi aan Laerskool Rosettenville en aan Hoërskool Fakkel in Johannesburg, waarna […]
Kobus & Hannelie – Ek is baie lief vir jou
0
02:37

Kobus & Hannelie – Ek is baie lief vir jou

Jacobus de Witt is op 10 Oktober 1945 in Pretoria gebore en het skool gegaan aan Laerskool Menlopark en aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Hierna het hy by die Universiteit van Pretoria ingeskryf om homself te kwalifiseer as ‘n geneesheer, en was hy ook een van die stigterslede van die Universiteitskoor. In 1968 […]
Pote Orkes – Ghitchy ghoomie
0
04:09

Pote Orkes – Ghitchy ghoomie

Die orkes van die Potchefstroomse Onderwyskollege (POK) het aanvanklik bekend gestaan as Pootnote, maar in Julie 1977 is dit herdoop na die Pote Orkes met die volgende lede: 1. Willie van Heerden – baskitaar en sang 2. Theo Taljaard – ritme kitaar 3. Jan Botha – leier kitaar 4. Johan du Plessis – orrel 5. […]
Gé Korsten – D.T.A.- lied
0
02:31

Gé Korsten – D.T.A.- lied

Gerard Korsten is op 6 Desember 1927 in Rotterdam, Nederland, gebore, en was 7 jaar oud toe sy gesin na Suid-Afrika geëmigreer en hulle in Johannesburg gevestig het. Sy pa was ‘n boukontrakteur en derhalwe het Gé hom na skool as ‘n elektrisiën gekwalifiseer, hoewel hy vanaf die ouderdom van 20 in kore en kwartette […]
photo
0

Nuwe Kunstenaar: Petra Mans met “As Musiek Groen Was”

Petra se einddoel is om erken te word as ‘n gerekende kunstenaar en leef haar daarin uit met haar sang en verhoogvertonings. Die omvang van haar stem se vermoëns laat ‘n diverse repertoire toe, in verskeie genres: ballades, ligte Jazz, Blues, kabaret, popmusiek, Gospel, sterk ballades en ‘n bietjie Country. Petra sing in Afrikaans en […]
Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Flippie
0
02:19

Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Flippie

Gerrie Snyman is op 26 April 1906 in Greymont, Johannesburg, gebore. Op tienjarige ouderdom het hy begin traporrel speel, en kort daarna ook klavier, kitaar, konsertina, Hawaiiese kitaar, trekklavier en saksofoon leer speel. Na skool het hy hom bekwaam as ‘n skrynwerker, en in 1925 het hy sy eerste orkes gestig. Hulle het gereeld in die Labour Party Club (destyds op die hoek van Harrisson- en Kerkstraat in Johannesburg) opgetree. In 1930 en 1931 het hy sy eerste opnames gemaak vir die plate-reus “His Master’s Voice”, saam met sy orkes Die Ses Hartbrekers. Gerrie het ook op sommige van hierdie liedjies gesing, en ‘n paar daarvan self geskryf (hy het uiteindelik meer as 100 liedjies geskryf). Benewens ‘n puik musikant was Gerrie ook ‘n akteur, rolprentvervaardiger en ‘n gerekende kunsskilder. Hy het in 1926 sy eerste van meer as ‘n honderd skilderye voltooi, wat meestal op die Suid-Afrikaanse natuurlewe en pragtige landskappe gefokus was. Hy het twee maal uitstallings van sy werke in die VSA gehou, en in 1980 is al sy skilderye daar verkoop. In die 1940’s het sy saam met sy familie en ander akteurs die Gerrie Snyman Teater Geselskap op die been gebring, en verskeie toere deur ons land onderneem. Van die toneelstukke wat hulle aangebied het is, ondermeer, Die Weerwolf, Johannesburg By Nag, Die Wonderkinders Van Johannesburg, Geheime Van Donker Johannesburg en Wena. Gerrie het die bekende Boereplaas Ontspanningsoord net buite Johannesburg by Ferndale, Randburg, oor ‘n tydperk van ses jaar self gebou. Dit was ‘n uithang dansplek en slegs formele aanddrag was toelaatbaar. Sy ander groot liefde was rolprente, waarvan hy 4 vervaardig het, en ook self daarin opgetree het. Sy bekendste was sonder twyfel Die Leeu Van Punda Maria (1954) en Die Skelm Van Die Limpopo (1962). Gerrie het tot en met sy dood, op 5 Augustus 1997 in Springs, aktief gebly en sy liefde vir musiek bly uitleef. Hierdie liedjie, deur Gerrie Snyman & Die Harmoniste, is vrygestel op die album “Kaapse Nooi” (datum onbekend, maar waarskynlik in 1965). BAIE DANKIE AAN CHRISTA PRETORIUS VAN WELKOM VIR DIE LEEN VAN DIE PLAAT, EN DANKIE AAN MARIUS DE VOS VIR DIE BIOGRAFIE VAN GERRIE SNYMAN!
Bok Van Blerk, Laurika Rauch – Ek Het
0
03:22

Bok Van Blerk, Laurika Rauch – Ek Het

Music video by Bok Van Blerk, Laurika Rauch performing Ek Het. (C) 2016 Inhoud Huis Musiek Kopie Reg (Pty) Ltd, under exclusive license to Universal Music (Pty) Ltd South Africa http://vevo.ly/DHrkCX
Chris Chameleon – “Anywhere”
0
03:12

Chris Chameleon – “Anywhere”

"Anywhere" from Chris Chameleon's "Shine" album was a semi finalist in the International Songwriting Competition in 2006. This live video is from his DVD "Volkleur." www.chrischameleon.com
Manie Jackson – Nog Net Een Keer
0
03:37

Manie Jackson – Nog Net Een Keer

Music video by Manie Jackson performing Nog Net Een Keer. (C) 2017 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd - Select Music, a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd #ManieJackson #NogNetEenKeer #Vevo