Afrikaanse musiek946 Videos

Man Overboard
0
03:07

Kom Kry vir Jou

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Kom Kry vir Jou · Fredi Nest Kom Kry Vir Jou ℗ 2007 South Africa - Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd, under Select Music a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd Composer, Lyricist: Don Kelly Composer, Lyricist: Marc Brendon Auto-generated by YouTube.
Al Die Tyd Geweet
0
03:31

Al Die Tyd Geweet

Provided to YouTube by The Orchard Enterprises Al Die Tyd Geweet · Fredi Nest Wie Is Jy? ℗ 1999 Street Sounds Released on: 2004-12-28 Auto-generated by YouTube.
Hoe liefde lyk – Petra Mans
0
02:44

Hoe liefde lyk – Petra Mans

'n Baie rowwe opname van die liedjie "Hoe liefde lyk" geskryf deur Jak J. Brits. Opgeneem in my kombuis. Copyright Petra Mans en Jacques Brits.
Hey DJ
0
03:53

Hey DJ

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Hey DJ · Fredi Nest Die Platinum Reeks ℗ 2011 South Africa – Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd, under Select Music a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd Composer, Lyricist: Don Kelly Composer, Lyricist: Marc Brendon Auto-generated by YouTube.
Charles Berman met Sam Petzer – a. Hoe ry die boere b. Perdeby c. Daar kom die wa
0
02:24

Charles Berman met Sam Petzer – a. Hoe ry die boere b. Perdeby c. Daar kom die wa

Ongelukkig kon ek geen inligting oor Charles Berman opspoor nie, maar sal die notas opdateer indien ek wel iets in die hande kry. Samuel Petzer is op 21 Junie 1901 in Oos-Londen gebore. Sy vyf broers en twee susters was almal musikaal aangelê, en kon verskeie instrumente bespeel. Sam self het reeds op die ouderdom […]
Boet Pretorius Sangers – a. Meadowlands b. Click song
0
02:29

Boet Pretorius Sangers – a. Meadowlands b. Click song

Willem Francois (Boet of Dimpel) Pretorius is op 15 Desember 1937 in Johannesburg gebore en het matriek aan die Hoërskool D.F. Malan voltooi. Op 15 het hy aan ‘n talentkompetisie deelgeneem en ‘n goue medalje vir sang gewen, waarna sy pa vir hom ‘n kitaar gekoop het. Hy het homself hierna op kitaar toegespits en […]
Gabriel Bayman met Ballie & Sy Bolle – Mona Lisa
0
01:48

Gabriel Bayman met Ballie & Sy Bolle – Mona Lisa

Gordon Charles Bayman is op 9 Januarie 1917 gebore en het sy kinderjare in die Kaap in ‘n regte storieboek-omgewing deurgebring, wat grootliks daartoe bygedra het dat hy ‘n briljante storieverteller geword het. Hy was welbekend as radio omroeper en as verhoog- en rolprentakteur, veral vir sy karakterisering van sy geliefde Kaapse Kleurling, vir wie […]
Sewus van Rooyen – Geboorteplasie
0
02:07

Sewus van Rooyen – Geboorteplasie

Hierdie plaat verteenwoordig sekerlik een van die grootste slenters in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, indien nie in dié van Suid-Afrikaanse musiek nie! Eerstens was daar nooit ‘n plaaslike kitaarspeler met die naam Sewes van Rooyen nie, maar was dit in werklikheid ‘n skuilnaam wat Taffie Kikillus gebruik het. Dit opsigself is nie werklik so […]
Leslie Greeff – My skat
0
02:48

Leslie Greeff – My skat

Leslie Eugene Greeff is op 14 April 1921 op Bethanie in Namibië gebore, waar sy pa in diens van die S.A. Polisie was. In later jare het die gesin eers na Uitenhage verhuis waar Leslie sy laerskooldae aan Muir Kollege voltooi het, en toe na Wellington waar hy matriek aan die Hoër Jongenskool in die […]
Die van Wyk Broers – Skemerlig boogie
0
02:05

Die van Wyk Broers – Skemerlig boogie

Die van Wyk broers was van Klerksdorp en het bestaan uit: 1. Adriaan (Stompie) op konsertina; 2. Johannes (Hansie) as hoof kitaarspeler; 3. Hendrik (Hennie) op baskitaar. Hulle het eers vir Jannie van Tonder gespeel voordat hulle besluit het om hulle eie orkes te begin. Aanvanklik het hulle bekend gestaan as Die van Wykies en […]
Die Mellotones – Ruiter in die nag
0
02:15

Die Mellotones – Ruiter in die nag

Die Mellotones (aanvanklik bekend as die Drie Mellotones) het bestaan uit Leonard “Len” Bobrow, Esky Jawitz en Al Mazin. Hulle het mekaar een aand op ‘n partytjie ontmoet, ‘n paar liedjies saam gesing en net daar besluit om ‘n sang trio te vorm. Hulle het in talle verskeidenheidskonserte opgetree, o.a. “Verskeidenheid Onder Die Sterre”, wat […]
Chris du Toit – Hartseerwals
0
02:43

Chris du Toit – Hartseerwals

Christoffel Nicolaas du Toit is op 13 Julie 1929 in Bloemfontein gebore, maar sy ouers het na Johannesburg verhuis toe hy 3 jaar oud was. Hy het waarskynlik sy musiektalent van sy moeder geërf en het toevallig daarvan bewus geword nadat hy op ‘n kitaar begin tokkel het wat deur ‘n oom, wat tydens die […]
Marié du Toit – Glo my
0
04:15

Marié du Toit – Glo my

Marié du Toit is op 9 Mei 1967 in White Plains, New York, in die VSA gebore. Weens die aard van haar pa se werk het die gesin wêreld wyd gereis, en was sy vyf jaar oud toe sy Suid-Afrika vir die eerste keer gesien het. Sy het grootgeword in Amerika, Suid-Afrika, Australië en uiteindelik […]
Danie Pretorius – Sjeef by die koffie
0
02:28

Danie Pretorius – Sjeef by die koffie

Daniel Johannes Pretorius is in 1915 op Vryburg gebore, en het as tiener reeds die viool en banjo bemeester. Na skool het hy by die polisie aangesluit, maar het later in Johannesburg op die goudmyne gaan werk. In die vroeë veertigerjare het hy teruggekeer na Vryburg om sy pa se steenmakery oor te neem, en […]
Nick Taylor & Maureen Moore – Iets so dwars
0
02:24

Nick Taylor & Maureen Moore – Iets so dwars

Nick Taylor is op 18 April 1944 in Somerset, Engeland, gebore, maar sy ouers het na Suid-Afrika verhuis toe hy 5 jaar oud was en het hulle in Kaapstad gevestig. Op 12-jarige ouderdom het hy in die skool koor begin sing, en het hy besluit om ‘n sangloopbaan na skool te volg. Hy het sy […]
Die Kavalier – Ta’ Mossie se sakkie sakkie boeredans
0
02:09

Die Kavalier – Ta’ Mossie se sakkie sakkie boeredans

Malcolm Watson is in Zambië gebore en het as kind saam met sy ouers na Suid-Afrika gekom. As tiener op hoërskool het hy sy eerste groep, The Statesmen, in Pietermaritzburg gestig, en was na skool vir 6 jaar lank lid van die baie gewilde groep, The Rising Sons. Hulle het Suid-Afrikaanse Top 20 treffers gehad […]
Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Nuwejaar
0
01:59

Dimpel Pretorius & Sy Springbokspan – Nuwejaar

Willem Francois (Boet of Dimpel) Pretorius is op 15 Desember 1937 in Johannesburg gebore en het matriek aan die Hoërskool D.F. Malan voltooi. Op 15 het hy aan ‘n talentkompetisie deelgeneem en ‘n goue medalje vir sang gewen, waarna sy pa vir hom ‘n kitaar gekoop het. Hy het homself hierna op kitaar toegespits en […]
photo
0

Nuwe Kunstenaar: Petra Mans met “As Musiek Groen Was”

Petra se einddoel is om erken te word as ‘n gerekende kunstenaar en leef haar daarin uit met haar sang en verhoogvertonings. Die omvang van haar stem se vermoëns laat ‘n diverse repertoire toe, in verskeie genres: ballades, ligte Jazz, Blues, kabaret, popmusiek, Gospel, sterk ballades en ‘n bietjie Country. Petra sing in Afrikaans en […]
Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Flippie
0
02:19

Gerrie Snyman & Die Harmoniste – Flippie

Gerrie Snyman is op 26 April 1906 in Greymont, Johannesburg, gebore. Op tienjarige ouderdom het hy begin traporrel speel, en kort daarna ook klavier, kitaar, konsertina, Hawaiiese kitaar, trekklavier en saksofoon leer speel. Na skool het hy hom bekwaam as ‘n skrynwerker, en in 1925 het hy sy eerste orkes gestig. Hulle het gereeld in die Labour Party Club (destyds op die hoek van Harrisson- en Kerkstraat in Johannesburg) opgetree. In 1930 en 1931 het hy sy eerste opnames gemaak vir die plate-reus “His Master’s Voice”, saam met sy orkes Die Ses Hartbrekers. Gerrie het ook op sommige van hierdie liedjies gesing, en ‘n paar daarvan self geskryf (hy het uiteindelik meer as 100 liedjies geskryf). Benewens ‘n puik musikant was Gerrie ook ‘n akteur, rolprentvervaardiger en ‘n gerekende kunsskilder. Hy het in 1926 sy eerste van meer as ‘n honderd skilderye voltooi, wat meestal op die Suid-Afrikaanse natuurlewe en pragtige landskappe gefokus was. Hy het twee maal uitstallings van sy werke in die VSA gehou, en in 1980 is al sy skilderye daar verkoop. In die 1940’s het sy saam met sy familie en ander akteurs die Gerrie Snyman Teater Geselskap op die been gebring, en verskeie toere deur ons land onderneem. Van die toneelstukke wat hulle aangebied het is, ondermeer, Die Weerwolf, Johannesburg By Nag, Die Wonderkinders Van Johannesburg, Geheime Van Donker Johannesburg en Wena. Gerrie het die bekende Boereplaas Ontspanningsoord net buite Johannesburg by Ferndale, Randburg, oor ‘n tydperk van ses jaar self gebou. Dit was ‘n uithang dansplek en slegs formele aanddrag was toelaatbaar. Sy ander groot liefde was rolprente, waarvan hy 4 vervaardig het, en ook self daarin opgetree het. Sy bekendste was sonder twyfel Die Leeu Van Punda Maria (1954) en Die Skelm Van Die Limpopo (1962). Gerrie het tot en met sy dood, op 5 Augustus 1997 in Springs, aktief gebly en sy liefde vir musiek bly uitleef. Hierdie liedjie, deur Gerrie Snyman & Die Harmoniste, is vrygestel op die album “Kaapse Nooi” (datum onbekend, maar waarskynlik in 1965). BAIE DANKIE AAN CHRISTA PRETORIUS VAN WELKOM VIR DIE LEEN VAN DIE PLAAT, EN DANKIE AAN MARIUS DE VOS VIR DIE BIOGRAFIE VAN GERRIE SNYMAN!