Afrikaanse musiek946 Videos

Fred Wooldridge – Bosveld-vastrap
0
02:14

Fred Wooldridge – Bosveld-vastrap

Alfred Wooldridge is op 5 Februarie 1928 op Bakerville in die Lichtenburg-distrik gebore, maar sy ouers het na Krugersdorp verhuis toe hy 10 jaar oud was. Hy was aanvanklik op skool by die Krugersdorp-Wes Afrikaanse Medium skool, en het daarna matriek geskryf aan die Randfonteinse Ambagskool. Na skool het hy hom in die Ingenieursbedryf bekwaam […]
Die Claude Larson Sangers – Ek sien ‘n stêr
0
03:14

Die Claude Larson Sangers – Ek sien ‘n stêr

Die Claude Larson Sangers het in Januarie 1972 in Kaapstad ontstaan, en is gestig met die doel om ook in Afrikaans gewilde popmusiek beskikbaar te stel. Claude Larson was die verhoog naam van die Duitser Klaus Netzle. Hy was ‘n internasionale plate produsent en musiekorganiseerder van ‘n televisie maatskappy in München, en het gereeld ander […]
Billy Vaughn – Seil maar aan silwermaan (Sail along silvery moon)
0
02:07

Billy Vaughn – Seil maar aan silwermaan (Sail along silvery moon)

Richard Smith Vaughn was ‘n Amerikaanse sanger en orkesleier wat verskeie musiekinstrumente kon bespeel. Hy is op 12 April 1919 in Glasgow in die staat Kentucky gebore waar sy pa ‘n haarkapper van beroep was. Billy het reeds op skool die mandolien en verskeie ander instrumente baasgeraak. In 1941 het hy aangesluit by die “National […]
Ricus Nel – Hardekole (Live in Pretoria, The Shack, 2017)
0
04:35

Ricus Nel – Hardekole (Live in Pretoria, The Shack, 2017)

Music video by Ricus Nel performing Hardekole (Live in Pretoria, The Shack, 2017). (C) 2017 Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd – Select Music, a division of Sony Music Entertainment Africa (Pty) Ltd http://vevo.ly/cVzWft
Sewus van Rooyen – Dik Anna setees
0
02:12

Sewus van Rooyen – Dik Anna setees

Hierdie plaat verteenwoordig sekerlik een van die grootste slenters in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, indien nie in dié van Suid-Afrikaanse musiek nie! Eerstens was daar nooit ‘n plaaslike kitaarspeler met die naam Sewes van Rooyen nie, maar was dit in werklikheid ‘n skuilnaam wat Taffie Kikillus gebruik het. Dit opsigself is nie werklik so […]
Gé Korsten – Reën
0
03:01

Gé Korsten – Reën

Gerard Korsten is op 6 Desember 1927 in Rotterdam, Nederland, gebore, en was 7 jaar oud toe sy gesin na Suid-Afrika geëmigreer en hulle in Johannesburg gevestig het. Sy pa was ‘n boukontrakteur en derhalwe het Gé hom na skool as ‘n elektrisiën gekwalifiseer, hoewel hy vanaf die ouderdom van 20 in kore en kwartette […]
Jan & Marti – As ek in die aand na sterre kyk
0
02:43

Jan & Marti – As ek in die aand na sterre kyk

Jan Brand van Rooyen de Wet is op 3 Februarie 1950 in Harrismith gebore. Hy was een van RAU se eerste studente, en het saam met een van sy medestudente, Marti Hellferscee, ‘n sanggroep, Jan en Marti, in 1969 begin. Saam het hulle ligte Afrikaanse liedjies gesing, en is met luide applous op studente konserte […]
Louis van Rensburg – Ou perdemeul
0
03:08

Louis van Rensburg – Ou perdemeul

Louis Wilfred Janse Van Rensburg is op 31 Julie 1944 in Johannesburg gebore en het in Crosby groot geword waar hy die Hoërskool D.F. Malan bygewoon het. Hy het reeds as jong seun die harmonika bemeester, hoewel hy op daardie stadium geen aspirasies gehad het om eendag ‘n musikant te word nie. In matriek het […]
Ruben Lennox – Gertruida
0
03:10

Ruben Lennox – Gertruida

Ruben Joseph Lennox is op 26 Maart 1946 in Beaufort-Wes gebore en het sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Sentraal waar hy ook lid was van ‘n skool orkes met die naam The Four Beams. Hy het reeds in standerd nege sy eerste liedjie, “Down Hawaiian Way”, geskryf. Na matriek het hy drie onderwys diplomas, […]
Jimmy Rayson met Dan Hill & Sy Orkes – Val-de-rie! Val-de-ra! (The happy wanderer)
0
02:53

Jimmy Rayson met Dan Hill & Sy Orkes – Val-de-rie! Val-de-ra! (The happy wanderer)

James Richard William Rayson is op 13 Desember 1923 in Wynberg, Kaapstad gebore waar sy pa werksaam was by die destydse Spoorweë & Hawens. Die familie het later verhuis na Mosselbaai waar Jimmy in skoolkonserte en tydens byeenkomste van die debatsvereniging gesing het. Na matriek het hy aangesluit by die Weermag en het tydens die […]