Afrikaanse musiek946 Videos

Ruben Lennox – Hou die blinkkant bo
0
02:45

Ruben Lennox – Hou die blinkkant bo

Ruben Joseph Lennox is op 26 Maart 1946 in Beaufort-Wes gebore en het sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Sentraal waar hy ook lid was van ‘n skool orkes met die naam The Four Beams. Hy het reeds in standerd nege sy eerste liedjie, “Down Hawaiian Way”, geskryf. Na matriek het hy drie onderwys diplomas, […]
Peanut Butter Conspiracy – Boegoeberg se dam
0
02:10

Peanut Butter Conspiracy – Boegoeberg se dam

‘n Vroeë weergawe van die Suid-Afrikaanse groep wat later jare verskeie Top 20 treffers sou hê. Op hierdie SAUK transkripsie opname was die lede: 1. John Lindemann – kitaar en baskitaar 2. Ron Schiff – orrel en klavier Tydens hulle bestaan het die lede gereeld verwissel en was die volgende op verskillende stadiums ook lid […]
Bill Walker – Grietjie
0
02:03

Bill Walker – Grietjie

William Alfred Walker is op 28 April 1927 in Sydney, Australië gebore. Hy het reeds op die ouderdom van 6 klavierlesse begin neem, en het na skool ‘n meestersgraad in musiek aan die Sydney Universiteit se Konservatorium van Musiek behaal. Op universiteit het hy ook opgetree as orkesleier by baie van die mees gewilde nagklubs […]
Louis van Rensburg – My vader was ‘n musikant
0
01:49

Louis van Rensburg – My vader was ‘n musikant

Louis Wilfred Janse Van Rensburg is op 31 Julie 1944 in Johannesburg gebore en het in Crosby groot geword waar hy die Hoërskool D.F. Malan bygewoon het. Hy het reeds as jong seun die harmonika bemeester, hoewel hy op daardie stadium geen aspirasies gehad het om eendag ‘n musikant te word nie. In matriek het […]
Hansie Roodt – Snowdrops (sneeuklokkies)
0
02:25

Hansie Roodt – Snowdrops (sneeuklokkies)

Hansie (Johannes Petrus) Roodt is op 28 Augustus 1938 in Krugersdorp gebore, en het in Carletonville groot geword. Hy het leer kitaar speel by sy pa en ouer broer, Roy, beide baie bekwame musikante. Roy het later jare ‘n solo kunstenaar in eie reg geword en het ook ‘n aantal albums uitgereik. Hansie het matriek […]
Groep Twee – Vaarwel, my Rosalief vaarwel
0
02:57

Groep Twee – Vaarwel, my Rosalief vaarwel

Gert van Tonder is op 29 Junie 1941 op Bergplaas, ‘n bosboustasie tussen George en Knysna, gebore en het na skool by die SAUK in Durban begin werk in die byklanke-afdeling. Sias Reinecke is op 23 April 1940 in Johannesburg gebore, het sy skoolloopbaan voltooi aan Laerskool Rosettenville en aan Hoërskool Fakkel in Johannesburg, waarna […]
Kobus & Hannelie – Stil is die nag
0
03:21

Kobus & Hannelie – Stil is die nag

Jacobus de Witt is op 10 Oktober 1945 in Pretoria gebore en het skool gegaan aan Laerskool Menlopark en aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Hierna het hy by die Universiteit van Pretoria ingeskryf om homself te kwalifiseer as ‘n geneesheer, en was hy ook een van die stigterslede van die Universiteitskoor. In 1968 […]
Pote Orkes – Lente in die Hoëveld
0
02:28

Pote Orkes – Lente in die Hoëveld

Die orkes van die Potchefstroomse Onderwyskollege (POK) het aanvanklik bekend gestaan as Pootnote, maar in Julie 1977 is dit herdoop na die Pote Orkes met die volgende lede: 1. Willie van Heerden – baskitaar en sang 2. Theo Taljaard – ritme kitaar 3. Jan Botha – leier kitaar 4. Johan du Plessis – orrel 5. […]
Herman Holtzhausen – Huise van glas
0
03:38

Herman Holtzhausen – Huise van glas

Hermanus Hendrik Holtzhausen is op 11 Januarie 1959 in Johannesburg gebore. Hy is (of was dalk) ‘n rekenmeester van beroep, en het na-ure liedjies gekomponeer. In 1980 het hy sy debuut gemaak as sanger met die uitreiking van die solus sewe “Trans-Karoo” met “Huise Van Glas” op die B-kant, hoewel hy reeds voor dit verskeie […]
image-.jpg
0

Top 20 vir die week: 25 Junie 2018

Tarryn Lamb is haar eerste plek kwyt die week en daai nommer 1 posisie behoort nou aan Dirk van der Westhuizen met sy treffer “Sexy vi my”.

Ons het ‘n nuwe toetreede tot die Top 20, dis niemand anderste as Jan Blohm wat onlangs sy splinternuwe album bekendgestel het. Sy enkelsnit, ‘Word wakker’. Die treffer van hom betree die Top 20 in posisie nommer 12 (loer hier onder na ‘n musiekvideo/konsert opname van die treffer.)

Ons Top 20 sangers het almal so paar plekke gespring of van ons lys afgegaan, maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
2. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
3. Elandré – “Honderd duisend maal”
4. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
5. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
6. Jay – “Lê ‘n bie

Hansie Roodt – a. Help yourself b. Veerpoot vastrap
0
02:22

Hansie Roodt – a. Help yourself b. Veerpoot vastrap

Hansie (Johannes Petrus) Roodt is op 28 Augustus 1938 in Krugersdorp gebore, maar het in Carletonville groot geword. Hy het leer kitaar speel by sy pa en broer, Roy, beide baie bekwame musikante. Hy het aan Hoërskool Carletonville matrikuleer, en het daarna as 'n myn-opnemer in Carletonville begin werk. In 1962 het Hansie die geleentheid gekry om saam met Al Debbo te toer, en het na drie jaar saam met Al by Nico Carstens se orkes aangesluit. In 1967 het hy ‘n solo loopbaan begin volg, hoofsaaklik as ‘n sessie-musikant vir die SAUK en vir die EMI-platemaatskappy. Afgesien van sessiewerk in die ateljee, het hy ook kunstenaars soos Gene Rockwell, Bobby Angel, Barbara Ray, Lance James en Dan Hill begelei. In 1983 is hy aangestel as leier van die Suid-Afrikaanse Polisie-Dansorkes wat op amptelike polisiefunksies gespeel het. Die orkes het in 1984 die tweede plek in die TV boereorkeskompetisie behaal, en het in 1986 gewen. Hansie het in 1966 die album, “Hier Is Hansie!!!” (sy eerste van vele), uitgereik, en het ook tydens sy loopbaan ‘n groot aantal liedjies self geskryf. Hy het in Pretoria gewoon tot en met sy dood op 16 September 2005. Hierdie liedjie is in 1970 op die album "Opskud Party" uitgereik.
Boet van Wyk & Sy Orkes – Dis nie myne nie
0
01:49

Boet van Wyk & Sy Orkes – Dis nie myne nie

Well-known South African artist and band leader of the 1960s and 1970s, who recorded mostly in the "boeremusiek" genre, although he released a number of albums with popular music during the 1970s. He had a hit on the South African Top 20 in 1967 with "Oliekolonie", which reached #10 and charted for 7 weeks. This song is off the album "Oliekolonie", released in 1967.
Behind the Scenes: As Jy Slaap
0
03:03

Behind the Scenes: As Jy Slaap

This is a quick behind the scenes look at the making of the "As Jy Slaap" video from Chris Chameleon's album "Ek Herhaal Jou." He also speaks about the timelessness of Ingrid Jonker's poetry.
Chris Chameleon – Lag (Hidden track)
0
02:05

Chris Chameleon – Lag (Hidden track)

This is the video for Chris Chameleon's hidden track "Lag" on the "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" album. Cut and edited by Francois Blom of Kobus & VOD fame, from old cartoons from the 30s. Chris recorded the song on his cell phone ... and it's hidden on the album in the same format. Raw!
You Can Have It
0
02:45

You Can Have It

Provided to YouTube by The Orchard Enterprises You Can Have It · Fredi Nest I Surrender ℗ 2018 IB Entertainment under exclusive license to Next Music Released on: 2018-10-15 Auto-generated by YouTube.
Staan Jou Staan
0
03:17

Staan Jou Staan

Provided to YouTube by Sony Music Entertainment Staan Jou Staan · Fredi Nest Begin by My ℗ 2012 SME Africa (Pty) Ltd Released on: 2014-10-24 Auto-generated by YouTube.
Die Serenata Sangers – Die Heiland is gebore
0
03:02

Die Serenata Sangers – Die Heiland is gebore

In die laat 1960s het die SAUK ‘n behoefte gehad aan ‘n koor wat Afrikaanse liedjies kon opneem in die styl van die baie gewilde Günter Kallman Koor, met Rollo Scott wat aan die hoof van die projek gestaan het. Op ‘n dag het Wilhelm (Bill) Fairley ‘n afspraak met Rollo gemaak, en voorgestel dat […]