Dennis van Rooyen – My hart verlang na die Boland

Dennis van Rooyen is op 17 Junie 1920 in Pietermaritzburg gebore en het op die ouderdom van ses jaar klavierlesse begin neem. Hy het ook geleer om die orrel te bespeel en was op dertienjarige leeftyd reeds ‘n kerkorrelis. In 1939 was hy die eerste kunstenaar om in Pietermaritzburg die Hammond-orrel by huweliksonthale en ander funksies te bespeel, en het hy ook saam met dansorkeste en as ‘n solo kunstenaar by klubs en teekamers opgetree. In later jare het hy hom in Durban gevestig waar hy vir vyf jaar lank by die Cosmo-klub en vir 11 jaar by die Durban Buiteklub gespeel het. Hy het sy eerste plaatopnames in 1955 gemaak, en het in sy loopbaan sowat 65 langspeelplate uitgereik.

Hy was ook in aanvraag as radio-orrelis en het dikwels in oggend programme, soos “Organ Playtime” op Springbok Radio, die orrel bespeel. Sy musiek is vir meer as 30 jaar gereeld oor die radio gehoor.

Dennis van Rooyen is op 10 April 1973 in die ouderdom van 52 in Durban oorlede.

Hierdie liedjie is vanaf die album “Dansparty!” wat in 1969 uitgereik is.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.