Rolverdeling van “Die Voortrekkers” – Ons staan vas

Michael Neville Hankinson is op 23 Januarie 1946 in Liverpool, Engeland, gebore en was slegs 8 jaar oud toe hy in die kerkkoor begin sing het, en 10 toe hy ‘n beurs ontvang het om verder te studeer aan een van die oudste opleidingsinstansies in Engeland, die Hereford Katedraal wat in 1100 gestig is. Nadat hy sy skoolloopbaan voltooi het, het hy komponering, verwerking en klassieke orreluitvoerings aan die Trinity Musiek Kollege in Londen bestudeer, waarna hy vir Norman Percival, een van die BBC se musiek direkteure, as assistent begin werk het . In 1970 is hy deur Dan Hill na Suid-Afrika genooi ten einde die klankbaan van die rolprent “Shangani Patrol” te komponeer en te dirigeer.

Die RPM Platemaatskappy het vir Michael oorreed om hom in Suid-Afrika te vestig, en op hierdie wyse het hy betrokke geraak by sogenaamde sintetiseerder musiek en het hy 2 langspeelplate uitgereik wat baie gewild was. In 1971 het hy ook die klankbane van die rolprente “Sononder” en “Die Banneling”, gekomponeer, en het by die SAUK begin werk as ‘n permanente kunstenaar vir klassieke orreluitvoerings vir uitsaaidoeleindes en vir orrel konsert uitvoerings saam met die SAUK se simfonieorkes.

In 1980 het hy na Durban verhuis waar hy, onder andere, die groep “Soundwaves” gestig en het hulle onder sy leiding meer as dertig première uitvoerings van kontemporêre musiek aangebied. Hy het ook die Durbanse Filharmoniese Orkes, wat oorspronklik in 1885 gestig is, weer in die lewe geroep. Michael was later jare ‘n assistent-dirigent aan die Staatsteater in Pretoria, ‘n bekroonde dirigent aan die Johannesburgse Filharmoniese Orkes sowel as hoof dirigent van die Kaapstadse Ballet Vereniging. Tydens sy loopbaan het hy ‘n groot aantal klankbane vir rolprente, ballet- en koor uitvoerings gekomponeer, en het verskeie langspeelplate en CDs uitgereik.

In 2014 het hy teruggekeer na Engeland waar hy hom in Wes-Norfolk gevestig het. Die daaropvolgende jaar het hy musiek direkteur van die King’s Lynn Male Voice Choir geword het, asook ‘n trustee van die Shakespeare’s Guildhall Trust, ‘n organisasie wat hulle beywer vir die restourasie van die Guildhall of St George, klaarblyklik die enigste oorblywende teater waar Shakespeare opgetree het. Michael Hankinson is op 29 Oktober 2021 in die ouderdom van 75 oorlede nadat hy vir weke lank siek was weens longontsteking.

Hierdie liedjie is vanaf die album “Die Voortrekkers Oorspronklike Klankbaan” wat in 1973 uitgereik is.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.