Billy Vaughn – Is jy eensaam vanaand (Are you lonesome tonight)

Richard Smith Vaughn was ‘n Amerikaanse sanger en orkesleier wat verskeie musiekinstrumente kon bespeel. Hy is op 12 April 1919 in Glasgow in die staat Kentucky gebore waar sy pa ‘n haarkapper van beroep was. Billy het reeds op skool die mandolien en verskeie ander instrumente baasgeraak. In 1941 het hy aangesluit by die “National Guard”, aanvanklik vir 1 jaar, maar het uiteindelik tot en met 1945 aangebly vanweë die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Na die oorlog het hy musiek studeer aan die Wes-Kentucky Universiteit, en het in daardie tyd by die Hilltoppers aangesluit as pianis, en later sanger, en het hulle eerste treffer, “Trying”, in 1952 geskryf. In 1954 het hy by die Dot Platemaatskappy aangesluit as musiekdirekteur, het sy eerste orkes begin en het ook in daardie jaar ‘n treffer gehad met “Melody Of Love” wat meer as ‘n miljoen kopieë verkoop het.

Billy het uiteindelik 42 liedjies gehad wat die Amerikaanse Billboard, asook 36 albums wat die Billboard 200 trefferparades gehaal het. In 1965 het hy en sy orkes toere deur Japan, Brasilië en Suid-Korea onderneem en het orals waar hulle opgetree het vol sale getrek. Hy is op 26 September 1991 in Palm Springs, Kalifornië, in die ouderdom van 72 oorlede.

Hierdie liedjie is in 1961 op die album “Billy Vaughn Speel Vir Suid-Afrika” uitgereik.

(Visited 58 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.