‘N kort Bio oor Willem Botha, hy is jonk met baie talent

Willem Botha is ‘n Afrikaanse sanger en akteur. Botha is in 2004 as ‘n wenner van die Plusster-talentkompetisie wat deur Die Burger aangebied word aangewys.

In 2007 neem hy deel aan kykNET se Idols-reeks en word as naaswenner bekroon waartydens hy ‘n platekontrak met Sony-musiek losslaan. Sy debuutalbum, Kô Ma Hier, is in 2007 uitgereik.

In 2009 ontvang hy ‘n Euro Ster-toekenning vir sy liedjie Dis alles ‘n Miracle in die kategorie vir beste oorspronklike Afrikaanse liedjie.[2]

Botha studeer tans drama aan die Universiteit van Stellenbosch.

Loer hier onder na een van sy musiekvideo’s:- Willem Botha & Andriette Norman – “Hoe Meer Ons Dit Doen”

image-.jpg
0

Ken jy vir Carlo, hier is ‘n kort Bio van hom

Carlo (Volle naam Carlo de Goede) is ‘n Suid-Afrikaanse musikant. Hy het sy sangloopbaan op ouderdom 12 begin en het mettertyd menige diplomas en trofeë gewerf. Terwyl hy nog op skool was, is hy gekies om die hoofrol in ‘n musiekblyspel van die bekende “Grease” te speel in Johannesburg.

In 2001 is hy gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in Amerika as ‘n kunstenaar vir Mother City Records (gestig deur Mr Eddie Singleton, eienaar van Mo-Town Records VSA). Carlo was ook die hoofsanger van die groep “Amy Blue” wat heel dikwels by La Med, Kampsbaai opgetree het. In sy kort tydjie by “Blue Productions” het hy die verhoog in ‘n verskeidenheids-konsert met die bekende Sonja Herholdt gedeel by die High Street Teater.

H

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit van Mari Bosman uit en sy vier vrouwees

Mari Bosman het pas haar nuwe enkelsnit, As Vrou, ter viering van Vrouemaand- en dag vrygestel. En nes haar siening van vrouwees, gaan die liedjie liefde en omgee in sy verskillende vorme uitstraal…

“Omdat dit Vrouemaand en binnekort ook Vrouedag is, wou ek graag iets daarbuite sit ter viering van vroulike rolmodelle. Ek wou ook uitbeeld waarna ek streef in my eie vrouwees,” vertel die sangeres, wat die enkelsnit saam met die skrywer Vaughan Gardiner gepen het. Hugo Ludik en Vaughan het die verwerking daarop gedoen.

’n Musiekvideo, wat deur Deon van Wyk opgeneem en vervaardig is, word ook vrygestel en dra nes die liedjie self ’n sterk boodskap aan vroue oor.

Mari sê sy hoop die nuwe liedjie sal mense laat goed voel, inspireer

image-.jpg
0

Koos du Plessis was ‘n wonderlike sanger en ‘n man met baie talente, hier is ‘n Bio oor hom

Koos du Plessis (geb. Rustenburg, 10 Mei 1945 – oorl. Krugersdorp, 14 Januarie 1984) was ‘n Suid-Afrikaanse musikant wat toonaangewend was in die Afrikaanse musiek-en-liriekbeweging van die 1970’s en ’80’s.

Hoewel hy kommersieel nie baie suksesvol was as uitvoerende kunstenaar nie, het die albums wat hy in sy leeftyd uitgereik het, ‘n nuwe rigting in Afrikaanse musiek ingelui en word dit vandag as van die invloedrykstes in die taal se musiekgeskiedenis beskou. Tientalle verwerkings van sy komposisies is sedertdien deur verskeie ander Afrikaanse kunstenaars opgeneem en ‘n hele paar het huldeblyk-albums aan hom opgeneem.

Du Plessis is op 14 Januarie 1984 in ‘n motorongeluk op die ou Krugersdorppad in Knoppieslaagte oorlede, nadat sy Volkswagen Kewer op ’n laagwaterbrug in Knoppieslaagte naby Centurion die pad byster raak terwyl hy ná middernag op pad is na Nick Taylor, sy musiekregisseur.

Slegs drie

image-.jpg
0

Come Worship by Malmesbury Swartland met Retief Burger en ShofarBand

Kom en aanbid vanaf saam met ons en Retief Burger en die ShofarBand. Die kaartjies kan by Shofar Malmesbury of NG Noord Gemeente gekoop word, besonderhede volg verder in die berig.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 18:30 tot 21:30

Toegang:- R50


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Malmesbury?? SA Radio
image-.jpg
0

Gebore om wild te wees! SPAR Kirkwood Wildsfees 2018

Drie dae van Born to be Wild-ervarings vir die hele familie by die jaarlikse SPAR Kirkwood Wildsfees is die perfekte begin van die winter-skoolvakansie.

Datum:- 29 Junie – 1 Julie

Tyd:- 09:00 tot laat

Toegang:- R150 per volwassene per dag (Weekendpas = R350); R70 per kind per dag (Weekendpas = R150), R100 vir SASSA Pensioenarisse – kaartjies wat daagliks by die hek gekoop word.


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Kirkwood?? SA Radio

image-.jpg
0

Laurika Rauch met Loki Rothman tree op in Nelspruit (Deel van Innibos Fees)

Laurika en Loki se samewerking het met die herskepping van Laurika se ikoniese treffer Blou, as duet vir haar nuutste album, Die reis, begin. Loki het die nuwe verwerking gedoen en natuurlik ook saamgesing. Die nuwe weergawe van Blou het reeds opslae gemaak (hulle het onder meer die Ghoema-toekenning gekry vir die luitoon van die jaar).

Datum:- 27 & 29 Junie 2018

Tyd:- 27ste om 19:00. 29ste om 13:30

Toegang:- R142


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Nelspruit?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u gr

image-.jpg
0

Gehoor van Anton Botha, nog nie of dalk het jy, hier is ‘n bietjie meer inligting oor hom

Met die SAMA-genomineerde Anton Botha aan die stuur van sake is enige optrede onvergeetlik en sal dit almal na aan die hart lê.

Nuutste Oorspronklike Album: Alles Of Niks

Anton Botha se splinternuwe album, Alles of Niks, wat in 2012 vrygestel is bestaan uit 15 liedjies vanuit Anton se eie pen. Hy was ook betrokke by die produksie van die album. Die lirieke sal met jou hart praat en die ritme sal sorg dat jou voete nie kan stil sit nie. Die liedjie Love Jou Baie het Anton spesiaal vir sy dogtertjie geskryf. Hy het besluit om ‘n video te maak van die liedjie “Engeltjie” waarin Zetske van Pletzen teenoor hom speel. Sy tweede video, “Naby My”, is ook onlangs opgeneem. Beide word gereeld op televisie gespeel. Die verspreiding van die album word deur Select Musiek Distribusie behartig en is beskikbaar by die meeste toonaangewende musiekwinkels en is nou ook beskikbaar vir digitale “download” op ITunes.

Nuutste Album/ Produksie: Born to

image-.jpg
0

Hanco, ‘n negentienjarige sing oor ‘eie lewenservarings’

Die 19-jarige sanger en liedjieskrywer van Tzaneen, Hanco, het onlangs ’n platekontrak by die gewilde platemaatskappy David Gresham geteken.

Boonop spog hy nou ook met sy debuutenkelsnit Ek en Jy, wat hy self gepen het. Die liedjie, wat deur Ziggy vervaardig is, gaan oor die oomblik wanneer jy jou beter helfte vas hou en veilig laat voel.

“Dit is vir my ’n groot voorreg om my enkelsnit, Ek en Jy vry te stel. Ek hou daarvan om oor my eie lewenservarings te skryf en dit is hoekom Ek en Jy vir my so belangrik en spesiaal is,” vertel Hanco.

Hanco woon tans in Pretoria en sy eerste kennismaking met die verhoog was op die ouderdom van nege. Die hande klap van die gehoor is ’n herinnering wat hom vir altyd sal bybly.

Vir die afgelope vier jaar het hy

image-.jpg
0

Die sangeres Chereé is baie bekend, maar hier is ‘n kort Bio oor haar

Chereé (gebore Cheree Desiree Large op 27 Mei 1979) is ‘n Afrikaanse country-sangeres. Haar debuutalbum, Chereé, is in 1999 uitgegee. Van haar treffers sluit in Mamma, Jy het my Hart Gesteel en Dertig Dae In Die Somer.

SA se COUNTRY GIRL Chereé is nou meer as ‘n dekade lank ‘n welbekende naam in die musiekbedryf.

Vandat sy 11 jaar oud was het Chereé haarself tuis gemaak in die SA musiekbedryf en daar is geen twyfel dat hierdie Kaapenaar hier is om te bly!

Sedert sy die Afrikaanse musiek mark in 2001 betree het, groei sy van krag tot krag! Hierdie talentvolle sangeres verskyn deesdae op verkskeie hoë profiel konserte en is ook te sien in van ons land se top publikasies.

Haar grootste sukses, nietemin, beskryf sy as heelwat meer persoonlik

image-.jpg
0

You may not know Steven De Groote, but he was the best pianist, here is a short Bio of him

Steven De Groote (1953–1989) was a South African classical pianist. Steven De Groote was born in Johannesburg, South Africa into a Belgian family in which, for three generations, almost every member had been a professional musician.

His grandmother was a recipient of the Prix de Rome in Belgium, and his father the conductor of the Cape Town University Symphony. As a youngster, De Groote toured South Africa performing trios with his father on violin and brother on cello.

He trained with Lamar Crowson in Cape Town, and with Eduardo del Pueyo at the Royal Conservatory of Music in Brussels, graduating in 1971 with first prize in piano.

In 1972, De Groote entered the Curtis Institute of Music in Philadelphia where he studied with Rudolf Serkin, Mieczysław Horszowski, and Seymour Lipkin. He graduated in 1975.

image-.jpg
0

Triomf `n Rede om te Sing! Kom ondersteun die goeie doel!

Daar`s `n rede om te sing! Triomfkliniekkonsert beloof `n aand van hartsmusiek
Triomfkliniek is `n afdeling van Atterbury Trust wat sorg met waardigheid aan die gemeenskap van Pretoria-Wes aanbied.

Datum:- 12 September 2018

Tyd:- 18:15

Toegang:- R160 – R200


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Gratis sorg word aan behoeftige mense verskaf. Om die kliniek se fondse aan te vul sodat nog meer mense gehelp kan word, bied die kliniek jaarliks `n musiekkonsert in Atterbury Teater aan. In 2018 neem van ons land se top ku

image-.jpg
0

Kom geniet Minibos-konsert te Nelspruit

Die jaarlikse gratis loodskonsert van Innibos, oftewel Minibos. Kranige feesgangers word genooi om te kom kyk, luister en saam te kuier, want die organiseerders gaan presies wys hoe Innibos rol vanjaar.

Datum:- Vrydag, 11 Mei, om

Tyd:- 17:30 tot laat

Bok van Blerk, Touch of Class en Willem Botha gaan die feesgees aanwakker, en vir dié wat ’n vleisie op die kole wil gooi, word daar genoeg braaiplekke voorsien.

Die Minibos-konsert is maar net die afskop van ’n besige feesskedule.


Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio
image-.jpg
0

‘N nuwe snit uit deur die Radiomanne

Wat kry jy wanneer die lirieke en musiek van twee radio-omroepers met verskillende musieksmaak, trou? ’n Unieke samewerking en genre wat hopelik ’n vars klank tot stand bring.

Francois van Rensburg en Jacques Erasmus (DJ City Bay) het mekaar ontmoet by Groot FM 90.5. Beide Francois en Jacques is omroepers by dié radiostasie en Jacques is ook ’n vervaardiger.

DJ City Bay het al een of twee Afrikaanse liedjies vervaardig, maar die meeste van sy musiek word in Engels uitgereik. “Ek het vir Jacques gevra om weer iets in Afrikaans aan te pak, en lirieke asook ’n basiese melodie vir hom aangestuur waarmee hy kon werk,” vertel Francois.

Ontmoet Jacques Erasmus oftewel DJ City Bay. Hierdie baie talentvolle man kom uit die klein dorpie Hartbeespoort, naby die hoofstad – Pretoria. Die klein dorpie het egter nie sy entoesiasme bekamp nie; inteendeel, dit was waar hy sy passie gekweek het.

Hy het liedjies op die kitaar begin speel op d

image-.jpg
0

Ietsie oor Arno Carstens en sy eerste Afrikaanse solo-album

Arno Carstens is reeds vir meer as twee dekades ’n huishoudelike naam in die musiekbedryf – vir al bekend as die voorsanger van die supergroep Springbok Nude Girls. Maar nou wys dié sanger sy staal met sy eerste Afrikaanse solo-album.

Die Aanblom 13 is ’n uiters persoonlike album soos blyk uit titel van dié album. Wat baie opvalend is, is dat die album aan sy pa, Jos Carstens, wat 13 Maart 1933 gebore is, opgedra is. Bo en behalwe dít, bevat die album ook 13 snitte met die inhoud wat handel oor uitdagings, persepsies, hoop, liefde en verandering.

Die album bevat ’n sterk alternatiewe aanslag. Snitte soos Siele Loop Sielloos, Bottel Sonder Prop en Ontwaak getuig van ’n album wat nie net sommer aanmekaar gesit is nie, maar sorgvuldig uit woord en melodie verweef is.

Slim lirieke en poëtiese boodskappe met sterk melodieë sorg vir ’n unieke album vir die fynproewer. Snitte soos Bonatuurlik, Die Aanblom, Spook en Fantasie is ’n spi

image-.jpg
0

Gehoor van Henri Alant, lees meer hier onder oor die sanger

Henri Alant is ‘n 26 jarige Afrikaanse kunstenaar vanuit Pretoria en dié nuwe sangsensasie beskik oor alles wat nodig is om hom stewig in die Afrikaanse musiekmark te vestig! Sy album “Bly by my” gaan sy aanhang, in Suid-Afrika aansienlik vergroot.

Henri is nou gekontrakteer deur Fantasia musiek / en word versprei deur Coleske Artists van Suid-Afrika alhoewel dit nie sy eerste kennismaking met die opname-ateljee is nie; hy het in 2008 sy eerste demo CD gemaak en 2 liedjies op die CD was nommer 1 op van S.A. se plaaslike radiostasies. Sowel het hy ‘n nominasie lasjaar los geslaan waarvan hy 2de gekom het onder van S.A. se TOP kunstenaarslys.

“Ek het November 2009 my platekontrak los geslaan”, vertel hy. “My platebase het my volle spasie gegee om liedjies te skryf en te kon kies en wat ‘n voorreg is dit nie vir enige nuwe kunstenaar wat onder so groot platemaatskappy val om spasie te kan hê nie.” Ek is baie

image-.jpg
0

Van Coke en ‘n paar van sy vriende snoer kragte saam!

Die ikonies rocker, Francois van Coke, het ’n paar van sy vriende ingeroep vir ’n opwindende nuwe 4-snit EP.

Die EP is ’n epiese samewerking met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, hip-hip musikant Early B en aKING voorman Laudo Liebenberg. Die vier kunstenaars op die EP is ook deel van die Francois van Coke en Vriende-konsert, wat op 15 September in die Sun Arena van Time Square in Pretoria, aangebied word.

Die EP spog met indrukwekkende snitte, wat wissel van rock tot punk en hip-hop – iets wat weereens Francois se diversiteit as kunstenaar bewys.

As jy ’n aanhanger van enige van die kunstenaars is gaan hierdie album beslis op jou speellys moet wees vir die res van 2018.

Luister hier onder na van hulle treffers:-

image-.jpg
0

Leer ken vir Bouwer Bosch met hierdie kort Bio van hom

Bouwer Bosch (gebore in Pretoria in 1984) is ‘n Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, akteur en entrepreneur. Hy stel sy eerste album Almal maak Voute in 2011 vry, en word vereer met ‘n Ghoema-trofee vir beste nuweling vir dié album in 2012. Sy album Hopelik is in 2016 vrygestel.

Bosch voltooi sy skoolloopbaan in Potchefstroom en verwerf ‘n BA-graad in Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom in 2009. Hy is ook deel van die musiekgroep Straatligkinders wat in 2006 gestig is. In 2013 maak hy sy debuut as akteur in die film Klein Karoo. Hy was ook te sien in kykNET se Donkerland en Ligte Kamera Liefde.

Sy maatsappy, Bouwer Bosch Films, vervaardig musiekvideo’s en hy is ook ambassadeur vir sy eie liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen.

image-.jpg
0

Janita Claassen:- haar stem mag dalk stil wees, maar sy sal nooit vergeet word nie

Op 24 Oktober 2005 het Suid-Afrika een van die gewildste Afrikaanse kunstenaars verloor toe Janita Claassen aan kanker oorlede is.

Janita is op 30 April 1947 op die Noord-Kaapse dorp Warrenton gebore. Sy het matriek behaal aan die Hoërskool Vereeniging en daarna BA (HOD) aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys gestudeer.

Sy het byna nege jaar lank skoolgehou. In 1976 het sy ’n oudisie geslaag om in ’n koffiehuiskonsert op televisie op te tree, maar dit was eers toe die Musiek-en-Liriekbeweging in 1979 ontstaan het dat sy in die musiekbedryf beland het.

In daardie jare het die bekende sanger Jannie du Toit musiekaande by sy huis naby die dieretuin in Pretoria gehou, en Janita was deel van die groep. Een van Janita se gereelde liriekskrywers, Babs Pretorius, het die woorde van een van die snitte op Jannie se debuutalbum, Liedjie vir jou, naamlik “Magnoliadal”, geskryf. Jannie is goed bevriend met Babs

image-.jpg
0

Treffende nuwe snit uit deur Hugo Nieuwoudt

“Net soos die sneeu weer op die berge sal lê, is my verwagting dat jy my sal sê; sien ons weer môre, sien ons dan weer, en dit is al wat ek vandag in hierdie hart begeer…” weergalm die treffende refrein van Hugo Nieuwoudt se nuwe enkelsnit, Net Soos Die Sneeu, wat pas vrygestel is.

“Net Soos Die Sneeu handel oor ’n man wat steeds vasklou aan die belofte, wat sy Pa aan hom as seuntjie gemaak het; dat hy sal terugkeer na die oorlog. ’n Klein seuntjie, wie se pa op die dag van sy vertrek na die oorlog, voor hom in die sneeu kniel, en met trane in sy oë’n pinky promise aan hom maak dat hy sal terugkeer na die oorlog, wat dan nooit gebeur nie,” vertel Hugo oor dié Afrikaanse pop/kontemporêre snit uit die pen van Werner Beukes.

Hugo hoop dat die publiek die snit goed sal ontvang, aangesien die publiek vra vir goeie lirieke en melodie lyne, iets wat Net Soos Die Sneeu beslis bied. Hugo brei uit: “Dis nuut, vars, ritmies en ’n vreesli

image-.jpg
0

Bobby Van Jaarsveld is in Pietermaritzburg

Die ooit so charismatiese Bobby van Jaarsveld vier 10 jaar in die musiekbedryf met sy band by Golden Horse.

Datum:- 26 April 2018

Tyd:- 19:30

Toegang:- R150

Die nag beloof om jou deur Bobby se musikale reis te neem en te wys waarom hy 10 jaar lank daarby is. Maak dit ‘n datumaand terwyl hy al die vonke in jou hart aansteek!


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Golden Horse Casino?? SA Radio

image-.jpg
0

Die immergroen Jan Blohm Trio tree op – Pretoria

Jan Blohm is geen onbekende in die Suid Afrikaanse musiekbedryf nie!

Datum:- 7 Junie 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R160


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


2018 sien Jan terug op die verhoog met `n drie stuk groep waar hy die oorspronlike inspirasie van blues en soul musiek terug werk in vertolkings van sy selfgepende musiek!

Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood

GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538

image-.jpg
0

Elvis Blue stel nuwe snit bekend net vir Vaders

Elvis Blue se eerste enkelsnit, Die Hartklop van ’n Pa, vanaf sy opkomende nuwe album is net betyds vir Vadersdag.

Elvis, wat self ’n familieman en pa is, sê dat hierdie liedjie hom na aan die hart lê. “Ek het gewonder wat ek vir my kinders sou wou sê as ek nie meer by hulle kon wees nie. Dit is waaraan ek gedink het toe ek hierdie liedjie geskryf het. Ek wou graag ’n klank gee aan hoe ek voel oor my kinders, en hierdie is wat uitgekom het,” vertel die sanger.

Volgens Elvis het hy ook aan sy eie ouers gedink en sy ervaring van hulle ouerskap probeer vasvang in hierdie liedjie. “Almal se ouers is nie dieselfde nie, party van ons het goeie ouers gehad, ander nie. Maar hoe klink die hart van ’n goeie pa? Om dít te verwoord is waarvoor ek gemik het.”

Die liedjie sal binnekort ook op radiostasies gehoor kan word met die musiekvideo wat op Vadersdag, 17 Junie uitgereik word. Die musiekvideo bevat videogrepe, wat Elvis Blue van sy

image-.jpg
0

Ons sal jou nie vergeet nie Chris Blignaut, nog ‘n goue oue wat ons verloor het

Chris Blignaut (1897–1974) was ’n Afrikaanse sakeman, sanger en liedjieskrywer. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat ’n kontrak met ’n platemaatskappy aangegaan het (in 1930). Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd, Ou Tante Koba, Die Donkie en Daar Oorkant Die Spruit. Hy het altesame 120 opnames oor sy loopbaan gemaak.

Hy kon nie ’n bestaan voer van musiek alleen nie en het as jong man by ’n assuransiemaatskappy gewerk met musiek as sy stokperdjie. Gedurende die vroeë twintigerjare het hy aanvanklik sangonderrig van Aimee Parkinson ontvang en daarna ook van Alfred Bell, madam Palmer en signor Pentuzzi. In 1923 het hy eerste gekom in ’n radiotalentwedstryd en verskeie medaljes en diplomas in die Johannesburgse kunswedstryd verower.

Hy het ook in musiekblyspele en operettes opgetree. Dit was gedurende daardie tyd dat hy die eerste keer in Afrikaans op die verhoog gesing het met sy vertolking van Daar oorkant die spruit wat goed ontv