AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad
0
01:21

AfriForum lê ‘n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien. Dit spruit onder meer uit verskeie ondersoeke wat AfriForum geloods het, asook dokumente wat aan dié organisasie oorhandig is. Die bedrog het glo in 2014/2015 plaasgevind toe dié munisipaliteit onder ANC-administrasie was. Die klag sluit bewyse in dat bedrog van sowat R750 000 moontlik plaasgevind het, asook bewyse van die uitbetaling van onreëlmatige fakture.
AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:15

R100 000 se slaggate by HS Waterkloof herstel – Forum Nuus

AfriForum se plaaslike tak in Pretoria-Oos het vandag ’n selfdoenaksie van stapel gestuur waartydens slaggate in en om Hoërskool Waterkloof herstel is. Dié projek beloop sowat R100 000. Die gemeenskap het die burgerregte-organisasie genader om dié munisipale diensleweringskwessie aan te pak. Marcus Pawson, hoof van plaaslike regering by AfriForum, het gesê die Tshwane Metroraad sal ook genader word om probleme rondom dienslewering te bespreek. “Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en daarom wil ons ander gemeenskappe of skole wat soortgelyke probleme ervaar, aanmoedig om hul plaaslike AfriForum-tak te kontak.” Die skool het ook by monde van Daan Potgieter, skoolhoof, hul dank uitgespreek vir AfriForum se ingryping.