image-.jpg
0

Ietsie oor Arno Carstens en sy eerste Afrikaanse solo-album

Arno Carstens is reeds vir meer as twee dekades ’n huishoudelike naam in die musiekbedryf – vir al bekend as die voorsanger van die supergroep Springbok Nude Girls. Maar nou wys dié sanger sy staal met sy eerste Afrikaanse solo-album.

Die Aanblom 13 is ’n uiters persoonlike album soos blyk uit titel van dié album. Wat baie opvalend is, is dat die album aan sy pa, Jos Carstens, wat 13 Maart 1933 gebore is, opgedra is. Bo en behalwe dít, bevat die album ook 13 snitte met die inhoud wat handel oor uitdagings, persepsies, hoop, liefde en verandering.

Die album bevat ’n sterk alternatiewe aanslag. Snitte soos Siele Loop Sielloos, Bottel Sonder Prop en Ontwaak getuig van ’n album wat nie net sommer aanmekaar gesit is nie, maar sorgvuldig uit woord en melodie verweef is.

Slim lirieke en poëtiese boodskappe met sterk melodieë sorg vir ’n unieke album vir die fynproewer. Snitte soos Bonatuurlik, Die Aanblom, Spook en Fantasie is ’n spi

image-.jpg
0

Len Muller se tweede album is vrygestel, ‘Oog van die storm’

Len Muller se tweede album, Oog van die storm wat vroeër vanjaar bekend gestel is, bied inspirerende en bemoedigende musiek met ’n baie sterk geestelike ondertoon. Sy unieke en byna uitdagende liriekgedrewe aanslag wat as Afrikaans-akoesties bestempel kan word, spreek van ’n onopgesmukte eerlikheid waarby die meeste luisteraars ongetwyfeld aanklank sal kan vind. Dié persoonlike album volg op die sukses van sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, waarvan die enkelsnit, Smag Na Jou, op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas, gebruik is.

Die moderne omslag ontwerp deur Ivann Pieterse van Fathom Media waarop Len in teenstelling tot die wasige agtergrond in fokus staan, is die bewys dat hy inderdaad in staat was om te kon uitstyg bo die storm waarin hy homself op dié album bevind. Alhoewel die meeste liedjies op die album oudergewoonte deur Len self geskryf is, het hy drie daarvan ook saam met sy vrou, Chanél Muller geskryf. Die ander mede-skrywer

image-.jpg
0

Johan Anker van The Voice SA het ‘n debuutalbum

Johan Anker van The Voice SA-faam het sy aanhangers se asems behoorlik weg geslaan met sy lang verwagte debuutalbum, Hoop & Bid, wat uiteindelik verlede maand vrygestel is. Hierdie uitreiking is voorafgegaan deur sy vertolking van Leonard Cohen se bekende treffer, Hallelujah, tydens sy heel eerste oudisie op The Voice SA 2016 wat reeds deur meer as 285 000 mense op YouTube gekyk is.

Dié opwindende nuweling wat reeds vanaf 9-jarige ouderdom sing, was nie net ’n lid van die Drakensbergse Seunskoor nie, maar is ook ’n begaafde akteur wat al in verskeie verhoogproduksies te sien was.

Hoop & Bid verteenwoordig ’n weldeurdagte kombinasie van ligte, klassieke en geestelike musiek om ’n deurlopende inspirerende boodskap van hoop aan sy luisteraars te bied. Dié mengsel van roerende lirieke sowel as ritmiese melodieë beloof om nie net in luisteraars se gedagtes vas te steek nie, maar om hulle ook te laat nadink en om vir hul nuwe hoop te gee.

image-.jpg
0

Eerste enkelsnit bekend gemaak deur Leon Gropp

Die bekroonde kitaarspeler, Leon Gropp, se eerste solo-enkelsnit word hierdie week vrygestel. Bakenlig beloof nie net om luisteraars se hartsnare te prikkel en vir hulle ’n hele nuwe kant van hom te wys nie, maar ook om vir dié talentvolle musikant ’n stewige plek, as sanger, te vestig in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

“Bakenlig gaan oor die terugkeer na dit wat jou in die lewe anker. Dit kan in verskillende kontekste toegepas word, maar die idee is in hierdie geval meer ’n fisiese plek wat vir jou waarde dra. Ons almal het egter emosionele en geestelike ‘bakenligte’ ook,” vertel Leon oor hierdie alternatiewe snit wat sy sangtalent aan die land gaan bekendstel.

“Ek en Jattie de Beer het saam geskryf aan die lied. Ons verlede (geskiedenis) kom met ’n bepaalde konteks en dit vorm tot ’n groot mate ons denkwyse en -patrone. So om terug te keer na daai plek, daai anker, daai ‘bakenlig’ (hetsy fisies of geestelik) is belangrik om

image-.jpg
0

Nuwe snit uit deur Wikus Botma wat gaan oor die kunstenaar se lewe

Die sanger Wikus Botma het onlangs sy jongste enkelsnit, Afstand Tussen Jou En My, bekend gestel.

Die liedjie wat die storie vertel van hoe kunstenaars hul geliefdes moet agterlaat wanneer hulle gaan toer, is geskryf deur Wikus self, Zanda Traut en Monica Maree. “Ek wil graag hê luisteraars moet hoor dat die lewe op die pad nie altyd so wat wonders is nie. Elke keer wat ek in die kar moet klim en my geliefde agter laat, is dit maar moeilik om so alleen op die pad te wees. Ek weet ek is nie die enigste persoon wat deur dit moet gaan nie, so ek glo meeste luisteraars sal by hierdie lied kan aanklank vind,” sê die sanger.

Wikus meen hy het juis op die snit besluit as sy volgende enkelsnit omdat so baie mense aanklank daarby sal vind. Hy vertel: “Ek het aan die konsep vir die lied gedink toe ek vêr moes ry na ’n vertoning toe ek my geliefde agter moes los. Ek, Zanda en Monica het saam aan die lirieke geskaaf en toe het die melodie en lirieke so

image-.jpg
0

’n Ietsie nuurts vir die Noord-Kaap:- Droomvanger Orkes

Die splinternuwe vierstuk-orkes, Droomvanger, wat bestaan uit Pierré Meintjes (sang en klavier), Warrick Waddington (kitaar), Rikus Maritz (baskitaar) en Ryno Groenewald (dromme), is reg om die Noord-Kaap in alle glorie te verteenwoordig.

Die groep het tans hul eerste demosnit Erkenning opgeneem en nóg opwindende musiek vloei reeds deur hul pen. Ryno en Pierré skryf die musiek saam. “Ek pen die woorde en Pierré sit die melodie by op die klavier. Ons is regtig ’n goeie span,” sê Ryno.

Erkenning is ’n jaar terug geskryf en vertel die storie van hoe mens so ’n bietjie moet lewe. “Bring vir my die donker, sak vir my die son is metafories vir die aand, wat beteken dat ons slegs dan met ons geliefdes en vriende kuier, omdat ons deur die dag te besig is met werk of ander verpligtinge,” vertel Ryno.

Die groep spog reeds met tien oorspronklike liedjies wat reeds geskryf, gekomponeer en ingeoefen is. Boonop tree hulle vir die eerste kee

image-.jpg
0

’n Nuwe ‘sexy’ treffer van Dirk van der Westhuizen

Eers is daar suiker gegooi, toe spoel hy dit af en nou gaan Dirk van der Westhuizen die koue blus met sy nuwe vuurwarm enkelsnit getiteld Sexy Vi My.

Die enkelsnit, wat ook die titelsnit van Dirk se nuutste album is, is ’n Afrikaanse pop/dansliedjie wat enigiemand sexy gaan laat voel. “Hierdie is definitief ’n liedjie wat jy op die dansvloer uit volle bors gaan saam sing en jy gaan hotter as botter voel,” vertel die sanger en lag nederig.

Die liedjie is deur die talentvolle Johan Oberholzer geskryf. Talle treffers kom reeds uit Johan se pen. Oor die storie agter die liedjie sê Dirk: “Soveel mense se daaglikse lewens is gevul met prioriteite en verantwoordelikhede dat dae, maande en selfs jare net verby hul gaan sonder enige me time en feel good time. Ek hoop die liedjie gaan dit verander.”

Volgens Dirk het hy die liedjie as sy volgende enkelsnit gekies omdat dit belangrik is om mense spesiaal te laat voel, en hy kry dit hoeka reeds

image-.jpg
0

Vir die jeug van Suid-Afrika, ‘Kalmeer’, ’n boodskap van ADAM

Die gewilde musiekgroep, ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se album, Bewe, is gedurende Maart 2018 vrygestel.

Dié album is ’n bewysstuk van hoe baie hulle gegroei het as kunstenaars oor die afgelope klompie jare. Hulle eerste enkelsnit, Sê My (Bewe), is vroeg in 2018 al uitgereik en pryk steeds op trefferparades landswyd.

Dit is ’n lekker tong-in-die-kies liedjie geïnspireer deur al Hugo se patetiese pogings om ’n meisie te kry – en veral deur sy onvermoë om ’n ordentlike meisie by ’n kuierplek te ontmoet.

Maar nou, met die uitreiking van hulle tweede enkelsnit, Kalmeer, raak die manne ernstig en het hulle ’n sterk boodskap aan die jeug van Suid-Afrika.

“Ek het Kalmeer geskryf uit ’n plek van onsekerheid oor my/ons toekoms as die jeug van Suid-Afrika, asook uit ’n plek van politieke onsekerheid. Dit het my geweldig gepla en na baie diep denke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat alles okay gaan wee

image-.jpg
0

Boerseun Rider volg sy ‘plaas spore’ na sukses

Die boerseun sanger, Rider, het onlangs sy eerste enkelsnit Plaas Spore, wat nie net ’n goedvoel treffer is nie, maar ook ’n persoonlike blik op sy liefdeslewe bied, vrygestel.

Plaas Spore, wat ook op Rider se EP, Grondpaaie beskikbaar is, is deur Pierre Rossouw geskryf. Volgens Rider het hy op die liedjie besluit omdat dit na aan die hart lê. “Plaas spore het van my vriende en familie die vinnigste gegryp en die lied het baie met my persoon te doen,” vertel hy.

Rider sê dat die liedjie ’n boodskap van hoop sal oordra. “Plaas Spore se boodskap is wel dat ons almal verlore liefde iewers ervaar en dat jy net moet dans en deur dit alles glad nie ophou om te glimlag nie”

Rider, oftewel Devon de Villiers, is tans 22 jaar oud en woon in Kaapstad. Sy passie vir musiek het reeds van kindsbeen af begin toe hy die klavier en kitaar baas geraak het. Liedjieskryf het sommer vinnig gevolg.

“Oor die jare heen het my eie lewenspad op e

image-.jpg
0

Jak de Priester het n nuwe liefde, die Drakensberge

Jak de Priester, laai gereeld sy gesin in die motor en vat die pad Drakensberge toe.
Sy derde enkelsnit, Drakensberge Liefde, vanaf sy album 15 Jaar, word nou uitgereik en Jak vertel ’n heerlike storie rondom die skryf van hierdie liedjie:

“Ek en my vrou Michelle en ons twee kinders, Jamie en Mija was een naweek in die Drakensberge. Ek dink die oomblik was bietjie te groot en kort daarna het ons ’n laatlammetjie ryker geword! Sy naam is Mika, maar ons noem hom Drakensberge. Maar om terug te dink aan daardie wonderlike road trip is vir my besonders lekker. Ons was moeg vir die stad en wou wegbreek en net die pad vat… deur Johannesburg en onder deur die tolhekke en verby Sasolburg in die Vrystaat. Dit is waaroor die liedjie gaan en dit verduidelik die avontuur waarop ons was en die gevoel dat ons êrens tussen die berg wil wees, weg van alles af”

15 Jaar is vroeg in 2018 ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan uitgereik en bestaa

image-.jpg
0

Emil Paul het ‘n enkelsnit uit net vir Vadersdag

Die sanger Emil Paul se nuwe enkelsnit Man Van Staal is pas vrygestel en is die perfekte geskenk vir pa híérdie Vadersdag.

Die liedjie, wat deur Emil self geskryf is, is ’n popliedjie met ’n akoestiese gevoel en beskryf hoe ’n pa deur die oë van sy kind gesien word, en hoe almal iets kan leer by hul eie ‘man van staal’.

Volgens Emil het hy die snit vir sy eie pa geskryf as ’n verjaardag geskenk in 2017. “Ek het besluit dis nou die tyd om die liedjie as my volgende enkelsnit vry te stel. Ek dink baie enkelouers sal iets uit die liedjie kan leer. Omdat my ma tien jaar terug skielik oorlede is, moes my pa die rol van twee ouers vertolk. Dit was nie altyd maklik nie, maar ek kon nie vir ’n beter pa vra nie,” sê die sanger. “Die liedjie is my manier om dankie te sê vir my pa vir al die jare se opofferings.”

Die liedjie beteken vir Emil baie. En hy vertel: “Ek sê nie altyd genoeg vir my pa hoe lief ek vir hom is nie. In

image-.jpg
0

Nuwe enkelsnit uit van Sharoney en dit gaan harte steel

Suid-Afrika se gunsteling-borrelende blondekop, Sharoney, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat sommer diep in luisteraars, van alle ouderdomme, se harte gaan kruip.

“Crush is ’n tipiese hoërskoolmeisieliedjie. Elke meisie was al verlief, veral op skool. Soms bly hierdie spesifieke outjie jou ‘crush’ vir nog lank na matriek. Dit gee jou skoon vlinders in die maag as jy aan hom dink. Jy bloos as hy met jou praat en soms kan jy nie help om net te glimlag as jy sy naam sien nie,” vertel die sangeres oor hierdie snit uit die pen van Hugo Ludik en Kyle Grant. “Die liedjie het my onmiddellik getrek omdat ek self al ’n ‘crush’ gehad het op iemand toe ek jonger was. Dit beskryf so mooi hoe ek op daardie spesifieke tyd gevoel het, maar toe het ek nie die regte woord gehad om dit vas te vang nie.”

Dié lekkerluistertreffer bou voort op die ritmiese popmusiekstyl waarvoor die sangeres bekendheid verwerf het en nooi jou uit om spontaan

image-.jpg
0

‘n Kragtige ballade word uitgereik deur Almero

Hy is skaars twintig jaar oud en spog reeds met sy eie kortverhaal, digbundel en twee enkelsnitte, wat almal baie goed ontvang is. Met die vrystelling van sy nuutste treffer, Monochromie, gaan Almero nie net ’n opskudding veroorsaak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie, maar ook vir homself ’n permanente plek lossing in die harte van musiekliefhebbers.

“Monochromie is wat ek noem ’n kragballade. Dit gaan oor ’n gevoel wat ek glo ons almal ervaar: die soeke na iemand wat ons tuis kan noem. Iemand wat ons nuwe dinge kan leer en laat voel en sien. Dit maak die vergelyking dat hierdie persoon, indien daar so iemand is, jou wêreld sal verkleur in kleure wat jy nie geweet het bestaan nie. Tog is daar ’n smekende aspek in die liedjie, ’n pleit dat hierdie persoon moet bly,” verduidelik hy oor hierdie treffende liedjie wat saam met Ruan Graaf geskryf en deur Nico Welgemoed vervaardig is.

“Ek is iemand wat baie waarde heg aan my huis, of w

image-.jpg
0

Die sangers Karen Zoid en Johnny Clegg se spesiale oomblik

Karen Zoid en Johnny Clegg het in Donderdagaand se episode van die Republiek van Zoid Afrika sy ikoniese treffer, Great Heart, gesing.

Dit het na afloop van die episode binne oomblikke die gewildste liedjie op die Suid-Afrikaanse iTunes-winkel geraak.

Die komediant Schalk Bezuidenhout en skrywer Erns Grundling was Karen se ander besoekers in haar republiek.

Vir Karen was dit egter veral ’n roerende ervaring om met Johnny, Suid-Afrika se sogenaamde “wit Zoeloe” wat ’n stryd teen kanker voer, te gesels.

“Ek het al met meer as 200 ongelooflike mense onderhoude op Republiek van Zoid Afrika gevoer, waarvan elkeen uniek en spesiaal op sy eie manier was, maar die tyd saam met Johnny Clegg was heilig en almal in die ateljee kon dit aanvoel,” sê Karen.

“Dit was deurdrenk met lewenswyshede, eerlikheid, respek en emosie. Hierdie is oomblikke met ’n ware legende wat ek vir ewig saam met my sal dra.”

Sedert die vyfde s

image-.jpg
0

Sangeres Mari Bosman reik haar nuwe enkelsnit en musiekvideo uit

Die donkerkop sangeres, Mari Bosman, het pas ’n nuwe goedvoel liedjie oor hoop en vergifnis vrygestel. Dié liedjie wat in Mari se woorde as ‘rooiwyn rock’ beskou kan word, is deur die talentvolle sangeres self geskryf.

Hou Vas is ’n folk-popliedjie wat hoop gee in ’n donker land. “Met al die slegte dinge wat rondom ons aangaan en mense wat gou moed verloor, het ek die liedjie geskryf om mense weer ’n bietjie hoop te gee,” sê sy. “Kom waai die wind weer in my seile, die gif is uit my pyle, verwys na vergifnis. Ek glo dit speel ’n baie belangrike rol in aanbeweeg.”

Sean Manley het die verwerking van die liedjie gedoen, terwyl die bekwame Vaughan Gardiner gesorg het vir die meng en meester daarvan. Ricus Nel het op sy beurt gesorg vir die kitare op die liedjie.

Mari is oorspronklik van die Paarl, maar het onlangs Pretoria toe getrek om haar loopbaan in musiek te volg. Sy het reeds van kindsbeen af begin kitaar speel en liedj

image-.jpg
0

Die sanger Quentin Prinsloo reik sesde album uit

Quentin Prinsloo het reeds diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap. Met vyf trefferalbums agter sy rug en optredes in verskeie lande oor die afgelope 17 jaar kan Quentin as een van ons land se suksevolle kunstenaars beskou word.

En asof sy CV nie alreeds indrukwekkend genoeg is nie, het hy onlangs ook sy sesde album, Suurstof, die lig laat sien.

Volgens ’n verklaring het treffers op dié album reeds die top 20 ranglyste uitgeklim. “My musiek is ’n deurdagtige en gebalanseerde snoering, met fyn balans tussen energieke ritmes en roerende ballades,” sê Quentin.

Meeste van die liedjies is uit Quentin se eie pen, maar hy het ook die hulp van liedjieskrywers soos Johan Oberholzer, Rudi Claase en vele meer ingeroep.

Quentin was onder meer in die Bakgat-fliek te sien, en het ook die temalied gesing. Verder het hy ook sy lyf TV-aanbieder gehou, spog met sewe musiekvideo’s en ’n DVD agter sy naam.

Met die nuwe albu

image-.jpg
0

Nuwe debuut-album is hier van Jan Bloukaas

‘Kaasliefhebbers’ staan nader, want die dansmusiekkoning, Jan Bloukaas, is terug met ’n splinternuwe bederf vir die oor wat beslis nie misgeloop moet word nie.

Nadat dié innoverende musikant se treffer, Kaas elke Dag in 2017 die internet en Suid-Afrikaanse dansvloere kom verower het, het ’n tweede enkelsnit, kykNET en Chill kort daarna gevolg. Nóú kan aanhangers nie net uitsien na ’n splinternuwe liedjie en video, Desember, nie maar ook na sy debuut-album, Lewe, wat in Mei 2018 vrygestel gaan word.

Alhoewel Desember gaan voortbou op die unieke elektroniese klank en styl waarvoor dié musieksensasie bekendheid verwerf het, meen hy dat dit beslis ’n dieper kant van homself aan gehore gaan bekendstel. “Die liedjie gaan oor iemand spesiaal, wat vir my gevoel het soos ’n Desembervakansie, toe alles rondom my rof gegaan het. Dit is geïnspireer deur my eie Desember-ervaringe en ek glo dat almal daarmee sal kan vereenselwig, omdat die meest

image-.jpg
0

Steffie le Roux – Dans in die Reën – Pretoria

Met Steffie le Roux se warm persoonlikheid en lekkerte oor die lewe, bied sy `n wonderlike vertoning vol humor, hart en nuwe liedjies.. Met haar fluweelstem en besonderse vertolkings, het hierdie kunstenaar die vermoe om in almal se harte te gaan le.

Datum:- 25 May 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R140 – R160


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Sy sing oor die liefde, die reen, saamwees en die Karoo. Steffie se eerlikheid en opregtheid waarmee sy haar werk omhels, is baie treffend en sy bied altyd `n veelsy

image-.jpg
0

Die duo DZL trakteer ondersteuners met ’n dag vol avontuur

Ondersteuners van die sanggroep, DZL, is onlangs met ’n avontuurdag van ’n leeftyd getrakteer. Die manne het in April hulle nuuste enkelsnit, Het Jy Al Gelewe vrygestel waartydens hulle met radiostasies regoor die land saamgewerk het en luisteraars uitgedaag het om hulle stories te vertel waartydens hulle as’t ware die lewe by die horings gepak het.

Het Jy Al Gelewe, die eerste enkelsnit vanaf DZL se nuwe album, Realiteit, is ’n lekkerluister country-popdanstreffer wat gaan oor die vreugde van die lewe en om elke oomblik saam jou beste pêl of geliefde te geniet.

“Ons het sulke wonderlike terugvoer van die luisteraars gekry en het toe die beste stories gekies en hierdie luisteraars, saam met hulle deelnemende radiostasies genooi om ’n dag vol avontuur saam met ons te spandeer,” vertel Wiaan Fourie.

Op Saterdag, 12 Mei, het die wenners en die ondersteunende radiostasies wat Pretoria FM, Bosveld Stereo, 90.6 VCR, Overvaal Stereo, Eas

image-.jpg
0

Die duo Coffee Snobs reik ‘n nuwe debuutalbum uit

Musiek vir connoisseurs. Dis die musiek wat die musikale musiekpaartjie Vernette en Marius Wessels – oftewel Coffee Snobs – op hul debuutalbum Aroma (met die pragtreffer Eie land) geskep het.

Nou kry musiekliefhebbers wat gehaltemusiek waardeer, hul tweede album: Lig. “Ek voel ons het ons ware identiteit gevind en dit op hierdie album vasgevang. Oor die algemeen het die album ’n meer akoestiese en organiese aanslag as die eerste album. Dit wat jy op die album hoor, is ook wat jy gaan hoor as jy ons sien optree:. Dis wie ons is,” sê Vernette.

Die album bestaan uit sewe Afrikaanse en twee Engelse liedjies; almal oorspronklike nuutskeppings. Die titel van die album weerspieël die tema van lig wat deurlopend in die lirieke voorkom. Vernette sê sy het net een oggend wakker geword en geweet dat die titel Lig moet wees!

“Oor die algemeen is dit ’n baie positiewe album wat ’n boodskap van hoop en ’n toekoms verkondig! Jake Odend

image-.jpg
0

Robbie Wessels Groostse Treffers – Carnival City Casino and Entertainment World – Johannesburg

Robbie is n kunstenaar, eie in sy soort. As akteur, sanger, liedjieskrywer en filmmaker kan hu jou laat le van die lag, maar jou ook dieper laat delf in die dinge van die lewe.

Datum:- 25 Mei 2018

Tyd:- 19:00

Toegang:- R150


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in die Carnival City Casino and Entertainment World area?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek

image-.jpg
0

In 2017 stig Altus Theart, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg die Afrikaanse Alternatiewe popgroep EON en bereik hulle reeds groot sukses met hulle eerste treffer BITTERSOET wat tans op verskeie radiostasies op hoë rotasielyste is.

Die musiekvideo op YouTube bereik verrassende kykersgetalle en is ook te sien op verskeie Afrikaanse TV Kanale.

PIETER MARCATO is liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiekbehoeftes hanteer.

JERRY SPANGENBERG gebore in Bloemfontein, maar dis op hul plaas in Kuruman waar hy sy liefde vir musiek ontwikkel het. Eers konsertina gespeel, toe klavier in sy tiener jare. Dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is hy die kitaarspeler van EON. Jerry 4 jaar vir Mel Botes kitaar gespeel. J

image-.jpg
0

‘N nuwe snit uit deur die Radiomanne

Wat kry jy wanneer die lirieke en musiek van twee radio-omroepers met verskillende musieksmaak, trou? ’n Unieke samewerking en genre wat hopelik ’n vars klank tot stand bring.

Francois van Rensburg en Jacques Erasmus (DJ City Bay) het mekaar ontmoet by Groot FM 90.5. Beide Francois en Jacques is omroepers by dié radiostasie en Jacques is ook ’n vervaardiger.

DJ City Bay het al een of twee Afrikaanse liedjies vervaardig, maar die meeste van sy musiek word in Engels uitgereik. “Ek het vir Jacques gevra om weer iets in Afrikaans aan te pak, en lirieke asook ’n basiese melodie vir hom aangestuur waarmee hy kon werk,” vertel Francois.

Ontmoet Jacques Erasmus oftewel DJ City Bay. Hierdie baie talentvolle man kom uit die klein dorpie Hartbeespoort, naby die hoofstad – Pretoria. Die klein dorpie het egter nie sy entoesiasme bekamp nie; inteendeel, dit was waar hy sy passie gekweek het.

Hy het liedjies op die kitaar begin speel op d

image-.jpg
0

Die groep Heuwels Fantasties vier ’n dekade met ‘alles van die beste’

Hoe kies jy jou gunsteling liedjie(s) van die gewildste Afrikaanse groep in die land, Die Heuwels Fantasties? Jy kan nie…

Met treffer na treffer, het hierdie talentvolle ouens dit gelukkig makliker vir almal gemaak deur self die beste van die bestes te kies met die vrystelling van Alles Van Die Beste – ’n CD én DVD wat die hoogtepunte van ’n dekade se unieke skeppings van Die Heuwels Fantasties in een versameling ten toon stel!

En beste van als? Die Heuwels Fantasties is terug met ’n splinternuwe treffer enkelsnit, Niks en Nêrens, wat verseker diep in almal se harte gaan kruip – beskikbaar saam met Alles Van Die Beste.

Vir die eerste keer is die musiekvideo van Niks en Nêrens ook boonop vrygestel.

Hoofsanger van die groep, Pierre Greeff, sê oor Niks en Nêrens: “Dit maak nie saak waar jy jouself bevind of hoe hopeloos jy voel nie. Wanneer jy omring is met die regte mense, wat waarlik vir jou lief is, is jy tuis.”

<