Forum Nuus: Ankerdorppadskou sluit in Bethlehem af
0
03:37

Forum Nuus: Ankerdorppadskou sluit in Bethlehem af

“Ons is baie dankbaar teenoor AfriForum en dink dit is ’n baie goeie idee om Bethlehem as ’n Ankerdorp te identifiseer. Ons ondersteun graag dié inisiatief en wil saam ’n bydra lewer om Bethlehem ’n spogdorp te maak.” Só sê Danie Eichstädt, ’n trustee van die Bethlehem Museum, oor AfriForum se werk in dié dorp. […]
VANDERBIJLPARK-TAK VUL 2 100 SLAGGATE
0
03:02

VANDERBIJLPARK-TAK VUL 2 100 SLAGGATE

Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het onlangs ongeveer 2 100 slaggate in verskeie strate in die dorp gevul as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Die Vanderbijlpark-tak het 35 ton teer aangekoop en die projek het ongeveer R90 000 beloop. Hierdie aksie is in samewerking met nege motorfietsklubs, verskeie sakeondernemings en gemeen¬skaps¬lede aangepak om die paaie […]
Forum Nuus: Die pad na Selfbestuur
0
03:07

Forum Nuus: Die pad na Selfbestuur

Volgens prof. Koos Malan is daar kennis, wysheid en insig in Flip Buys se nuutste boek, Die pad na Selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuurboek. “Dit is tyd dat Afrikaners besef waar hul plek is en wat hulle te doen staan om daardie plek in te neem en vol te staan. Afrikaners is uitgelewer en […]
Forum Nuus: Streeksberaad
0
02:31

Forum Nuus: Streeksberaad

Meer as 300 mense van sowat 72 AfriForum-takke in die noordelike provinsies het die afgelope naweek een van die organisasie se streekberade in Centurion bygewoon. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het ’n kragtige boodskap vir beraadgangers gehad. “Ons het ’n sterk struktuur van byna 10 000 vrywilligers wat help veg en bou aan ’n beter toekoms. Mense wat roepingsgedrewe is en mense wat ’n verskil wil maak. Julle is AfriForum se hande en voete. Ons krag is in ons lede en strukture. Sonder julle kan ons net soveel planne by hoofkantoor maak soos ons wil sonder om suksesvol te wees.”
Forum Nuus: AnkerdorpPadskou – Tzaneen
0
02:26

Forum Nuus: AnkerdorpPadskou – Tzaneen

Plaaslike besighede, skole én vrywilligers het vandeesmaand moue opgerol en tydens AfriForum se Ankerdorppadskou in Tzaneen verskeie projekte aangepak om die dorp te verbeter én in die proses hoop te skep. In dié video gesels Magnus Steyn, hoof van Hoërskool Merensky, oor die opknappingswerk wat die organisasie by die skool verrig het, asook die sukses van die eerste Dink of Sink- uitdunrondte in die Verre-Noorde, wat by dié spogskool aangebied is.
Forum Nuus: Quo Vadis
0
01:15

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou in Tzaneen

Skole, plaaslike besighede en die gemeenskap het hande met AfriForum gevat om ’n verskil in hul dorp te maak tydens vandeesmaand se Ankerdorppadskou in Tzaneen. Verskeie skoonmaakaksies en opknappingswerk is in die dorp aangepak, die Dink of Sink-skoledebatskompetisie is vir die eerste keer in dié streek aangebied en plaaslike besighede is verras met middagetes.
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – Nelspruit
0
02:10

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou – Nelspruit

AfriForum se Nelspruit-tak het reeds moue opgerol en gewoeker tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Verder het die Nelspruit-tak, in samewerking met verskeie plaaslike besighede, ’n selfdoenaksie by die Pro Gratia-leersentrum vir spesiale onderrigbehoeftes gehou. Dié skool ontvang geen subsidiëring van die regering nie en is afhanklik van hul beperkte skoolfondse en die hulp organisasies soos AfriForum en die plaaslike gemeenskap om aan te hou groei. Die buurtwagte in Nelspruit en Witrivier, asook die Nelspruit Concerned Citizens-inisiatief, het ook ’n gesamentlike buurtwagpatrollie gehou. Verder het Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het sy Quo Vadis-gespreksreeks in dié dorp aangebied, waar die kernfokus op die toekoms van Suid-Afrikaanse onderwys was. Verskeie selfdoenaksies lê steeds voor. Volg AfriForum Nelspruit se Facebook-groep om op hoogte te bly van AfriForum se #AnkerdorpPadskou: https://www.facebook.com/groups/afriforumnelspruit/
Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:42

Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het gewoeker in George tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Die plaaslike tak het onder meer water getoets, verskeie skoonmaakaksies aangepak en ’n vullisterreinoudit gedoen. AfriVriendelik en AfriForum Onderwys het ook onderskeidelik ’n sakeontbyt en verskeie teenboeliegesprekke in die omgewing aangebied. Die #AnkerdorpPadskou het ook op ’n hoë noot afgesluit met die afskop van die Quo Vadis-gespreksreeks, ’n reeks van gespreksgeleenthede wat deur Ernst Roets in verskeie ankerdorpe aangebied word.
Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:03

Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag as deel van sy #AnkerdorpPadskou ’n reuseskoonmaakaksie in Moreletapark, Pretoria, geloods waartydens die gebied rondom ’n vervalle winkelsentrum ontbos en skoongemaak is. Dít vorm deel van verskeie groot aksies wat regoor Pretoria plaasvind. Dié inisiatief word môre in die Waverley-area voortgesit waar die organisasie verbleikte padtekens naby skole gaan verf. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te kom maak. Selfdoen skep hoop. Word deel van die oplossing.
Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou
0
01:18

Forum Nuus: #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede. ’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word. Die Ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word. Selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak. Die dorpe wat deur die loop van die jaar aan die beurt kom is Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem. Gemeenskapslede kan steeds deel van hierdie opwindende projekte wees selfs al woon hulle nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep.
Forum Nuus: AfriForum-takke woeker met Ons Dorp-veldtog
0
03:49

Forum Nuus: AfriForum-takke woeker met Ons Dorp-veldtog

Verskeie AfriForum-takke het reeds ingespring en suksesvolle selfdoenaksies in hul dorpe geloods as deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog, wat vandeesmaand nasionaal uitgerol is. Die Potchefstroom-tak het ’n slaggatprojek geloods, waartydens taklede soggens tussen vyfuur en agtuur slaggate vul. Die Sasolburg-tak het grassnyers aangekoop om die dorp se kenmerkende groen stroke skoon en netjies te hou, terwyl die Kempton Park-tak in samewerking met Mold Empower Serve, oftewel MES, ’n volhoubare herwinningsinisiatief van stapel gestuur het.
AfriForum belig inmenging in sport internasionaal
0
02:15

R100 000 se slaggate by HS Waterkloof herstel – Forum Nuus

AfriForum se plaaslike tak in Pretoria-Oos het vandag ’n selfdoenaksie van stapel gestuur waartydens slaggate in en om Hoërskool Waterkloof herstel is. Dié projek beloop sowat R100 000. Die gemeenskap het die burgerregte-organisasie genader om dié munisipale diensleweringskwessie aan te pak. Marcus Pawson, hoof van plaaslike regering by AfriForum, het gesê die Tshwane Metroraad sal ook genader word om probleme rondom dienslewering te bespreek. “Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en daarom wil ons ander gemeenskappe of skole wat soortgelyke probleme ervaar, aanmoedig om hul plaaslike AfriForum-tak te kontak.” Die skool het ook by monde van Daan Potgieter, skoolhoof, hul dank uitgespreek vir AfriForum se ingryping.