image-.jpg
0

Riana Nel se derde Afrikaanse album is uit

Riana Nel se derde Afrikaanse album, “Jy sal weet” wat vroeër vandeesmaand bekend gestel is, verstom weereens met meesleurende melodieë en betekenisvolle lirieke wat beslis menige hartsnare gaan roer. Dit volg kort op die ongekende sukses van haar vorige Afrikaanse albums, “Die Moeite Werd” waarmee sy in 2011 die mark betree het en “Die Regte Tyd” wat in 2015 as die topverkoper album van die jaar by die gesogte SAMA-toekennings aangewys is. Sy het egter reeds vanaf ‘n baie jong ouderdom met haar Gospel albums, “Oopmond”, “The Cure” en “Someone with skin” binne die internasionale mark bekendheid verwerf.

Dié boorling van Namibië wat self vir die skryf van byna al die liedjies op hierdie album verantwoordelik was, het deur die jare heen vir haar persoonlike, byna introspektiewe skryfstyl bekend geword. “Jy sal weet” waaraan sy twee jaar lank geskaaf het, is beslis geen uitsondering nie, want sy is intussen getroud en het ook on

image-.jpg
0

Afrisaam Fees 2018: Groter as groot en meer!

Die jaarlikse Afrisaam Fees is vanjaar nóg groter en beter met kunstenaars soos, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Arno Jordaan, Deon Groot, Riana Nel, Jay, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Juan Boucher.

Die hoofverhoog se program skop dan om 13:30 met Ricky Faber, Arno van der Hoff, Deon Groot, Riana Nel, Juan Boucher, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dirk van der Westhuizen, Snotkop en Steve Hofmeyr af.

Vanjaar kom kuier Sorina, ook as die Flooze bekend, saam en sal saam met Henry Bruinette as aanbieders optree.

Datum:- 8 Junie – 9 Junie

Tyd:- Hekke open om 17:00

Toegang:- Kontak kantoor vir pryse. Kontak nommer kan u onder aan die berig kry.

Daar is hope kindervermaak, ’n kindertuin-area met gekwalifiseerde oppassers, wat flieks, gesigverf, inkleur en meer aanbied, sowel as ’n speelarea met allerhande opblaas glybane, kastele “rockets” en ook die gewilde m