Nadine het ‘n vertoning te Weiveld
Kom kuier saam met Nadine by Weiveld. Oop vir lekker kuier en die BESTE in langarm musiek. Weiveld bied ook die HEEL BESTE in klank aan, asook TWEE GROOT skerms.
Datum:- 6 Julie 2018
Tyd:- 19:00
Toegang:- R50
Sitplekke/ Tafels moet voor 19:30 ingeneem word. Bespreekte plekke word slegs tot 19:30 gehou.
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres:- Plot 49, Zwavelpoort, h / v Grahamweg (verlenging van Lynnwoodweg) en Boschkopweg, Pretoria
Kontak:- 071 471 6698
Kaartjies kan bespreek word by Ticketpros
Nuwe album bekend gestel deur Jan Blohm dis gevul met liefde, Blues en Rock
Jan Blohm is weer in die kollig met Die Liefde Album. Die rebelseun is ouer en mens hoor die lesse van die lewe in sy lirieke.
Dis rou, akoesties en die kitaar sny diep saam met die woorde. Die stories is gevleg met blues, rock en Jan se unieke digkuns, maar hier gaan als oor die liefde.
Soms maak die liefde seer, ander kere gaan dit beter. Die Liefde Album is soos om ’n roman te lees en vertel die verhaal van ’n man wat weet wie hy nou is en wat vir hom belangrik is.
Jan se toekennings deur die jare is ’n getuigskrif van sy talent en op die album het hy die sluise oopgemaak. Dis oorsronklik, net soos hy kan en ’n moet vir aanhangers, oud en nuut.
Loer hier onder na een van sy treffers op die album:- Jan Blohm – Liefde Maak
The talented singer Anthonie Bougas, here is a few things you didn’t know about him
Anthonie Bougas was a contestant on the third season of the reality talent show Supersterre.
Born in Somerset-West, 15-year old Anthonie lives in Durbanville in the Western Cape. As a child he enjoyed cross country, hockey, singing and writing songs.
He attends Stellenberg High School where his favourite subject is mathematics. He also takes part in hockey and cross country.
Would you like to advertise on this very popular website ?? Just drop me an e-mail at [email protected], and I will tell you how !!
Anthonie started singing at the age of 4 and he enjoys conveying the
interpretation of a song to the audience. The greatest influence in his life are his parents and Brandon October is his role model.
His grandmother and grandfather are the singers in the family.
He dreams of a holiday in Mauritius. His favourite food is pasta an
Franna Benade het Emmers vol Note – Pretoria
Sy blymoedigheid is aansteeklik en sy kenmerkende skaterlag lig enige swaar gemoed op om saam te lag. “Daar is immers emmers vol om oor dankbaar en bly te wees”, glo Franna ruiterlik.
Datum:- 30 Augustus 2018
Tyd:- 18:45
Toegang:- R180 – R220
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood, Pretoria?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Who can forget Tommy Dell, Country singer legend, here is a few ‘tit-bits’ about him
Thomas Albert Berry was born in East London as one of five children. You might ask, who is he??
You will know him as Tommy Dell, the well-known country singer who has been in the music industry for more than fifty years. Tommy has performed all over the country and represented SA twice in the USA at the Country Fanfare Show in Nashville. There he met the famous country artists such as Dolly Parton, Conway Twitty, Crystal Gayle, to name but a few.
He also toured with the Adam Leslie Theatrical Company and worked with e.g. Richard Loring, Eddie Eckstein and Mel Miller.
There is much more to mention but….the news is…that for the first time Tommy is willing to share his story with the public. He won his first singing competition at age 13 and after many interesing twists in his life, made his mark in country music.
In this special show Tommy will share personal highlights, sing songs that he has written as well as songs from other genres.
Come Worship by Malmesbury Swartland met Retief Burger en ShofarBand
Kom en aanbid vanaf saam met ons en Retief Burger en die ShofarBand. Die kaartjies kan by Shofar Malmesbury of NG Noord Gemeente gekoop word, besonderhede volg verder in die berig.
Datum:- 5 Mei 2018
Tyd:- 18:30 tot 21:30
Toegang:- R50
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Malmesbury?? SA Radio
Jak de Priester het n nuwe liefde, die Drakensberge
Jak de Priester, laai gereeld sy gesin in die motor en vat die pad Drakensberge toe.
Sy derde enkelsnit, Drakensberge Liefde, vanaf sy album 15 Jaar, word nou uitgereik en Jak vertel ’n heerlike storie rondom die skryf van hierdie liedjie:
“Ek en my vrou Michelle en ons twee kinders, Jamie en Mija was een naweek in die Drakensberge. Ek dink die oomblik was bietjie te groot en kort daarna het ons ’n laatlammetjie ryker geword! Sy naam is Mika, maar ons noem hom Drakensberge. Maar om terug te dink aan daardie wonderlike road trip is vir my besonders lekker. Ons was moeg vir die stad en wou wegbreek en net die pad vat… deur Johannesburg en onder deur die tolhekke en verby Sasolburg in die Vrystaat. Dit is waaroor die liedjie gaan en dit verduidelik die avontuur waarop ons was en die gevoel dat ons êrens tussen die berg wil wees, weg van alles af”
15 Jaar is vroeg in 2018 ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan uitgereik en bestaa
Sanger Jacobus Silwer komponeer musiek vir grootste Afrikaanse gemeenskapsteater projek
Judas Iskariot – Die Passiespel, deur die vervaardigers van, Pilatus – ’n kruis in die pad, gaan vanaf 1 April in die Sand du Plessis Teater op die planke wees.
Die teks is deur Gertjan Holtzhausen geskryf, en Jacobus Silwer het splinternuwe musiek en lirieke vir hierdie musiekblyspel gekomponeer. Die temalied, Wegkruipplek, wat ook op Jacobus se gospelalbum gaan verskyn, word eersdaags bekend gestel. Die regie word deur Dr. Niel van Niekerk en Michelle Hetzel behartig, terwyl Jaco Bezuidenhout die musiekregisseur is.
’n Jeug orkes van 50 instrumente, dirigeer deur Heinrich Lategan, sal Judas Iskariot begelei. Dis heeltemal uniek, en word beskou as een van die grootste Afrikaanse gemeenskapsteater projek in Suid-Afrika.
Sowat 70 akteurs, sangers, dansers en ekstras gaan almal op één verhoog te sien wees. Die hoofrolle word deur professionele akteurs vertolk, en die kleiner rolle word deur mense uit die gemeenskap gevul.
Jy ken Jan Blohm, maar hier is ‘n stukkie nuus wat jy graag sal wil weet
Blohm is op 25 September 1978 op Kroonstad gebore as George Harry (Jorrie) Kymdell en het op sewe begin met musiek- en klavierlesse. Ná skool het hy by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit waar hy opleiding in radiokommunikasie ontvang het en daar het hy homself leer kitaar speel. Ná vyf jaar in die lugmag het hy ‘n loopbaan by ‘n inligtingstegnologiemaatskappy begin.
Tussen 1998 en 2003 was hy lid van verskeie rockorkeste, by name Demigods, Ledd Eye en Duin 7. In 2002 het hy heeltyds sanger en klankingenieur geword. In 2003 het hy begin om as solo-kunstenaar op te tree en op Afrikaanse musiek te konsentreer. Sy debuutalbum, Melkstraat Confessions, is die jaar daarna in 2004 bekendgestel. Twee van sy liedjies is op die versamelalbum Volk Jou Ook deur Wildebeest Records opgeneem (onder die naam George Harry) en talle van sy liedjies is op ongeveer 27 ander versalmelalbums te vinde.
Deesdae tree hulle op as die Jan Blohm Orkes. Die res van
Verf Jouself is die nuwe enkelsnit uit deur Hanna Boss
Hanna Boss se enkelsnit, Verf Jouself, is gedurende Oktober 2017 uitgereik en kan reeds oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word! Hierdie splinternuwe treffer sal ook beskikbaar wees op haar album wat die rakke gedurende Februarie 2018 sal tref!
Verf Jouself is ’n moderne Afrikaanse popliedjie, met inspirerende lirieke en ’n tikkie klassieke musiek vir ’n meer gesofistikeerde klank. Hierdie enkelsnit vind beslis aanklank by gehore van alle ouderdomme en die meesleurende wysie nooi luisteraars om lekker saam te sing.
Die musiekvideo is in ’n donker studio geskiet. “Kleur en lig speel ’n baie belangrike rol in die video. Ons het ook gebruik gemaak van balletdansers om die klassieke instrumente in die liedjie te komplementeer. Dit was nogal vir my ’n uitdaging om saam met hulle te beweeg,” vertel sy. Die video is vervaardig deur Fathom Media.
Dié sangsensasie het nog baie planne vir die toekoms en sou graag saam me
Nico Carstens is dalk nie meer met ons nie, maar sy musiek sal veraltyd onthou word
Nicolaas Cornelius Carstens (1926–2016) was ‘n Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier. Carstens het letterlik honderde komposisies die lig laat sien en is veral bekend vir sy instrumentale treffer, Zambezi.
Carstens is op 10 Februarie 1926 in Kaapstad van Nederlandse ouers gebore. Hy kry sy eerste trekklavier op die ouderdom van 13 en wen sy eerste musiekkompetisie ses maande later. Hy komponeer sy eerste musiekstuk op die ouderdom van 17 en het daarna ongeveer ‘n verdere 1200 komposisies geskryf.
Hy het as 19-jarige in die orkes van Hendrik Susan begin speel en in 1950 sy eie orkes gestig. In 1959 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ’n toekenning ontvang het vir die verkoop van meer as in miljoen musiekopnames.[2]
Die manne van DZL lewe voluit vir élke oomblik
Op die oog af lyk die manne van DZL (Andries Hendrik-Potgieter en Wiaan Fourie) soos modelle vir ’n Men’s Health-voorblad, maar wanneer jy dié twee van nader leer ken besef jy eintlik daar is veel meer agter daardie perfekte blokkies maag.
Die groep het onlangs hul tweede album, Realiteit, die lig laat sien en nes die titel sê word die realiteit van hul lewens vasgevang op die album. “Dis ons stories, geluk, blydskap, twyfel en seer,” vertel Andries.
Die album bevat lekker-luister en dansmusiek wat ’n storie vertel. Tien van die snitte is oorspronklik waarvan twee daarvan self deur die manne gepen is. Daar is ook drie duette sowel as verwerkings van ou gunstelinge.
Hul eerste enkelsnit Het Jy Al Gelewe? doen ook goed op radio
Die groep DJ Ossewa het ‘n interessante Bio, hier is ‘tit-bits’ vir jou
DJ Ossewa, ‘n alom bekende huishoudelike naam in die Afrikaanse Musiekbedryf is terug met ‘n nuwe CD en nuwe vertoning tot groot genot en vreugde vanaf hulle getroue ondersteuners.
Hierdie manne het hulself reeds deur-en -deur bewys as een van die grootste suksesstories vand die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Die storie van Daniel Jakobus van Ossewasrus en sy ewe bekende buurman “Leeuboer” vermaak gehore al vir jare. Dit is dus geen wonder dat die nuutste toevoeging tot die groep presies dieselfde doen nie.
Die plaaslike self gekwalifiseerde veart: Vetfrik het besluit om sy praktyk op Ossewasrus te verlaat en sy kragte ook in te span vir ‘n nuwe, vars en onvergeetlike vertoning. Die eindresultaat is natuurlik weereens ‘n wenresep wat gehore, oud en jonk, laat huil van die lag en sorg vir ure se vermaak.
Met hul Progressiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Musiek het DJ Ossewa ‘n mark en genre van hul eie g
Kom geniet Minibos-konsert te Nelspruit
Die jaarlikse gratis loodskonsert van Innibos, oftewel Minibos. Kranige feesgangers word genooi om te kom kyk, luister en saam te kuier, want die organiseerders gaan presies wys hoe Innibos rol vanjaar.
Datum:- Vrydag, 11 Mei, om
Tyd:- 17:30 tot laat
Bok van Blerk, Touch of Class en Willem Botha gaan die feesgees aanwakker, en vir dié wat ’n vleisie op die kole wil gooi, word daar genoeg braaiplekke voorsien.
Die Minibos-konsert is maar net die afskop van ’n besige feesskedule.
Is u opsoek na ‘n plekkie naby om te oornag?? SA Radio
Die duo Heuning se enkelsnit is ’n ‘maatstaf’ van hul sukses
Suid-Afrika se bekroonde country-duo is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, Maatstaf Vir My Hart, wat nie net gaan voortbou op die unieke moderne country-popstyl waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel.
Heuning, wat bestaan uit Jeanette Pretorius en Hansie Roodt, se nuutste vrystelling kombineer ’n lekkerluisterwysie met hoendervleismooi lirieke, wat sommer dadelik diep in jou hart kruip wanneer jy dit hoor. Die liedjie is deur Vaughan Gardiner geskryf en gaan oor ’n persoon wat haar geliefde verloor het, maar die positiewe daaruit haal deur hulle tyd saam te koester en alle potensiële verhoudings te meet aan die liefde wat hulle gedeel het.
“Ek skryf gewoonlik self ons musiek, maar toe ons hierdie snit hoor het ons dadelik daarvan gehou omdat dit perfek pas by die styl wat ons wil oordra,” verduidelik Jeanette. “Ek dink dat baie mense met die lirieke sal kan vereenselwig en die mu
Nataniel is te siene by Roodepoort Theatre
Nataniel keer terug na Bloemfontein vir twee skouspelagtige vertonings wat sy snaaksste Afrikaanse en Engelse stories insluit. Hy is op sy verhoog by die verhoog en sal Floris Louw se nuwe kostuums dra.
Datum:- 23 & 24 Junie 2018
Tyd:- 23 Junie:- 19:00, 24 Junie:- 15:00
Toegang:- R220
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Roodepoort?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou
Cordelia en Pieter Koen het sobietjie kragte saam gesnoer
Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos Mal in jou kop en Eerste Woorde, het kragte saamgesnoer met die welbekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen en het onlangs die musiekvideo vir hulle duet enkelsnit, Spel van Liefde uitgereik. Dié liedjie pryk reeds op die trefferparades van radiostasies landswyd.
Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my persoonlik ’n baie aangename mens met ’n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor.”.
“Spel van Liefde gaan presies oor dit wat die woorde sê. Ons almal speel ’n spel van liefde. Almal het ’n behoefte om deel te wees van ’n liefdes spel – ons wil hoort spesiaal voel en ook liefde gee. My gunsteling liedjies is altyd oor die liefde. Liefde bewys net weereens dat geld dit nie kan koop nie. Liefde oorwin alle
Marcato sing van die liefde vir die natuur in nuwe snit ‘Staan Net By My’
Die groep Marcato het pas hul nuwe enkelsnit, Staan Net By My, wat hul liefde vir die natuur en die stilte op die plaas vasvang, vrygestel.
Staan Net By My is deur die hele groep self geskryf, tydens ’n skryfsessie in Parys langs die Vaalrivier. “Ek het die woorde geskryf, en die res het alles langs die Vaalrivier gebeur,” vertel Ben van Zyl, een van die groeplede.
Volgens Ben gaan die liedjie maar net oor die rustigheid van die natuur en die plaas en lê hom na aan die hart omdat hy op ’n plaas groot geword het. “Ek kom van die plaas af, so dit gaan maar net oor die mooi van die natuur en waar enigiemand sal wil gaan rus en dink,” vertel hy. “En natuurlik ook om iemand saam met jou plaas toe te vat om die natuur en stilte met iemand na aan jou te deel.”
Die groep hoop dat die publiek die liedjie goed sal ontvang nes hul vorige enkelsnitte. “Ek dink dit is ’n lekker liedjie vir die langpad. Dit pas in by ons ander Afrikaanse
Nuwe musiekvideo uit deur SAARKIE – Langpad
“Ons nuwe musiekvideo gaan oor die tyd wat verbystap, terwyl ons aanhou musiek maak. Tyd gaan verby, klerestyle verander, maar die son sak altyd en kom weer op. As rockgroep, staan ons ook soos tyd nie stil nie, maar bou ons elke dag verder aan ons plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf,” verklap SAARKIE oor die tema agter die musiekvideo van hulle nuutste treffer, Langpad, wat die afgelope Vrydag op die kykNET Top 20 vrygestel is.
Die konsep van die video is deur Girl with Hat Productions, wat bestaan uit André Oosthuizen (mede-regisseur, redigeerder en kameraman), Mjön van Blommestein (mede-regisseur) en kameraman, Thabi Modotuane, uitgedink en is in die groep se “Saarkie-huis” verfilm. Die verloop van tyd word aangedui deur die groeplede se klere wat verander, terwyl hulle steeds besig is om op presies dieselfde plek aan hulle musiek te skaaf.
Dis Familie Piekniek tyd saam met Pieter Koen net in Pretoria
Dit is `n goeie 21 jaar sedert Pieter sy eerste album vrygestel en sy toetrede formeel to die Suid Afrikaanse vermaakliksheidbedryf gemaak het. in April 2001 sluit hy as aanbieder van die destydse “Kuskafee” by kykNET aan en sederdien het hy `n laag lys benoemings, `n sak vol toekennings en `n totaal van 8 albums die lig laat sien.
Datum:- 12 Augustus 2018
Tyd:- 10:00 – 17:00
Toegang:- R120.00, R20.00: Kinders 2-12 jaar, Kinders onder 2: Gratis, R20.00: Parkering (SLEGS VIR VERKOOP OP DIE DORP OP DIE DAG)
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in Pretoria Sentraal ?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SA Radio
Kom vier Afrikaans in die Vrystaat!!
Dit is amper tyd vir die vierdie Ek ♥ DIE VRYSTAAT FEES in Bloemfontein en hierdie een gaan nog beter en groter wees as van te vore.
Datum:- 22 September 2018
Tyd:- 09:00 tot laat
Toegang:- R180 – R250:- per persoon met eie kombers of stoel; R500 per persoon vir bespreekte BBP-sitplekke en wynproe-konsert met uitgesoekte kunstenaars; en R1 500 vir ’n bespreekte tafel waar ses mense kan sit.
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? SA Radio
Kom geniet ‘n oggend saam met Pieter Smith vir Pampoenland
As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en `n show bywoon, het jy `n fout gemaak. Saamsing en vermaak uit die boonste rakke met asemrowende klank- en beligtingseffekte, is nader aan die waarheid van `n tipiese Pieter Smith – vertoning. Energie- en aksiebelaaide konserte vir oud en jonk.
Datum:- 22 September 2018
Tyd:- 10:00
Toegang:- R100
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Sasolburg?? SA Radio
Bobby Van Jaarsveld is in Pietermaritzburg
Die ooit so charismatiese Bobby van Jaarsveld vier 10 jaar in die musiekbedryf met sy band by Golden Horse.
Datum:- 26 April 2018
Tyd:- 19:30
Toegang:- R150
Die nag beloof om jou deur Bobby se musikale reis te neem en te wys waarom hy 10 jaar lank daarby is. Maak dit ‘n datumaand terwyl hy al die vonke in jou hart aansteek!
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Golden Horse Casino?? SA Radio
Brandewyn en Braai Dag – Atlantic Beach Country Klub – Melkbosstrand
Nou gaan ons Braai! Watter beter paar as Brandewyn en Braaivleis vir Suid Afrikaners is daar nie! Heerlike lewendige vermaak, gesellige mense en jy!
Datum:- 19 Mei 2018
Tyd:- 12:00 tot 21:30
Toegang:- R110 tot R195
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Melkbosstrand?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Adres:- Atlantic Beach Country Club, 1




<