Kenners beantwoord jou vrae oor die NGV
Maroela Media het sy lesers gevra om hulle vrae oor die regering se Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aan te stuur. Uit die vrae wat Maroela Media ontvang het, is dit duidelik dat daar talle bekommernisse oor dié plan is.
Op die paneel: dr. Johann Serfontein, senior gesondheidskonsultant van HealthMan, verbonde aan die Vryemarkstigting, dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, en Morné Malan van die Solidariteit Navorsingsinstituut, asook Flip Buys van die Solidariteit Beweging.



