image-.jpg
0

Kom ons loer ‘n bietjie na Kurt Darren se lewe

Kurt Darren, gebore Kurt Johan van Heerden, is ‘n bekende Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en TV-aanbieder. Darren se debuutalbum, For Your Precious Love, is in 1995 vrygestel. In 2002 maak hy sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf met sy album Meisie Meisie.

Darren se musiek kan ook in Nederland en Vlaams België gehoor word, maar word meestal deur ander kunstenaars gesing. Sy liedjies “Staan op”, “Meisie meisie”, “Kaptein span die seile”, “Af en af” en “Bloubergstrand se sonsak” (Nederlandse Vinzzent, Dromendans 2012) is voorbeelde hiervan.

In 2010 ontvang Darren twee SAMA-toekennings vir beste verkopers in die afdelings “true tone”-aflaaideuntjie vir “Kaptein” en vollengte-aflaaideuntjie vir “Af en Af”.

SA Radio

image-.jpg
0

Die musiek blom vanjaar by die Vrystaatse Kunstefees 2018, kom gerus ‘n draai!

Die Vrystaat Kunstefees, in wese ’n Afrikaanse fees, is besig om hom as een van die belangrikste internasionale kunstefeeste op die Afrika-vasteland te vestig.

Datum:- 8 – 14 Julie 2018

Tyd:- die inligting is nie beskikbaar nie

Toegang:- R60, meer inligting oor pryse is nie beskikbaar nie


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Kurt Darren se nuwe album ‘laat die dansvloer brand’

Vyftien jaar nadat Kurt Darren die Afrikaanse musiekmark gestormloop het, wéét die onbetwisbare koning van Afrikaanse dansmusiek steeds hoe om die planke behoorlik te laat wip. Sy nuwe album, Laat Die Dansvloer Brand, bestaan uit 14 snitte wat daai fyn balans tussen lekker opskop-sokkie en rustig dans presies regkry. Snitte soos Warrelwind se kind, Jy’s ’n legend, Fluit fluit, Gravitasie manipulasie en die titelsnit is by uitstek gerat vir ’n behoorlike skoffel, met ’n gesonde mengsel van pop, rock, ’n bietjie van ’n techno-ondertoon en ritmes met tonne skop wat dit duidelik maak dat dié album nie vir uitsitters of draadsitters gemaak is nie.
image-.jpg
0

Cape Town Grand Jol Suidooster Sepie

Kom PARTYTJIE saam by die TygerBurger Grand Jol op 5 Mei en ontmoet die sterre van Suidooster Trek jou dansskoene aan en kuier een aand saam vanaf 19h00 tot laat. Met gewilde kunstenaars soos Kurt Darren, Emo Adams, Garth Taylor, Loyiso, Tarryn Lamb en Salome op die grootste dansvloer in Kaapstad.

Die GrandArena sal vir hierdie eiesoortige geleentheid in `n spoggerige dansvloer omskep word en gaste sal geleentheid kry om die aand verby te dans.

Datum:- 5 Mei 2018

Tyd:- 19:00 tot 23:30

Toegang:- R240


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly naby Grand West Casino & Entertainment World?? SA Radio

musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir die week van 16 Oktober 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, met ‘n paar verassings. Die Afrikaanse sangers Leah en Jo Black se liedjie “Nooit alleen” betree die week se Top 20 in die tiende plek. Manie Jackson betree die Top 20 die week, wie weet wat met sy treffer gaan gebeur. Kyk ek moet sê dat elke […]
musiek – top 20 4
0

Hier is jou Top 20 vir week 25 September 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ons het ‘n nuwe Sanger wat sy toetrede maak tot die Top 20 se nommer #1 plek, en dit is niemand anderste as Appel met sy liedjie “Kom en lê my neer” Ray Dylan maak sy toetrede tot die Top 20 die week met sy liedjie “Vir […]