musiek – top 20 logo
0

Die Top 20 Afrikaanse Musiek en Kunstenare Lys

Die Top 20 Afrikaanse Musiek Snitte:- Die musiek groep Anders en Hemelbesem neem vandeesweek die eerste posisie in met “Die tyd is nou” 1. Anders ft Hemelbesem – “Die tyd is nou” 2. Leah – “Jou liefde” 3. Karlien van Jaarsveld – “Sing vir liefde” 4. Riana Nel – “Jy sal weet” 5. Appel – […]
0

Bobby en Karlien van Jaarsveld se eie TV-program begin eersdaags

“Eerlik, rou en sonder pretensie,” só beskryf Karlien van Jaarsveld haar en haar broer, Bobby van Jaarsveld se TV-reeks. Dís nou die TV-reeks, Bobby en Karlien: In Jou Skoene, wat vanaf 11 Januarie 2017 om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147) afskop! Dié program is nie nog ’n program soos Keeping Up With The Kardashians nie. […]
image-.jpg
0

Afrisaam Fees 2018: Groter as groot en meer!

Die jaarlikse Afrisaam Fees is vanjaar nóg groter en beter met kunstenaars soos, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Arno Jordaan, Deon Groot, Riana Nel, Jay, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Juan Boucher.

Die hoofverhoog se program skop dan om 13:30 met Ricky Faber, Arno van der Hoff, Deon Groot, Riana Nel, Juan Boucher, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dirk van der Westhuizen, Snotkop en Steve Hofmeyr af.

Vanjaar kom kuier Sorina, ook as die Flooze bekend, saam en sal saam met Henry Bruinette as aanbieders optree.

Datum:- 8 Junie – 9 Junie

Tyd:- Hekke open om 17:00

Toegang:- Kontak kantoor vir pryse. Kontak nommer kan u onder aan die berig kry.

Daar is hope kindervermaak, ’n kindertuin-area met gekwalifiseerde oppassers, wat flieks, gesigverf, inkleur en meer aanbied, sowel as ’n speelarea met allerhande opblaas glybane, kastele “rockets” en ook die gewilde m