


Dis TOP 20 tyd op SAUK Radio – Week 18 September 2017
Hier is jou Top 20 vir week 25 September 2017
Hier is jou Top 20 vir week 2 Oktober 2017
Hier is jou Top 20 vir die week van 16 Oktober 2017
Karen Zoid is binnekort terug op die kassie
Suid-Afrikaners kan hul paspoorte afstof vir ’n onvergeetlike besoek aan die Die Republiek Van Zoid Afrika.
Die splinternuwe seisoen van kykNET se bekroonde geselsprogram met Karen Zoid as aanbieder begin op Donderdag, 10 Mei 2018.
In die nuwe reeks vergroot President Karen haar reeds indrukwekkende kabinet met nóg glansmense, sporthelde, legendariese sangers en ander beroemdes en berugtes.
Republiek van Zoid Afrika is onlangs vir die derde keer as Suid-Afrika se beste geselsprogram aangewys toe dit ’n SAFTA-toekenning hiervoor ontvang het, terwyl die reeks ook al talle Huisgenoot Tempo-toekennings opgeraap het.
Van die gaste in hierdie reeks is Eben Etzebeth, Refentse, Johnny Clegg, Jo Black, Minki van der Westhuizen, Franz Marx, Patricia Lewis, Yvonne Chaka Chaka en Johan Stemmet.
Carien Loubser, die reeks se vervaardiger en regisseur sê: “Daar is hoendervleis-oomblikke, daar is snaakse oomblikke en daar is diep oomblikke
Optrede te Pretoria – Republiek van Zoid Afrika
NET EEN AAND! Karen Zoid en vriende gaan die huis in hierdie uitsonderlike lewendige vertoning bring.
Datum:- 15 Junie 2018
Tyd:- 20:00
Toegang:- R195 – R500
Verwag sommige van die grootste treffers van haar bekroonde TV-program, asook ‘n spesiale verskyning deur Mielie Senekal en meer.
Adres:- Sun Arena @ Time Square, Menlyn Maine – Sun Time Square, 209 Aramist Avenue, Menlyn
GPS Koordinate:- -25.787990,28.282148
Kaartjies kan bespreek word by Computicket
Met Karen Zoid, Francois van Coke, Kahn Morbee (Parlotones), Jo Black, Ross Learmouth (Prime Circle)
SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
SA Radio
Die musiek blom vanjaar by die Vrystaatse Kunstefees 2018, kom gerus ‘n draai!
Die Vrystaat Kunstefees, in wese ’n Afrikaanse fees, is besig om hom as een van die belangrikste internasionale kunstefeeste op die Afrika-vasteland te vestig.
Datum:- 8 – 14 Julie 2018
Tyd:- die inligting is nie beskikbaar nie
Toegang:- R60, meer inligting oor pryse is nie beskikbaar nie
Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Bloemfontein?? kliek hier !!
Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!
Karen Zoid deel 101 liedjies wat nooit oud sal raak nie
Karen Zoid se talent en passie vir musiek het haar een van Suid-Afrika se top musikante gemaak, en haar boonop ook die titel as ‘Koningin van Rock’ besorg.
Om haar gunsteling kunstenaars en musikante, wat ’n invloed op haar het te vier, het Karen haar eie Apple Music-speellys met die titel; 101 Songs That Never Get Old geskep. Dié speellys bevat musiek deur o.a. Pink Floyd, John Lennon, Led Zeppelin, John Mayer, Placebo, Pearl Jam, Queen, Adele, Tina Turner, Joni Mitchell, wat sal sorg vir ’n opwindende luisterervaring.
“My speellys bevat liedjies wat ek óór en óór kan luister. Elkeen van hierdie liedjies is meesterstukke vir my ore,” sê sy.
Zoid se treffer TV-reeks, Repbubliek van Zoid Afrik het oor die laaste vier seisoene ’n in-diepte blik op van ons land se mees bekendste vermaaklikheidsterre en persoonlikhede gebied. Elke episode is afgesluit deur ’n optrede deur Karen en een van haar musikale gaste.
