


Top 20 vir die week: 30 Januarie 2018
Top 20 vir die week: 5 Februarie 2018
Top 20 vir die week: 12 Februarie 2018
Juan Boucher breik Goue status
Juan Boucher se nuutste album Onthou Jy Om Jonk’ het in minder as drie maande goue status behaal.
En watter meer gepaste manier was dit, om dit saam met die bekendstelling van ’n splinternuwe video Onthou Jy Om Jonk’ te vier. Loer hier onder na die musiekvideo.
Die spesiale geleentheid is onlangs in samewerking met Jukebox op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai. Die video het in minder as 48 uur reeds meer as 7000 trefslae gespog.
Juan se nuwe album is nog steeds in die top 40 op nasionale verkope en is besig om weer teen die ranglyste op te beweeg. Met ʼn bykans volsbespreekte dagboek is Juan oortuig die album het nog nie naastenby sy volle potensiaal bereik nie.
Juan Boucher is in 2017 aangewys as die mees gewildste manlike kunstenaar (soos gekies deur die publiek) by die Ghoemas 2017.
Afrisaam Fees 2018: Groter as groot en meer!
Die jaarlikse Afrisaam Fees is vanjaar nóg groter en beter met kunstenaars soos, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Arno Jordaan, Deon Groot, Riana Nel, Jay, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Juan Boucher.
Die hoofverhoog se program skop dan om 13:30 met Ricky Faber, Arno van der Hoff, Deon Groot, Riana Nel, Juan Boucher, Karlien van Jaarsveld, Jay, Dirk van der Westhuizen, Snotkop en Steve Hofmeyr af.
Vanjaar kom kuier Sorina, ook as die Flooze bekend, saam en sal saam met Henry Bruinette as aanbieders optree.
Datum:- 8 Junie – 9 Junie
Tyd:- Hekke open om 17:00
Toegang:- Kontak kantoor vir pryse. Kontak nommer kan u onder aan die berig kry.
Daar is hope kindervermaak, ’n kindertuin-area met gekwalifiseerde oppassers, wat flieks, gesigverf, inkleur en meer aanbied, sowel as ’n speelarea met allerhande opblaas glybane, kastele “rockets” en ook die gewilde m
Hy is gewis nie klaar met die liefde nie, vertel die Afrikaanse sanger Juan Boucher ferm tydens ʼn onderhoud met Maroela Media. Maar dié keer, met die vervaardiging van sy sesde ateljeealbum, het hy besluit om ʼn heel ander rigting in te slaan: dié van drome, die goeie en die kwade en die lewe soos dit met hom en ander rondom hom gebeur.
Die sanger se jongste album, Onthou jy om jonk’, is onlangs uitgereik.
Boucher sê die titel van dié album is juis geskep om aanhangers te laat nadink. “As kunstenaar probeer ek altyd iets skep wat mense uitdaag en laat dink. Dié titel het my soos ʼn weerligstraal getref. Daar was nog nie iets wat die gevoel en betekenis van ‘onthou jy om jonk’ omskryf het nie. Die titel wil hê jy moet alles onthou óm jonk: die liefdes, die lewe, jou keuses.”
