image-.jpg
0

Joshua na die Reën stel nuwe liedjie bekend:- ‘Stof en Sterre’

Joshua na die Reën se album, Die Wêreld Binne My, se liedjies is persoonlik en handel oor die wêreld binne elkeen wat daarna luister. Die genre is stadium rock en die album bestaan uit sestien oorspronklike introspektiewe snitte.

Een van hierdie snitte is Stof & Sterre en dit word nou, gedurende die week van 18 Junie 2018, aan radiostasies landswyd uitgereik.

“Nadat ek lank oorweeg het wat Nandi van Deventer se verjaarsdagboodskap aan my, op 11 September 2016, kon beteken, het ek tot die oortuiging gekom dat die stof waaruit die mens gemaak is, iewers ’n gedaanteverwisselling moet ondergaan, en dan soos sterre in die nagruim voortbestaan.

Ek wil ’n vergelyking skep tussen die mens as stof, en die mens as ster. Die proses van stof na sterre verg ’n veranderde uitkyk na die daaglikse omgang met alles om jou, asof alles saamwerk om die stof (die onafgeronde in ons) na sterre (iets wat deur ewigheid afronding kon deurstaan en nou lig

top 20 logo jpeg
0

Top 20 vir die week: 19 Februarie 2018

Twee kunstenaars wat die week uitstaan in ons Top 20 is Jo Black en Kurt Darren. Albei se musiek word nog flink afgelaai op aanlynplatforms soos iTunes. Jo Black se liedjie “Die vrou wat ek liefhet” bly die week in die nommer 1-posisie en Kurt Darren se lied “Haal asem” betree die week die Top […]
0

Lizandra Winter en Joshua Na Die Reën snoer kragte saam

Lizandra Winter en die alombekende Joshua na die Reën kom al ’n lang pad. Lizandra het voor sy haar selfgetitelde solo album gedurende 2017 uitgereik het, gereeld saam met hom opgetree. Hulle het ’n hegte vriendskap en hulle stemme komplementeer mekaar op ’n merkwaardige wyse. Dié twee talentvolle sangers, wat ook ongelooflike musikante is, het kragte saamgesnoer en reik nou ’n hoendervleismooi weergawe van die Christa Steyn treffer, Ek wil vir jou, uit. “Terwyl ek in 2015 op toer was saam met Jacques, het ons gesels oor legendes in die musiekbedryf en oor hoeveel kosbare liedjies deel vorm van die geskiedenis van Afrikaanse musiek. Ek wil vir jou was onder andere een van my gunstelinge en ek het genoem dat ek dit graag eendag sou wou opneem. Toe ek in 2016 besig was om aan my solo-album te werk, het ek vir Jacques gesê dat ek graag die lied as ’n duet saam met hom wil opneem. Hy was baie opgewonde oor die idee!” vertel Lizandra opgewonde.
saukradio – top 20 logo
0

Top 20 vir die week: 16 Januarie 2018

Ek hoop die Nuwe Jaar is nog vriendelik en aangenaam vir jou. Dit is tyd om in die ‘groove’ te kom met ons Top 20, en ons skop af met nuus oor Jay. Jay se titelsnit “So lank sal ek jou liefhê” neem die week se nommer 1 posisie in. Juan Boucher maak sy toetreede […]
radio – top 20 2
0

Top 20 vir die week: 8 Januarie, 2018

Die Nuwe Jaar is aan die gang en ons gaan sommer dadelik aan die gang kom met ons Top 20 vir hierdie week. Jushua na die Reën is nog steeds op nommer een met die liedjie wat hy opgedra het vir sy pa, genaamd “2017”. Die verassing vir hierdie week is dat Ray Dylan die […]
radio – top 20 2
0

Jou Top 20 vir week 12 November 2017

Hier is jou Top 20 vir hierdie week, in vandeesweek se SAUKRadio se Top 20 is daar baie ‘rond-gespring’ deur die kunstenaars. Steve Hofmeyr is sy nommer 1 en 3 posisies kwyt en skuif af tot nommer 4. Joshua na die Reën my sy liedjie “2017” kom in op nommer een, nogal vir die tweede […]