Forum Nuus: #JouGeldJouGesondheid
0
01:53

Forum Nuus: #JouGeldJouGesondheid

| FORUM NUUS | As deel van AfriForum se veldtog teen die vernietigende wetsontwerp oor nasionale gesondheidsversekering (NGV) het AfriForum vandag sy kommentaar daarteen by die parlementsgebou ingedien. “Die regering moet nie ’n monopolie op mense se gesondheid hê nie. Indien die NGV ingestel word gaan die staat vir jou sê waar, deur wie en watter behandeling jy moet kry,” sê Natasha Venter, AfriForum se veldtogbeampte vir die NGV.
Kenners beantwoord jou vrae oor die NGV
0
48:42

Kenners beantwoord jou vrae oor die NGV

Maroela Media het sy lesers gevra om hulle vrae oor die regering se Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) aan te stuur. Uit die vrae wat Maroela Media ontvang het, is dit duidelik dat daar talle bekommernisse oor dié plan is. Op die paneel: dr. Johann Serfontein, senior gesondheidskonsultant van HealthMan, verbonde aan die Vryemarkstigting, dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, en Morné Malan van die Solidariteit Navorsingsinstituut, asook Flip Buys van die Solidariteit Beweging.