Hess besluit sy wil leer kar bestuur. Sy neem die bakkie sonder toestemming en maak ‘n ongeluk. Hendrik gaan ‘n weddenskap met Oupa aan om sy lisensie te kry. Intussen maak Wimpie, Ouboet en Yollie gereed om na ‘n country fees te gaan
Poen Pienaar, versekeringsagent, wil “totale gemoedsrus” aan ‘n hardkoppige Oupa en Hendrik verkoop, maar sonder sukses. Hendrik, Wimpie en Koert gee Ouboet hand met die trekkery en Oupa gaan ontspan by die klub. Oupa vergeet waar hy sy kar parkeer het en die bakkie met Yollie se huisraad op word “gesteel”.
Hendrik gaan op ‘n veiligheidsverteenwoordigerkursus wat saamval met Maggie se verjaardag. Vroulike suspisie as ‘n vrou in Hendrik se kamer die telefoon antwoord, lei tot die een misverstand op die ander.
Wimpie en Hess gaan Johannesburg toe met ‘n skooltoer. Bennie kom terug van die grens af en Maggie is verheug om haar “baba” weer by die huis te hê. Ouboet en Yollie wil see toe trek. Hendrik en Yollie se pa, Sarel, kry die blouaapstuipe en buurvrou Bettie het haar vinger op die pols van […]
Yolanda kry ‘n vreemde oorbel in ouboet se kar en haar twee-en-twee is ongetwyfeld vyf. ‘n Onverwagte besoek van Rusty krap dinge nog verder om in die Van Tonder-huishouding. Nadat Hendrik ‘n paar misverstande uit die weg ruim, is almal weer gelukkig.
Die Van Tonder-huishouding word ontwrig as die meubels teruggeneem word. Hess skaam haar dood, Wimpie en Oupa het deels skuld daaraan. Maggie blameer vir Hendrik en hy moet die gedoente opklaar. Yollie en ouboet vererger dinge nog verder deur oop oë in ‘n swendelaar vas te loop.
Oupa word gedagvaar en Hendrik berei voor vir die jaarlikse hengelkompetisie. Weens beweerde ongerymdhede moet Hendrik voor die tugkomitee verskyn, en Oupa maak so neffens die hof ‘n jakkalsdraai. Om alles te kroon is Maggie se nuwe mikrogolfoond in die gedrang – die eerste prys van die hengelkompetisie.
Die Van Tonder-huishouding word ontwrig as die meubels teruggeneem word. Hess skaam haar dood, Wimpie en Oupa het deels skuld daaraan. Maggie blameer vir Hendrik en hy moet die gedoente opklaar. Yollie en ouboet vererger dinge nog verder deur oop oë in ‘n swendelaar vas te loop.
Maggie vrees dat sy dalk weer kan verwag en daar is gerugte van ‘n skoolmeisie wat oor die tou getrap het. Maggie besluit dat dit tyd geword het dat Hendrik die feite van die lewe met Wimpie moet bespreek. Die gevolg, ‘n man-tot-man-gesprek.
Yolanda kry ‘n vreemde oorbel in ouboet se kar en haar twee-en-twee is ongetwyfeld vyf. ‘n Onverwagte besoek van Rusty krap dinge nog verder om in die Van Tonder-huishouding. Nadat Hendrik ‘n paar misverstande uit die weg ruim, is almal weer gelukkig.
Maggie is moeg om alewig by die huis te sit en sy gryp die geleentheid om na die mynbestuuder se bal te gaan met albei hande aan. Tant Anna se rokmakery lei tot een ontnugtering na die ander en sy is verlig om weer tuis te wees.
Loodsepisode Maggie is ontsteld omdat Hendrik perde gespeel het. Spike het ‘n ongeluk met sy motor en Hendrik se gereedskap wat hy geleen het, was agter in die motor. Wimpie en Hess probeer geld kry om op veldskool te gaan, en oupa gaan Sun City toe. Ouboet en Yollie wag nog vir die koms van […]