Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt
0
01:01

Forum Nuus: Kobus Wiese inspireer by AfriVriendelik se sakeontbyt

Entrepreneurs van George en Durbanville het saamgekom vir entrepreneursadvies en -inspirasie van die rugbyreus Kobus Wiese. Dit was twee heerlike oggende waar ons entrepreneurs kon netwerk en meer leer oor hoe Suid-Afrika moet aanhou om ons potensiaal te ontwikkel en aanhou om ons eie besighede te begin. Indien jy ook belangstel om aan hierdie geleenthede deel te neem, maak seker jou besigheid is op AfriForum Netwerk, by www.afriforumnetwerk.co.za gelys. #SkepWerk
Forum Nuus: Dinamiese susters wen AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie
0
02:21

Forum Nuus: Dinamiese susters wen AfriVriendelik-entrepreneurskompetisie

Christine Buchanan en Louiza Rademan, die mede-eienaars van Oh-Lief, ’n reeks natuurlike en organiese lyf-en babasorg-produkte, is onlangs aangewys as die wenners van AfriVriendelik se jaarlikse entrepreneurskompetisie. In dié video deel hulle die inspirerende wyse waarop hulle reeks ontstaan het, asook hoe waardevol ’n platform soos AfriVriendelik vir entrepreneurs is.
I Besigheidsbytjies-wenners wil blink toekoms skep I
0
02:01

I Besigheidsbytjies-wenners wil blink toekoms skep I

Benno Pretorius en Roché Oberholzer van Laerskool Wierdapark in Centurion, was die intersenfasewenners van die eerste Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie met hul besigheid Blinkoog Hokkie-Akademie. Kyk dié video om te sien hoekom entrepreneurskap vir dié jong manne belangrik is en wat hulle advies vir ander jong entrepreneurs is.