image-.jpg
0

‘N eerste snit tref ‘elke noot’ vir Emil Paul

Die nuweling, Emil Paul, se eerste enkelsnit wat Elke Noot, heet is onlangs vrygestel. Die genre van die snit kan beskryf word as ’n mengsel van pop en folk en is ’n nuwe, vars styl van Afrikaanse musiek.

Emil hoop dat mense sommer van die eerste noot sal wil dans. Hy hoop ook dat hulle die dieper betekenis sal hoor in sy lirieke en dat dit iets vir iemand sal beteken. Hopelik put hul sommer inspirasie uit die lirieke wat geskryf is deur Emil self.

Nie net skryf Emil graag sy eie liedjies nie, maar hy lewer ook insae in die vervaardiging daarvan. Hy is ook ’n kranige musikant in eie reg en bespeel ’n groot verskeidenheid instrumente o.a. klavier, ukulele, verskeie blokfluite, piccolo, trompet en kitaar.

Emil hoop dat die publiek sy enkelsnit gunstig sal ontvang. “Dit het ’n lekker klank en maak mens sommer lus om te sokkie, maar dit vertel terselfdertyd ’n storie waarmee mense heel moontlik kan identifiseer,” sê hy.

Volge

image-.jpg
0

Emil Paul het ‘n enkelsnit uit net vir Vadersdag

Die sanger Emil Paul se nuwe enkelsnit Man Van Staal is pas vrygestel en is die perfekte geskenk vir pa híérdie Vadersdag.

Die liedjie, wat deur Emil self geskryf is, is ’n popliedjie met ’n akoestiese gevoel en beskryf hoe ’n pa deur die oë van sy kind gesien word, en hoe almal iets kan leer by hul eie ‘man van staal’.

Volgens Emil het hy die snit vir sy eie pa geskryf as ’n verjaardag geskenk in 2017. “Ek het besluit dis nou die tyd om die liedjie as my volgende enkelsnit vry te stel. Ek dink baie enkelouers sal iets uit die liedjie kan leer. Omdat my ma tien jaar terug skielik oorlede is, moes my pa die rol van twee ouers vertolk. Dit was nie altyd maklik nie, maar ek kon nie vir ’n beter pa vra nie,” sê die sanger. “Die liedjie is my manier om dankie te sê vir my pa vir al die jare se opofferings.”

Die liedjie beteken vir Emil baie. En hy vertel: “Ek sê nie altyd genoeg vir my pa hoe lief ek vir hom is nie. In